Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 29/01/2019 - 19:16

Weet nie wat om te sè nie. Verskriklike warm dae gehad afgelope paar weke, veldgras is nou morsdood en kliphard gebrand. Hier is ook n kansie vir reen so van Vrydag af.

Onlangs gelees aangaande die weer hier in die ou tyd.  In Boomplaas grot hier is   60 000 jaar se geskiedenis vasgevang. As ek nou reg onthou, was daar so 14 tot 18 000 jaar gelede n tydperk as n " hyper arid period" gesien.  Daar tydens het mense en groter soogdiere hier weg getrek. Daai " Hyper arid" is n bangmaak woord, en n tydperk van n paar duisend jaar lank.  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/04/2019 - 11:49

Wow Willem, 2017 was darem 'n "bumper" reën-jaar by julle !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/04/2019 - 06:53

Hier in Kleinmond waai net 'n koue suidoostewind vanoggend. Suidoos in die Kaap word mos darem geassosieer met goeie kanse vir reën in die noorde. Ek sê altyd dat ek die suidoos makliker verduur as ek weet die noorde kry reën. 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 06/04/2019 - 07:27

Dalk die laaste van ons somer reen voor die winter?

 Ja ek glo so - dan gaan dit lekker koud begin word.   Maar daar moet nog val, ond het nog nie genoeg gekry nie. smiley

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 06/04/2019 - 08:41

My swaar se die Tzaneen dam is dans 12% vol prys die Here dit reen dans hier by die Eiland waar dit net so droog is

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/04/2019 - 19:04

Ek lees in 'n berig op Netwerk 25, wat handel oor die Noord-Kaap, dat die skrywer FA Venter by geleentheid gesê (of geskryf) het dat Kenhardt, met die sondvloed, slegs die weerlig op die horison gesien het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus