Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

43992 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Johann,  dankie.  Ek het… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -20 minutes ago
Hennie......... Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago
GM ! Januarie 2019 Koffiekroeg! Len Loader -1 hour ago
Anton, ek was gou bietjie op… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Dit is nou goeie nuus,… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Stem met maters dat " C "… Kampforum Saamtrek Plaatjie Noel -1 hour ago
Ai,.................... Die Noorde wink Len Loader -1 hour ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on Tue, 01/01/2019 - 11:55
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Secunda

Sleep nou

Tue, 01/01/2019 - 17:56

Het laaste 4 dae totaal van 94 mm uitgegooi ook nou op gehou reen so dankbaar Phalaborwa - Hoedspruit area baie droog hulle kort reen en baie daarvan

Roodepoort

HennieBo

Tue, 01/01/2019 - 19:20

Ek het vanoggend uit Danabaai gery en die eerste reën hier vanaf Kroonstad ervaar. Amper al die pad gereën tot by my huis in Roodepoort. My reënmeter het 60mm water ingehad en dit was blykbaar van die afgeloper 2 dae. so Dankbaar daarvoor.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 03/01/2019 - 13:57

Julle is geseënd met die goeie reën. Hier by ons rond (Klerksdorp) sedert die dag voor Kersfees tot en met vanoggend slegs 49mm geval. Dit is egter koeler (was tot 40° hier rond) en nou so 33 tot 35. 

In NoordWes kan boere nog tot middel/einde Januarie sonneblom plant, maar vir mielies reeds baie laat. Oorkant die rivier na Vrystaat se kant toe bitter min boere  wat iets kon plant.

Ons staan met groot versugting en afhanklikheid maar met HOOP dat dinge sal verander. Dit is erg om groot mans te sien met betraande oë kyk na vee wat besig is om agteruit te gaan.

Die Hoop sal egter nie verkrummel nie, ons weet waar dit vandaan kom!!!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 03/01/2019 - 16:15

Ek het die droogste jaar sedert 1983 /84 seisoen, tot op datum nog net 264mm gehad, in vergelyking met 2016 /17 se 548mm vir dieselfde tydperk.

Brits

wessels

Thu, 03/01/2019 - 16:54

Middag alle kampers

Ek koop sommet die goedkoopste konus-tipe meter by die kooperasie. Dan merk ek die hoofmerke met 'mn merkpen uit.

Sodoende kan ek dan met verkyker vanaf die stoep, droog, kyk hoeveel dit gereen het.

Ongelukkig is goedkoop meter nie gemerk in eenhede van "katte en honde" nie

Groete

Wessel

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Thu, 03/01/2019 - 17:31

Frans hier by ons is dit ook die droogste jaar in 'n baie lang tyd. Een van die ouens hier wat boekhou van die reënval het laasweek laat weet dat 2018 die droogste jaar sedert 2006 hier was

Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 03/01/2019 - 18:41

Sarel, ek is tans besig om so bietjie statsitiek te verwerk oor reënval.

Ek bly in my huidige huis sedert 1974, maar het in tweede helfte van 1972 begin reënyfers te boekstaaf.

Ek maak my (terwille van iemand wat belangstel)  'n tabel wat jaartal, totale syfer, maande met minste reën, maande met meeste reën, en dae met meeste reën per kalenderjaar, en sal seker so week nog daaraan werk (as ek tyd kry).  Trek darem nou al by 1989!!!

Ek sal dan sommer probeer om hier te plaas - dit is natuurlik net van toepassing op ons ou dorpie. Dit is egter lekker om so deur die verlede te kuier - en, ja, sommige van daardie syfers/maande/dae/jare kan ou dan eintlik in die geestesoog  weer herroep.!!!

Groetnis al met die gang af!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 03/01/2019 - 18:46

Ek sal so bietjie daai reënmeter van my fotografeer - die koniese plastiek-goed word gou deur son voosgebrand. Ek neem toe ou koffieblik en maak gat onder in die middel, en mak die blik vas op plek waar daar nou niks reën kan belemmer nie. Plaas die meter daarin, en hy hou omtrent so 6 na 8 jaar.

Man sal nou NIE kan dophou van stoep af nie!!!, maar ek skrik nie vir water!!!- loop maar wanneer nodig (al is dit met sambreel) om te gaan loop staan en kyk!!!!

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 03/01/2019 - 21:43

Ek het gister n reen meter gekoop by ons plaalike kwekery vir R 50.00, maar nou reen dit nie eintlik so meer nie.

Het darem so 6mm reen gehad gisteraand.

Sou graag wou weet wat het dit gereen vroeer deur die week, toe het hy lekker gegooi.