Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 hour ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -13 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -14 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 01/04/2025 - 14:52

As jy dit nog nie doen nie - gaan vir jou gereelde mediese ondersoeke. My buurman - op die oog af 'n fikse 66 jaar wat gereeld fietsry en selfs die onlangse (voorheen bekend as die) Argus fietstoer gedoen het, spog daarmee dat hy 22 jaar laas by 'n dokter was. Hy het vir homself 'n teiken-tyd gestel waarin hy die Argus wou voltooi, maar kon dit nie vanjaar regkry nie omdat sy bene bietjie lam geword het. Hy gaan toe op aanbeveling van sy dogter (en teensinnig) vir 'n mediese ondersoek waartydens daar onder ander bloed getrek is vir 'n verskeidenheid van toetse. Sy PSA-telling was 34. Klaablyklik is medici al bekommerd as dit hoër as 4 is. Om 'n lang storie kort te maak - hy't gevorderde prostaatkanker wat reeds na ander liggaamsdele versprei het - m.a.w. fase 4 kanker.

Manne (en ook dames) - gaan vir jou gereelde mediese ondersoeke. Dalk kan jy iets vroeg in die kiem smoor.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 01/04/2025 - 15:01

Dit klink my dat ek omtrent 'n Wimpy ontbyt kan "score" met die verlaging in dieselprys. Darem beter as niks.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 01/04/2025 - 15:26

Net soos Chris is ek al effe vooruit met werkies. Gelukkig vir my, het ek twee, ja twee, helpers wat help om wa van blokke af te haal en daarna die steadies op te lig. En dit terwyl ek hande gevou staan en kyk.devil

Op die oomblik, is dieselfde twee besig om eers met Handy Andy te was, daarna met shampoo. Intussen drink ek koffie koffie stoep.

Môre kom Jurgie werf toe, en dan sal ouma oorvat met die binnekant te suig met die K Archer. Ai, Duitse tegnologie op sy beste... Na dit sal ouma die kaste begin inpak, bed opmaak en yskassie vol stop. Ek sal in die tyd met Giep ń draai gaan stap om onder die hardwerkende se voete te bly. 

Môre aand kom my beurt... braai vir  ouma so paar hoendervlerkies om dankie te sê.  Darem ń glasie wyn ook. Sien, ek is darem nie so vreeslik lui nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/04/2025 - 15:29

Gou gaan loer, dis maar 86sent/liter vir 50ppm.

Dus op elke tenkvol [80l] is dit R68.80 besparing. die vraag is Chris, hoeveel tenke gaan jy uitry oor die volgende 4 maande. ??

Dan natuurlik as ek kyk hoe die olieprys opskiet, gaan die koste volgende maand moontlik alweer verhoog.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/04/2025 - 15:35

...ek het gewonder waarmee hou jy jou besig. moenie vergeet om Cruiser ook deeglik te was en poleer nie, dit doen wondere aan dieselverbruik.

'n Gepoleerde oppervlak bied baie minder atomiese weerstand aan partikels wat dit tref omrede die oppervlak weerstandsspanning dramaties verlaag is.laugh

O ja, die belangrikste ----'n gesprekslyn van julle kortstondige verposing/uittog na KarooNP. Ek wil lekker saamkuier. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 01/04/2025 - 15:46

Hier by ons teen die kus word 50 dpm diesel 90c per liter goedkoper. Ek het my aanname vir die Wimpy brekfis wat ek min of meer kan "score", baseer op 'n geskatte 2 000km van hier tot Klein-Kariba (via Hartenbos) teen 8.5km/liter. 

Soos jy tereg noem Wessel, mag ons dalk in Mei weer 'n onaangename verrassing kry as die prys weer styg. Ek slyp dus nie my tande vir laer pryse vir die hele trip nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 01/04/2025 - 17:39

Ek hou ook geduring die pryse dop.  Ai ek hoop tog hy bly daar onder.  n Brekkie hier en daar van Wimpy sal goed wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/04/2025 - 19:46

ek lees so vinnig die betoë van die Suid afrika mediese Raad teen die voorgestelde Nasionale Gesondheid inisiatief. Die volledige dekking is te vinde in die Citizen.

Wat my ontstel, en bekommerd maak, is dat die praktiese realiteit van die voorgestelde mediese skema dit totaal onmoontlik maak om te implementeer. Die teenkanting en probleme word so eenvoudig en netjies uiteengesit, en tog wil/kan die ANC dit nie insien nie.

