Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -58 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Tue, 20/08/2019 - 21:08
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/08/2019 - 22:19

Ek is geen kenner nie, maar sover my kennis strek is 'n gewone kar-battery (met "cranking power"), 'n "deep cycle" battery en 'n "high cycle" battery almal loodsuur batterye.

'n "Deep cycle" battery kan redelik laag af ontlaai word sonder skade aan die interne plate terwyl 'n "high cycle" battery nie laer as omtrent 80% ontlaai moet word nie.  Ek het een 102Ah "high cycle" battery in my Exclusive wat my movers, ligte, radio en waterpomp van krag voorsien.  Wanneer ek "off grid" gaan, is dit redelik maklik om daagliks die verbruikte 20% krag "op te top" vanaf die Pathfinder se battery.

Dit hang dus af wat 'n ou se behoefte is  -  in jou geval wil jy jou yskas-kompressor aan die gang hou terwyl jy sleep en daarom sou ek raai 'n "deep cycle" battery sal die mees geskikte wees - dan kan jy dit weer by jou bestemming of oornag stop met 220V herlaai.

Vir die ernstige "off-grid" mens is daar baie fênsie batterye te koop. Die goed kom egter ook teen 'n fênsie prys.... Sover dit gewone loodsuur batterye aangaan, verkies ek 'n "deep cycle" vir my kamp doeleindes. Soos Len tereg hierbo noem, kan 'n diep siklus laer ontlaai as 'n normale loodsuur "high cycle" battery. In my geval is dit wat ek nodig het gedurende die nag wanneer die sonpanele nie die battery laai nie,terwyl die yskas steeds moet koud maak. Baie belangrik is dat die battery nie laer as maks 10,5V moet ontlaai nie, aangesien dit permanente skade aan die battery tot gevolg kan/gaan hê. Hiervoor is 'n battery monitor met 'n alarm baie handig.

Die grootste nadeel van 'n diep siklus is dat hy stadiger herlaai as 'n "high cycle". Vir hierdie rede verkies sommiges om dan eerder 'n "high cycle" te gebruik.

Sou ek egter uitsluitlik op plekke kamp waar 220V beskikbaar is, sou enige van die twee tipes batterye vir my goed genoeg wees en sou prys waarskynlik die drywer wees.

Net so 'n bietjie "useless" info. My huidige bystand battery is 'n 105Ah Deltec diep siklus wat nou agt jaar oud is. Sy kapasiteit het begin afneem en ek het hom verlede Desember met 'n 105Ah Bosch diep siklus vervang. Indien ek reg onthou was die prys by Bosch R1400. Beide batterye en die Snomaster ry agter in die bakkie en die batterye word gelaai vanaf die bakkie se alternator. Die sonpanele neem oor by die kamp. Slegs die hoof battery word gebruik en die 2de battery is "back-up " vir bewolkte of reen dae. Terug by die huis staan die battery op 'n plank (die slim mense sê batterye moet nooit op 'n kaal sementvloer gestoor word nie), waar hulle in parallel gekoppel is. Elke 2-3 weke word hulle vir 24 uur aan die C-Tek gekoppel vir 'n herlaai.

Môre vriende

As 'n professionele leek op die battery-gebied, kan ek slegs my duur lesinhoud met julle deel.

Ek het twee 105 amp.hr batterye in parallel in my wa. Weens onkunde het dit die gees onlangs gegee. Volgens kenners hoofsaaklik omdat ek dit nie gereeld gelaai het nie. Dit is dan ook 'n feit, soos Johan K hierbo ook noem, dat batterye verkieslik altyd volgelaai bly.

Daar is baie verwarrende begrippe rakend batterye, soos byvoorbeld " deep cycle". Mens moet dit nie verwar met hoe laag mens die spanning[volts] kan laat val nie. Byvoorbeeld, my National Luna vries/koelkas het 'n ingeboude limiet skakelaar wat die kas afskakel sodra die spanning by byvoorbeeld 10.5 V kom. Juis soos Johan sê, om die batterye en ook die compressor te beskerm.

