Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 minutes ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -35 minutes ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago

Wildtuin toe met 'n tent

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Na aanleiding van Wessel se voorstel dat ek dalk 'n nuwe gesprekslyn moet begin wat handel oor die moontlike tent-kampering in die Krugerwildtuin gedurende Mei 2024, het ek dit goedgedink om wel sodanige draad te begin. Ek haal graag aan waarmee ek dié gesprek begin het.

Ek loop gister 'n ou skoolmaat van my raak by Supa Quick toe my mahala nuwe Dunlops opgesit word. Hy woon ook in Kleinmond, maar die plek waar ons mekaar die meeste gesien het die afgelope paar jaar, was in Tsendze waar hy gereeld op staanplek 25 kamp met sy tent. Hy noem toe dat hy ook sy Honda CRV na Supa Quick wil bring vir 'n "check-up" voordat hy eerskomende Donderdag die pad wildtuin toe vat. Hy en sy vrou ry jaarliks met sy kar wildtuin toe en kamp baie basies net met hulle tent, 'n klein opvoutafeltjie, twee stoele en twee kampbeddens. Maroela, Tsendze en Punda is altyd op hul reisplan van ongeveer 3 weke in die wildtuin.

Ek begin toe dink - waarom gooi ek nie ook ons Howling Moon boogtent, 'n gazebo, tafel en stoele, afblaasmatras en die basiese benodigdhede in en vat die pad wildtuin toe nie (karavaanloos). Ons het dit al drie keer gedoen - die eerste keer 'n week in Satara, 'n paar jaar later 'n week in Shingwedzi en die laaste keer 'n week in Berg-&-Dal. En dit was elke keer vrek-lekker. En dit klink my mammie ontvang die idee goed om só wildtuin toe te gaan - hopelik vir sowat 3 weke (dalk 'n week elk in 3 kampe). Oorslaap heen en terug sal dan in Lekkeslaap-plekke wees. Skielik sien ek ook uit na 1 Junie om plek te bespreek vir Mei 2024.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/04/2023 - 13:36

Ek het op 'n ander draad genoem dat 'n vriend van my in Tzaneen aangebied het om 'n voertuig te verskaf indien ons sou oorweeg om tot Hoedspruit te vlieg en dan dalk 'n paar dae in vaste akkommodasie in die wildtuin wil gaan bly. Dit het oombliklik vir my na 'n goeie opsie geklink - totdat ek uitgevind het wat dit kos om vanaf Kaapstad na Hoedspruit te vlieg. Vir die twee van ons sal die vlugte ongeveer R20 000 beloop - dus 'n "no-go". Totdat ek toe Vrydag in my ou skoolmaat vasgeloop het (wat ek hierbo noem) enby myself gedink het: "Is dit nie 'n opsie om weer 'n keer met die tent in die wildtuin te gaan kamp nie?"

Ek het nie meer lus vir ver sleep met die karavaan nie. Ek hou nie van die N1 na die noorde nie a.g.v. die klomp vragmotors op die pad. Die N12 is nie meer vir my 'n opsie nie. Die R-paaie is totaal buite die kwessie. Ons voel meer kwesbaar met die karavaan as ons oorslaap by sekere plekke en die roetes na die wildtuin se ingangshekke, met sporadiese tot redelik gereelde onrus daarop, laat ons ook meer "broos" voel met 'n karavaan agteraan. En veral my vroulief het 'n obsessie daaroor dat sy nie onveilig wil voel nie - dan bly sy eerder by die huis.

Ek het dus maar die moontlikheid met 'n redelike tikkie pessimisme met Ralie aangeroer of sy sal oorweeg om weer met 'n tent in die wildtuin te gaan kamp. Jy kon my met 'n veer omtik toe sy onmiddelik opgewonde is oor die idee.

Nou vir die beplanning, want as ons gedurende Mei 2024 se gryskop-afslagtyd wil gaan is daar 7 weke oor tot 1 Junie wanneer die besprekings oopmaak.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/04/2023 - 14:14

Soos genoem in my eerste inset, het ek gedink aan 3 weke in die wildtuin in 3 verskillende kampe vir 'n week elk. Maar synde ons dan met die tent en 'n gazebo sal gaan, wat op- en afgeslaan moet word, plus die ander kamptoerusting wat moet in- en uitgepak word, begin ek al hoe meer dink aan 3 weke in een kamp. Maar dan - watter kamp?

Ek is lief vir baie kampe in die wildtuin. Tsendze is beide van ons se hart se punt. Maar ek sien nie kans om vir 3 weke sonder elektrisiteit te gaan kamp nie. Ek is nie toegerus daarvoor nie en gaan ook nie op hierdie stadium van my lewe die nodige toerusting aankoop nie. Gevolglik sal dit 'n kamp met elektrisiteit (as dit nog beskikbaar gaan wees) moet wees.

Ons is ook baie lief vir die Onder-Sabie omgewing. Dit is een van die beste wildomgewings in die wildtuin en jy't 'n groot verskeidenheid van paaie rondom Onder-Sabie. Maar ek is nie gek oor Onder-Sabie se kampeerterrein nie. Krokodilbrug is 'n netjiese kampie, geleë in 'n uitstekende wildomgewing. Die kampterrein is lekker gelyk, maar die feit dat dit 'n hekkamp is met baie in- en uitbeweging van voertuie (met twyfelagtige elemente in baie) laat my net onveiliger voel.

Ons is groot Berg-en-Dal aanhangers. Soos wat baie van jou ouer mense reken dat die wildtuin is Skukuza of Skukuza is die wildtuin - so voel my seun oor Berg-en-Dal. Hy wil in geen ander kamp bly as Berg-en-Dal nie. Daarteenoor is dit die enigste kamp waarby my dogter en skoonseun geen aanklank kan vind nie. Ons hou van die omgewing. Baie mense voel die keuse van paaie is té beperk - maar ons geniet die S110 sirkelroete en is meeste van die tyd uiters gelukkig om wonderlike "sightings" te beleef. Die laaste keer wat ons egter in Berg-en-Dal gekamp het was die ablusiegeriewe maar swak.

'n Volgende keuse is Shingwedzi. Wat my aanbetref is dit een van die bes-bestuurde kampe in die wildtuin (ek hoop dit is steeds), lekker gelyk staanplekke, netjiese ablusiegeriewe, baie paaie in die omgewing en uitstekende wildbesigtiging. Ek wonder sterk of ons nie dalk hier sal vashaak vir 3 weke nie (as ons op een kamp besluit).

Waar ek voorheen 'n groot Punda Maria aanhanger was, is ek tot 'n groot mate "af" van dié kamp. Dit het vir ons té bedrywig geword met die powere ablusiegeriewe. Satara is in 'n uitstekende omgewing geleë, maar die kampeerterrein en ablusies is beslis van die swakste in die wildtuin. Dan kies ek eerder die naby-geleë Maroela, maar weereens is jou toeristepaaie beperk.

Letaba het seker een van die mooiste kampeerterreine, maar ons het al te veel frustrasies daar beleef met ablusiegeriewe. En ek is nie gek oor die omgewing nie. En Skukuza sowel as Pretoriuskop is baie laag op my prioriteitslys. In Skukuza se kampterrein kan jy jouself baie gelukkig ag as jy 'n gelyk staanplek vind, wat vir kampering met 'n tent nogal nodig is. En Pretoriuskop, alhoewel ek lief is vir die kamp, is na my mening 'n té swak wildarea. Balule is, soos Tsendze, nie 'n opsie nie a,g.v. die gebrek aan elektrisiteit.

M.a.w. daar moet nog ernstig oor die beplanning gedink word voordat 'n bespreking gedoen word.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/04/2023 - 15:54

.....en as dit op sy rand bly staan, gaan julle Skukuza toe.laugh

Jy het my pappery nou so natgemaak, met jou realistiese kommentare oor Punda, Satara, dat ek sommer my besprekings verander. moenie bekommer, ek wil darem ten minste 1 keer Punda en omgewing gaan verken. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/04/2023 - 15:59

As jy gewoond is soos jou ou skoolmaat, is daar nie verrassings nie, en net waaraan hulle gewoond is, julle dalk nie meer vir so lang tydperk nie. Ja , die ver sleep is maar stresvol, maar nie rerig nie, mens settle mos in na n ruk, en dan loop als glad op die pad. Maar om 2000km te ry vir n 6 weke  tentkamp, ipv  n jou lekker wa, met en n yskas, en n opgemaakte bed, afdak en als wat n ou lyf nodig het en n  Aikona.

Brandstofkoste is n faktor, jy kan seker uitwerk hoeveel gespaar word. Die res bly een en dieselfde, behalwe die Air B/B koste wat teen die karavaan opweeg. Daar gaan dalk heelwat meer restaurant etes wees met die tent, Selfs n kom kofffie in die oggend is dit gasbottel en ketels buite in die wind en koue..

En dan kry jy toevallig slegte weer, en die hele spul is in sy mo&r met die tentvloer onder water.

Aan die positiewe kant gaan dit n absolute belewenis wees, en n storie vir eendag se stoepsit. Maar dan gaan ek Kgalagadi toe en kamp daar waar ek verplig is om die tent te gebruik.

Lekker gesprek Chris.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/04/2023 - 16:49

....om die tentkamp van Chris B aan my vrou te noem. Seg sy so ewe---dit kan lekker werk. Gooi my hele beker moerkoffie uit van verbasing. Sy sal 'n koepeltent op die grond verkies, eerder as 'n daktent op Grompie. 

Sit nou by 'n gazebo vir skadu, sit/eetplek, dan kan dit dalk werk. Tog, ek sal maar eers my ou Kavango saamsleep, vir daai gerief. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 16/04/2023 - 17:18

Tent kamp is ook ons voorland. 

Ons gaan eersdaags vir so lank as moontlik deur die land toer met die Classique en dan Namibië en Botswana met 'n canvas dome tent met lapa wat aan die tent vaskom. Alles alreeds aangeskaf. 

Daar is so baie mooi plekke wat ons wil besoek in ons buurlande wat nie met padkaravaan bereik kan word nie. Gelukkig is die Ford se canopy daarvoor ingerig. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 16/04/2023 - 22:01

.............moontlikhede te sien om 'n gerieflike karavaan-kamp in die Wildtuin te verruil vir 'n tentkamp en wat daarmee gepaard gaan.  Selfs al sou my gesondheid 'n tent-kamp moontlik maak, is daar geen manier dat ek dit eerder sou aanpak terwyl die Exclusive in sy mototorhuis bly staan nie. (Ek sou dit dalk nog oorweeg indien ek nie 'n karavaan gehad het nie).

Veiligheid is vir ons ook baie belangrik en daarom sleep ons slegs in daglig op nasionale paaie en oornag net by uitgesoekte, veilige kampeerparke. Uitputting word ook vermy en daarom sleep ons nooit verder as 500km per dag nie.

Omdat ons nooit gejaagd is tydens 'n sleep-sessie nie, geniet ek dit om te sleep, dis vir my lekker en beslis deel van my vakansie.

En dan, wat die Kruger Wildtuin se kampe betref, daar is nie 'n enkele kamp waarvan ons twee oues nie hou nie  -  ons het al by al die kampe gekamp.  Elke een het 'n uniekheid wat ons met opgewondenheid betower, ongeag of die wildlewe in die omgewing swakker is as by ander.  Dit is so dat by sommige kampe stel die instandhouding en versorging meer teleur as by ander, maar ons laat nie toe dat dit ons teveel ontstel nie en werk maar daar om. Volgende keer is dit dalk beter.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 17/04/2023 - 07:38

Ek het nie soseer ‘n probleem met tent kamp nie. Dis maar hoe ek altyd kampeer het totdat ek ‘n Venter Bushbaby gekoop het (wat nie lank gebly het nie omdat Salomien nie daarvan gehou het nie) en toe die Kavango. Nee wag ek jok, ons het in die Colt Trailbuster se kappie geslaap voor ons kinders gehad het. 
 

Wat my afsit van tentkamp is die gebrek aan ‘n bed. Ek sal op die grond slaap as ek ‘n ordentlike matras het, maar ‘n afblaasmatras val nie in die kategorie nie. Met my 1,98m lyf werk ‘n stretcher ook nie. Natuurlik raak mens bederf met die ander geriewe wat ‘n karavaan of ordentlike boswa bied ook. Ligte, ys/vrieskas, warm water by jou staanplek en ‘n kombuis met ingeboude stofie en eetgerei op hulle plek. Sleep is ‘n plesier vandat ek die Prado het, en ek het vrede gemaak met die brandstof koste. 
 

Ek sal egter die Bouchers se beplande tent toer met belangstelling volg. Ten minste kom hulle dan weer in die wildtuin. Terloops, besprekings vir Kgalagadi in April 2024 maak vandag oop. Ek het egter besluit om nie volgende jaar te gaan nie. Die skoolvakansie is te kort om ‘n sinvolle toer in te pas vir so ver vakansie. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 17/04/2023 - 09:02

Ek het laasjaar met n ou gesels wat van plan was om n Kaapse toer te doen oor Desember. Hy het toe uitgewerk hoeveel dit ekstra sou uitwerk met karavaan sleep teenoor tent. Hy reken dat hy solo so 11km per liter sou kry en met sleep so 6.5km per liter. Solo sou hy ongeveer 363 liter gebruik het teenoor die 615 liter met sleep.....verskil van 252 liter. 252 liter x R24 is R 6048. Eintlik skrikwekende verskil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/04/2023 - 09:15

.... dit is Neef wat genoem het dat jy die verskil in brandstofgebruik moet opweeg teenoor wat jou akkommodasie ekstra gaan kos as jy sou oorslaap in Lekkeslaap- of ander vaste akkommodasie. Die twee kanselleer waarskynlik mekaar uit. Of dalk kan vaste akkommodasie se koste jou selfs meer kos as jou brandstofbesparing - tensy jy ook oorslaap in jou tent.

Die drie kere wat ons met 'n tent in die wildtuin gekamp het (en twee keer in Kgagalagadi) was elke keer die spreekwoordelike "hemels".

Ek hoor wat Chris WH së van 'n afblaasmatras. Maar dêmmit, as daardie hoë matras (wat ons gebruik) nie sy naam gestand doen nie, slaap dit amper lekkerder as my bed by die huis. Op my huisbed, karavaanbed en afblaasmatras hang my 1.88 m lyf se voete ook maar oor. Maar ek het al aangepas daarby.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 18/04/2023 - 13:01

Voorie, ek het die twee tannies ontmoet, en ek se jou die eerste oogend wat hulle nie die haardroer kan aansit nie, is die romanse verby.devil

0
Worcester

Wildehont

Tue, 18/04/2023 - 14:46

Hulle sal maar safari hoedjies moet dra.

Bedoel jy pith helmets? 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 18/04/2023 - 17:23

... wat op 'n plaas grootgeword het, kan Ralie dit nogals geniet om dit bietjie te "rough it up". Haar ou "make-up" sakkie bevat gewoonlik net 'n lipstiffie. En weet julle hoe lekker ..... wag dat ek my bek hou. Amper vertel ek iets wat 'n afblaasmatras kan doen wat 'n gewone matras nie kan doen nie.

Maar sy sal my kwalik neem as ek meer vertel.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 18/04/2023 - 19:46

iets wat 'n afblaasmatras kan doen wat 'n gewone matras nie kan doen nie.

Pomp? 
 

Ek bedoel oppomp…

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 18/04/2023 - 20:26

... julle laat my lekker. Ek lees die insetsels vir Ralie voor. Sy dink julle is moers snaaks en geniet julle kommentaar.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 19/04/2023 - 08:12

Dalk n wind los?

En al die ander. 😂👏🏻👍🏻

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus