Kom wys ons julle gunsteling fotos uit die KNP.
Hier die is myne wat wat ek naby die Orpen hek geneem het
![]() |
VOORTREKKER: Dit is 'n baie mooi foto.
Wat is jou 2de gunsteling?
LEN LOADER: Hier is myne. Hierdie ou grote het ons by Klopperfontein (noord van Punda Maria) verras terwyl ek gewag het vir 'n seekoei om te gaap. Toe ons weer sien staan hierdie oukêrel langs ons en begin rustig water drink ! Foto geneem in Mei 2016.
![]() |
| Hier is nog 'n gunsteling in Mei 2013 geneem in die Pretoriuskop omgewing. (Ek weet 'n mens meld nie die plek waar 'n renoster-foto geneem is nie, maar hierdie foto is 4 jaar gelede geneem). |
![]() |
SEGEKOK:
Voortrekker het geskryf:Dit is 'n baie mooi foto.
Wat is jou 2de gunsteling?
Dit is n baie moeilike keuse maar dit sal beslis een van die wees.. kan net nie besluit watter een nie.
![]() |
![]() |
Baie mooi fotos Len. Kan sien daai olfant het al so n bietjie gewerk met daai tande. Ek hou baie van die tekstuur van die vel wat so duidelik op die foto wys.
LEN LOADER:
Segekok, ek vermoed "jou" renoster is heelwat ouer as "myne" want joune se horing is langer en veral die tweede horing is sommer heelwat langer as myne se tweede horing. Dit is darem uitsonderlike diere hierdie en tragies dat hulle so uitgemoor word.
Ek onhou in 1961 toe ek in st.7 was, is renosters in die groot boma oos van Pretoriuskop vir die eerste keer weer in KNP hervestig. Daardie boma is nou nog sigbaar vanaf die Voortrekkerpad na Afsaal toe. Dit was 56 jaar gelede en volgens die April 2015 sensus was daar 9 000 witrenosters en 500 swartrenosters. Met al die stropings wonder ek wat die getalle vandag is. (In al die dekades wat ek die KNP jaarliks besoek het ek nog nooit 'n swartrenoster gesien nie !).
SEGEKOOK: Len ek self het ook nog nie swartrenosters daar gekry nie. Was ook nog nooit gelukkig genoeg om wildehonde daar te kry nie. Maar ek sal maar aanhou pobeer.
ANDRE SMIT: Ek het ook enetjie wat nogal spesiaal is.
LEN LOADER:
Hemel André, daardie knaap het darem 'n moerse antenna !
n Sebra maak darem ook 'n pragtige foto !
| 'n Sebra maak darem ook 'n pragtige foto ! |
![]() |
| En selfs 'n gewone rooibok is netso pragtig ! |
![]() |
| En wat van 'n pragtige koedoebul wat vir jou kyk :- |
![]() |
FREDA:
Dankie vir die mooi foto's, altyd lekker om na te kyk. Omdat die rooibokke volop is en omtrent om elke draai te siene is, ry baie mens later net by hulle verby, maar ek het dit altyd geniet om darem ook te stop en na hulle te kyk. Hulle is te pragtig.
SEGEKOK:
Maak ook nie regtig saak wat se wild jy sien nie. Almal is pragtig en ons is so bevooreg om so n pragtige plek te he wat ons kan besoek. Maar daar is sekere plekke en fotos wat net daardie iets het wat daai herineringe terug roep.
Nou wil ek graag daar wees...
LEN LOADER: Segekok, ek het vandag 'n boodskap van vriende gekry wat sê hulle sien wildehonde elke dag in die Berg-en-dal omgewing. Ons het voorheen 'n trop van 20 wildehonde 6km vanaf Orpen gekry waar hulle gelê en slaap het en hier is een van hulle :-
![]() |
| 'n Visarend as netso mooi en uitsonderlik soos sy roep :- |
| En kyk net die pragtige bome naby Punda : |
|
| En so kamp ons in Shingwedzi in Mei 2016 - teen die draad :- |
Kyk hoe "photo bomb" die een…
Kyk hoe "photo bomb" die een koedoe die ander
Nou dat die foto laai weer…
Nou dat die foto laai weer maklik is moet ons dalk weer 'n draad begin met elk van die SANParke om hulle Web-Cams te kan plaas ?

Ok, ek het vir elke een 'n draad oop gemaak.
Kry vanoggend so 'n…
Kry vanoggend so 'n jukkerigheid (soos van 'n onttrekkingsindroom) , blaai toe maar deur my ou fotos. Ek deel graag so paar op die forum.
Baie dankie vir die deel van…
Baie dankie vir die deel van die mooi fotos Koos, dit is wraggies mooi.??
Ek onthou van daai insident waar die olifant die kar getrap het, dit is hartseer dat die ou grote moes uit gesit word. (Die een waarna ek verwys het naby Singwetsie gebeur? )
Ja Johann, dis jammer dat…
Ja Johann, dis jammer dat diere moet boet vir die mens se ondeurdagte aksies. As jy op You-tube na die video kyk van die in sident dan kan jy duidelik sien hoe die olifant telkens die voertuig waarsku om pad te gee. Die dametjie wat bestuur het kan dankbaar wees sy het met haar lewe daarvan afgekom. Haar regterheup het lelik skade opgetel, jy kan op die foto sien waar die olifant se tande deurgegaan het.
Die storie het darem 'n mooi nadraai ook, haar kêrel, wat die passasier was, het haar in die helikopter oppad Nelspruit toe gevra om te trou.
Hier is 'n paar van Berg-en-Dal 2007-08
Berg-en-Dal 2007-08
Hierdie was naby die het op pad uit die dag.
Hier is 'n paar van Bontle 2015-06
Bontle 2015-06
Hierdie een was van ons staanplek af, daar is mos nie draad om die kamp nie.
Hier is 'n paar van Letaba 2003-08
Letaba 2003-08
Hierdie een was ook na die braai teen die draad.
Die Oom kon sy slurp oor die draad sit en ons Rally aftrek so naby was hy.
Moet weer gaan..
Dit raak nou tyd dat ek weer daar moet kom. Die see is lekker so eenkeer in 10 jaar maar dit is maar nie die KNP nie.
Ek gaan binnekort
Kan ook nie wag vir die Oktober skool vakansie nie, dan is ek weer daar.















(No subject)