Volgens kenners moet batterye ook eintlik werk, of dan stroom uitgee. Op aanbeveling van die kundiges laat ek nou saans 'n lig brand, bloot sodat die batterye dan effe ontlaai. Saterdae Koppel ek die 160Watt sonpaneel om die batterye weer te laai tot vol kapasiteit. Ek sal maar mettertys sien of dit my batterye se leeftyd gaan verleng.

Ek is bloot te lui om die batterye uit die wa te haal vir stoor en herladings.

Ek het ook 'n C-tek batterylaaier en is werklik be-indruk daarmee. 

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/08/2019 - 08:45

Stem saam Wessel, batterye moet nie toegelaat word om pap te word nie, en nog erger, pap gelaat word nie.  Sou dit om een of ander rede nie moontlik wees om die battery(e) gereeld te laai nie, moet die pole ontkoppel word van enige vorm van bedrading  -  dit help beslis om outomatiese ontlaaiing te voorkom.

Ek het ook die "geloof" dat 'n battery moet werk.  Ek het 'n 12V elektriese horlosie in my wa permanent ingebou wat voortdurend aangeskakel bly.  Alhoewel dit bittermin krag onttrek, is daar tog 'n effense uitwaartse kragvloei uit die battery.

(Jammer vir die skuins foto)

.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/08/2019 - 15:31

Baie dankie vir die advies, ek het vanoggend by Outdoor Warehouse vir my 'n Lumeno volt / amp monitor gaan koop, R295.00.

Die manne by Outdoor kon ky nie sê watter drade gaan waar nie, ek het toe Lumeno self gekontak, en hulle het vir my 'n diagram gestuur, sal dus moet kyk wat en hoe dit gekoppel moet word.

Monitor

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/08/2019 - 20:11

Anton, ek is nie seker van 'n alarm nie,  nutteloos vir mywink, maar nou kan ek sien wat die batery se kondisie is.

Monitor
Hier is die diagram wat hulle gestuur het.
My yskas is 220 volt,  nou waar gaan watter drade?

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/08/2019 - 20:14

As ek die rooi en swart drade direk op batery koppel, kry ek 12.85 volt, maar 0 ampere, want ek is bang om die amp drade (dik rooi en blou) op die yskss se 220 volt te koppel?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/08/2019 - 20:25

Weer eens Johann, ek is geen kenner nie, maar jy het 'n 12V DC volt- en ampere meter gekoop.  Jy moet dus jou inverter wat 12V krag ontvang by jou bedrading insluit (natuurlik nie die 220V omgesette kant nie)  en jou lesings sal dié van die inverter wees en nie van die yskas nie.

Ek het toevallig vandag ook vir my 'n battery volt-meter gekoop wat die  volt-vlak van die battery monitor en 'n alarm word geaktiveer as die battery te veel ontlaai het.  Dis al waarin ek belangstel, naamlik dat die battery nie te veel ontlaai nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 21/08/2019 - 20:44

Dankie Len,  ek gaan more die meter op die inverter koppel, die ampere meter se drade ook op die 12 volt kant,  en dan kyk of dit die ampere wat die yskas trek,  dalk wys, maar vir my doeleinde is die volt lesing ook die belangrikste.

Ek het gedink ek is slim met krag, maar 12 volt gelyk stroom is my baas,  en ek leer geweldig baie hier deur julle insette. 

Johann, vir jou doel is dit belangrik om te weet wat die battery spanning (volts) is. Die stroom (ampere) is eintlik nuttelose inligting. As ek dus in jou skoene was, sou ek slegs die rooi en swart draad soos in jou plasing hierbo op die battery koppel en vergeet het van die res.

Ek het 'n National Luna enkel battery monitor (sien skakel hieronder), en hy word slegs op die twee battery pole gekoppel om deurentyd die battery spanning te monitor. Dit is al inligting wat vir my belangrik is.

https://4x4direct.co.za/battery-accessories/9213-national-luna-single-battery-monitors-with-alarm.html

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 07:54

Johan, baie dankie vir die inligting, dit strook met vorige kommentare en dit is wat ek gaan doen. Die ampere, soos ek dit het,  is in elk geval net om te wys wat op 'n spesifieke oomblik gebruik word.

