Goeie môre mede forumiete.
Eerste dag van die derde maand van die jaar.
Dit is alweer die man van die sand wat my staarsiekte veroorsaak. Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Ek hoor nou 'n persoon iewers ry met sy V8. Seker die mooiste dreuning vir my. Anders is dit doodstil hier.
Mag elkeen 'n wonderlike Rusdag geniet
Goeie môre vriende, geniet…
Goeie môre vriende, geniet die eerste dag van herfs, dit voel van gister nogal so effe koeler as gewoonlik😂
GM !
Goeie môre Kampforum.
Weer warm vandag en genadiglik redelik windstil vir die tweede dag.
Debietorders : Anton, dalk bank jy by die verkeerde bank ! Ek sien net my gewone einde van die maand debietorders is gister deur my bankrekening terwyl die 1ste se debietorders sal eers vannag geprosesseer word om op die 2de te reflekteer.
Rustige Sondag almal !
Ps. Ek het nie veel om vandag te doen nie (ek ry mos sedert skooldae nie meer fiets nie) en mag dus die dae tel om by 58 uit te kom !
Môre sê Kampforum
Ja, voel ook van gister is die koeler hier in Pta.
Geniet jou Sondag voluit in vrede.
Tyd loop julle
Middag se so op die nuwe maand lekke dag vir almal
Goeie môre hier op die…
Goeie môre hier op die eerste week van Maart.
Sit reeds met 'n beker tee voor my. Koffie ook al aan die gang.
Kan voel vanoggend dat daar koeligheid in die lug is.
Lekker dag en week vir elkeen
Môre môre! Ai hoe lekker…
Môre môre! Ai hoe lekker val die reën hier by ons ![]()
Geniet die week! ![]()
Goeie môre, hier vanuit 'n…
Goeie môre, hier vanuit 'n lekker nat Vaalpark, geniet die week ten volle.
Stoffel, ek sien die weer voorspel laer temperature vir die volgende sewe dae, hier is dit al sedert Saterdag koeler.
Ek dink ons gaan 'n vroeë koue winter hê?
Hy het behoorlik gegooi op…
Hy het behoorlik gegooi op die R21 vanoggend.
Vat vas lede, die 20ste Maart is amptelik die begin van herfs in die suidelike halfrond.
Môre sê Kampforum
Is heel koel hier in Pta.
Geniet jou Maandag voluit in vrede.
Goeie môre Kampforum !
Heerlike dag vanoggend hier by ons, windstil !
Gaan vandag 'n bietjie orde skep met die blare-chaos wat die suid-oos wind die afgelope paar dae veroorsaak het en dan oorgaan tot 'n miere-oorlog hier buite.
Ek sien die hele Kgalagadi (en selfs Hakskeenpan) het heerlike, stortvloed reëns gehad wat hierdie dorre wêreld in 'n ommesientjie in 'n lushof gaan verander.
Nouja, lekker dag vir jou.
More almal
Lekke om te hoor daai droe wereld reen gekry Len laat loop met die koffie julle hier loop hy soos stroop vrede
Goeie môre almal van julle,…
Goeie môre almal van julle, was ook lekker nat op die N12 vanoggend en is ook bly oor die reen in die Kalahari se geweste.
So het die laaste week aan gebreek vir voorbereiding vir ons fietsryers vir hierdie jaar se Kaapse fiets toer. Voorie se eerste ene van nog baie (want hy is nog baie jonk) en dan my 11de ene. Ons glo dat dit goed sal gaan en die suid ooster ons ook n kansie sal gee om dit te kan geniet.
Die wat reeds op die pad is om te gaan kamp, ry veilig en die wat reeds kamp, geniet die koffie en beskuit, ons is kort agter julle en Len tel die dae af dat die spoeg so loop.
Midag Lapskag, hoekom gaan…
Midag Lapskag, hoekom gaan jy nie die Weskaap saamtrek bywoon nie, jy is mos in die omgewing daai tyd?
Goeie môre almal. Nog…
Goeie môre almal.
Nog steeds gisteraand lekker reën gehad.
Mag elkeen 'n wonderlike dag geniet.
Die pad was nat tot hier in…
Die pad was nat tot hier in Kempton Park. Dit lyk my dit het heelwat gereën verlede nag.
More Stoffel en forum
Saggies gereen deur die nag het nou lekke moer koffie innie beker en ek verlang na kamp jip koffie loop soos stroop glo jou dag loop soos stroop vrede
Goeie môre kampforum-aktiewe…
Goeie môre kampforum-aktiewe en onaktiewe lede, geniet jul dag.
Ek wonder waarom so baie lede aansluit, maar net mooi niks sê nie.😀
Goeie more almal, geniet…
Goeie more almal, geniet julle dag en biki sonskyn.





Goeiemôre Stoffel! Snaaks…
Goeiemôre Stoffel!
Snaaks al my debiet orders wat gewoonlik eers op die 1ste van elke Maand afgaan het almal gister op die 29ste afgegaan