Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Daarsy, net begin dink jy…
Daarsy, net begin dink jy raak lui
Ek was ook bekommerd ![]()
Glad nie lui nie...
Glad nie lui nie, net te besig gewees en moes dit skielik rustig vat vir 'n rukkie nou.
Julle is hard op die arme…
Julle is hard op die arme jong man, gee die man ook 'n ruskans
So restorasie vat baie tyd en tap jou energie, die wat dit al gedoen het weet, veral as dinge gebeur en jy raak baie angstig om die eindproduk te sien, soos met my met daai hout perde karretjie.
Sterkte Gerhard, amper daar
Ok, baie jammer Gerhard dat…
Ok, baie jammer Gerhard dat ons soveel druk op jou plaas.
Maak net seker die wa is reg vir ons volgende saamtrek ![]()
Maak net seker die wa is reg…
Maak net seker die wa is reg vir ons volgende saamtrek
Soos dinge nou staan het jy nog baie tyd......
Nee wat...
Nee wat, die forum mense het geen druk op my gesit nie. Die wa sal klaar kom. ![]()
Daar sal weer van Donderdag af vordering wees. Ek het 3 dae om weer te werk die naweek dit sluit nie Sondag in nie.![]()
Skroewe amper almal in
Die dak se skroewe is amper almal in. Sal more klaar maak, seel en verf op die dak.
Ek wou gaan kamp en toe sit iemand die leer op en sê gaan werk ![]()
Nuwe skroewe in
As ek geweet het dat dit so groot werk gaan uitdraai het ek dalk nooit begin nie.
Netjies Gerhard, jou projek…
Netjies Gerhard, jou projek vorder baie goed, as jy klaar is, gaan jy met reg trots en dankbaar wees👍
Dankie...
Dankie.
Ek moet sê ek het al bietjie begin moed verloor toe ek agter gekom het die dak spykers trek uit en alles moet vervang word. Dis hoekom ek so bietjie afgvat het en als gelos het. Daar is nog so +- 40 skroewe om te doen en is dit dan klaar. Daarna kan ek weer fokus op die binnekant en klaar maak.
Hou moed Gerhard, die finale…
Hou moed Gerhard, die finale produk gaan oor en oor die moeite beloon.👍
Bytvas Gerhard
Daai wa gaan spoggerig wees as jy klaar is julle gaan soos konings kamp
Wel gedaan Gerhard, jy…
Wel gedaan Gerhard, jy vorder nou weer goed in hierdie lekker weer.
Gaan nou nou aan
Gaan nou nou aan. Lekker met die skool wat toe is, 'n ekstra dag vir my om te werk en ek hoef nie verlof in te sit nie
Ja, dit voel soms niks wil…
Ja, dit voel soms niks wil klaar nie en dan eendag staan jy terug dan sien jy die eind produk, DIT IS 'n LEKKER GEVOEL !!!





Gerhard, staan die projek…
Gerhard, staan die projek nou stil, of rus jy bietjie?