Môre vriende

Baie duidelik is die wetenskap agter batterye geweldig gevorderd en eintlik kompleks. Ek lees daaromtrent op die internet, en dit maak mens eintlik effe deurmekaar.

Eerstens Johann, 'n stroom uitlees help nogal tydens die laaiproses. Sodra die stroom daal tot sê 0.25 amp, en die spaning is bo 13V, dan kan mens aanvaar die battery is vir alle praktiese doeleindes volgelaai.

Tweedens tydens gebruik, maw as jy stroom trek uit die battery, gee die stroom lesing weer 'n aanduiding van jou energie verbruik. As jy dus weet wat die kapasiteit van jou battery[stelsel] is, die Amp x tyd[uur]

 kan jy bepaal hoe lank jy teen daardie stroom, energie kan onttrek voordat jy die battery se kapasiteit perk van ontlading [discharge capacity] bereik. Met ander woorde wanneer is jy op die 50% "discharge" perk, en moet jy weer laai.

Dit alles help om jou stelsel optimal te gebruik, sonder om die battery of koelkas te beskadig. 

Wat my wel verbaas. is dat 'n volgelaaide battery se volts ongeveer 12.6 is, en 'n 30% vol battery se volts rondom 12V is. Kyk gerus op National Luna se webblad vir battery monitors vir die inligting. Mens is nogal geneig om te dink dat 'n battery met 12V lesing sommer nog baie woema het, maar dis nie korrek nie. 

Groete 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/08/2019 - 08:49

Johan (K)  -  ek het presies dieselfde NL battery-monitor aangeskaf en is sommer baie in my skik.  Wanneer dit kom by "off grid" battery gebruik, is die belangrikste om te keer dat jou battery nie te laag ontlaai nie en hierdie monitor is ideaal daarvoor, alarmpie en al !

Pretoria

leeu

Thu, 22/08/2019 - 10:20

Ek gebruik ook net 'n Volt meter van NL, met verskillende kleur liggies en alarm. Dis vir my ook voldoende. As jy 'n meer akurate lesing van die battery verlang, moet jy een soos Johann koop. Het ook al lank 'n Volt meter op my battery kas en nou die dag ook een in die wa ingebou. Ek sou eerder 'n "smart meter" wou inhê, met bluetooth soos verskaf deur Victron. Dis net vrek duur en dink nie dit regverdig die koste nie.

Johann, hou net in gedagte, dit seker logies, dat jy die totale las in Ampere wat getrek word monitor as jy die koppeling maak soos op die stroom baan, aangestuur deur ODW en nie vir enkel items soos bv net die yskas of net die ligte nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 13:20

Die oorspronklike doel, was om my yskas gedurende reise "aan te hou", asook voor siening vir krag onderbrekings te maak, na ek jul insette deuglik gelees het, het ek tot die gevolgtrekking gekom, as ek dit wil doen sonder om die moontlikgeid van te min krag vir die movers by ons bestemming, gaan ek twee dinge moet doen:

1. Volt meter inbou, wat ek reeds gedoen het en,

2. Krag vanaf die sleep voertuig na die Penta se batery moet aan bring om dit vol te hou tydens 'n rit, en ook as die batery te laag daal.

Laas genoemde sal ek volgende week doen,  en soos Len en ander, 'n ordentlike kontak punt tussen die kar en karavaan maak, ook daarvoor is reeds genoeg spaar punte op die kamera se prop.

 

Centurion

Dusty

Thu, 22/08/2019 - 14:03

Ek het weer my eie volt monitor gebou net met liggies. Wanneer al drie aan is is die battery vol gelaai. Die rooiliggie aan die onderkant is net om te wys dat die kontak reg is. Wanneer die groen weg is is daar net 10V beskikbaar. wanneer die geel weg is is daar moelikheid. Dit is by die deur sodra ek in die wa instap.