Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Baie nice Gerhard, dit is…
Baie nice Gerhard, dit is lekker as jy terug staan en sien hoe vorder die werk. Sterkte met die res.
Pragtig Gerhard en mag trots…
Pragtig Gerhard en mag trots wees op jou werke. Doen eerder goeie deeglike werk en op tyd as oorhaastig en halwe jop. Sterkte
Maak nou vordering...
Maak nou vordering. Die nuwe muur is in voor.
Al die gemors uit gesuig en toe die gat geseël. Lyk nie goed nie maar dis binne die muur waar dit nie gesien word nie.

Nuwe plankies gesny om die muur aan vas te sit. Die ou plankies het in stukke uit gekom soos die muur


Die nuwe muur in en vas.


Baie netjies. Nie meer lank…
Baie netjies. Nie meer lank nie dan bring jy hom vir my
Mooi! Ek het juis gister…
Mooi! Ek het juis gister gewonder hoe gaan dit daar by julle so tussen die Jurgens en die esamens ![]()
Baie netjies Gerhard, nou…
Baie netjies Gerhard, nou gaan dit geduld kos om nie oor haastigte raak nie?
Dankie almal
Dankie almal.
Deon die buite kant gaan moet wag vir volgende jaar eers. ![]()
Anton, gaan goed met Marelize se eksamens, Jurgens se werk word maar net op 'n Saterdag gedoen nou en tussen deur is daar maar 'n klomp goed waaraan ek werk hier by die huis.![]()
Oom Johan ek vat dit rustig want ek wil die regte eind resultaat kry wat vir nog 40+ jaar gaan hou. ![]()
Hier is 'n geleende foto van Canvas Worx in die Kaap wat 'n 1972 Jurgens binne oorgedoen het, dis wat ons ingedagte gehad het en gaan doen aan ons Jurgens. Ons kaste gaan net cream wees en nie wit nie.
![]()
WOW, Gerhard dit gaan mos 'n…
WOW, Gerhard dit gaan mos 'n spog wa wees!
As die Wa klaar is soek EK…
As die Wa klaar is soek EK hom asseblief vir 'n kampforum mascot ![]()
Spog wa...
Spog wa? ![]()
Anton dit hang af wat die mascot wa gaan moet doen of hoe sy gaan moet lyk? Die "Ou Lady" is 'n lady ne.
Gerhard, so kom dit dag vir…
Gerhard, so kom dit dag vir dag na die eindresultaat. Begin al goed lyk.
Bankies terug voor
Anton jou mascot kom aan ![]()
Ek het vandag die bankies voor terug gesit. Volgende week begin die werk op die kassie waar die yskas staan.
Ek weet die draad raak lank, vir die wat vergeet het hoe dit gelyk het voor en vir die wat nog nie gesien het nie, 'n before foto weer. ![]()
Before:

En toe laasweek:

En vandag:
Oom Warren you can smile because this old van is not gonna end up as a broken down tuck shop somewhere. ![]()
Gerhard, teen die tyd dat jy…
Gerhard, teen die tyd dat jy klaar is, sal jy weet hoe om 'n splinternuwe karavaan te bou. Ek haal my hoef af vir jou!
Dankie almal
Dankie almal.
Anton glo my, 'n prys kan nie hier op gesit word nie.
Tannie Freda ek verstaan nou hoekom die pryse so hoog is op woonwaens.
WOW Gerhard, ek dink sy gaan…
WOW Gerhard, ek dink sy gaan herdoop moet word, "Ou Lady" na "Grand Ou Lady", baie netjies!





Dankie
Dankie