As hulle maar net na logika wil luister voordat hulle 'n wildeperd opklim, wat ons Jan alleman gaan afgooi, wat toegang tot mediese sorg en fasiliteite aanbetref. Dit alles word ge-offer om politieke steun te verkry/herwin.

Die ergste is, ons kan weinig daaromtrent doen, of hoe??

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 02/04/2025 - 06:33

Die winter is so half ontydig hier. Gister heeldag ń misreentjie, gisteraand die duvet styf opgetrek.

Nou kyk ek op die langtermyn voorspelling, en dit wil lyk of Chris B se begin dalk nat kan wees.

Ons lyk my trek die 7de weg  droog, dan ń koue front met reen en so twee sonskyn dae na die naweek se kant toe. 

Gelukkig is die voorspellings, veral vir reen,  in die Karoo maar effe in die donker skiet. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 02/04/2025 - 06:45

Neef se opmerking het my nou laat kyk na YR.no se langtermyn-voorspelling vir Hartenbos. En dit wil voorkom asof ons Dinsdag en Woensdag behoorlik gaan natreën in Hartenbos.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/04/2025 - 17:21

Hou julle ook die oorsese koerante dop vir hierdie verwikkeling.?

Dit wil voorkom of 'n geweldige lugaanval beplan is, en binnekort gaan plaasvind op Iran se verskeie uraan/kern-aanlegte. Trompie moet net die teken gee, en alle hel bars los. Dalk besluit Israel om dit sommer alleen te  gaan doen.    

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 03/04/2025 - 18:11

Von het my vertel van die besigheid. Ek was vasgevang in die GNU en die begroting.

Vir ń start glo ek nie mens verkondig so luidkeels jou intensies nie, maar nou weer laat my terugdink aan ń " Shock and Awe"  belofte wat die VSA gemaak het, en toe ń moerse klomp bomme op leë geboue gelos het. Groot bek sê ek jou.

Vanmiddag stap ek soos gewoontlik, tyd om te dink, meestal stront, maar so vlugtig gesien ons beurs is hier by die 5% af agv eerstens die DA se verdomde hardegat houding. Het hulle nie twee breinselle om te weet dat politiek gee en neem is nie. Die bledie half persent BTW is fopol!! Die blote feit dat die begroting vanaf 2 na 0,5% onderhandel is. Was ń moerse wen, en... hulle sou baie steun gewen het. Nou is hul tande getrek. Assholes.

So tussen als deur bliksem Trump ook ons appelkar om. Sal moet sien hoe lyk die portifeulje einde van April. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/04/2025 - 18:52

...het klaar gekrimp vir Maart!!!! 

Volgens Business day om 17h00 het hierdie begroting bebat 'n koel 1 triljoen Rand net vandag uit die JSE geruk!!!!

Dit is rerig bekots-senswaardigsad 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 03/04/2025 - 19:04

Met enige rekanaar en my Lotus en HP 12 C moet ons maar life jackets aan trek.

Daar gaan my 24 pay checks.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 03/04/2025 - 19:52

Ai maters, en intussen is daar oorlogswolke in ń ander deel van die wêreld. " Batten down the hatches" soos Goeie hout aanbeveel.  

Hierdie gaan ñ baie interessante stuk wees om te sien uitspeel.  Lyk my Trump het op ń Chinese dr@l getrap. Sy planne is lang termyn filosifie, nie môre of oormôre nie. Twintig jaar seg ek jou. 

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 04/04/2025 - 05:54

Wil nie 'n                                      agtergeblewende wees nie en gaan ook nou  die Classique afstof. 

Ons kleinseun van Namibië kom op 'n rugbytoer saam met Windhoek Gymnasium  na Paarl einde April waar hulle aan 'n toernooi gaan deelneem. Sal vir die week by Bergrivieroord in Paarl gaan kamp. 

Sien uit daarna om die knaap te sien rugby speel en weer te kamp. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 06:44

....het jy dalk na die ander oord ook gekyk?? De Hollandche Molen of so iets. 

Ek ken nie een van die 2 tersprake nie, maar De Hollandsche Molen lyk net beter op webblad.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 06:56

... dis mos 'n lang trek vir 'n Ranger van Sedgefield tot in die Paarl, gaan julle êrens langs die pad oorslaap????laugh

Bontebokpark of Montagu om te oorweeg

Julle kan lekker deur Klein Karoo kuier, en met N2 om in ander rigting, vir die heen en weer. 

Maak soos Chris B en maak 'n maand toer van die rugby weeklaugh. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus