6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Swadini Januarie 2026.

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Nou ja, dit lyk of ek net kom inloer as ek verlee is, maar benodig julle hulp🤣

Ons ver kinders kom 16 Desember kuier, en die opgewondenheid loop baie hoog hier. Ons het hulle Januarie 2023 laas gesien toe ons daar was.

Sal nou graag wil weet wat is die beste roete om te ry vanaf  Middelburg, (tot Swadini) google wys 'n korter pad na Middelburg via Dullstroom met die R540, ek het altyd daai rigting via Nelspruit gesleep.

Ons gaan twee pad karavane wees, die naby kinders kom saam. Die idee is om Swadini 'n basis te maak, wildtuin te besoek en die omgewing aan die kleinkinders te wys. Dit gaan die Ausie kleinseuns se eerste besoek aan daai mooi wêreld wees.

Ek kan nie eers onthou hoe lank terug het ons daai pad gesleep nie, verseker meer as 20 jaar.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 08:25

Môre Johann, goed om van jou te hoor. Jy moet meer gereeld inloer. 

Die beste persoon om te antwoord, is sekerlik Rona wat op Dullstroom bly. 

Ekself het lanklaas soheentoe gery via Middelburg, of N4 om na Lydenburg, Origstad na Swadini. Die onlangse woonwa sleep soheentoe was met effe ompad. Ek het Pietersburg, Tzaneen, Gravellotte, Mica na Hoedspruit om gesleep. Daardie pad was toe in baie goeie toestand .

Ek sien toevallig op die ander [CP] forum is ook nou navrae oor padtoestande Swadini toe.

Julle moet Swadini en omgewing geniet. Daar is soveel besoekplekke daar rond, oupa se beursie gaan huilcrying 

NS: Kyk ook na opsie om N4 en dan met R36 na Lydenburg te ry. Ek het op ander forum indruk gekry dat die deel heel sleepbaar is. 

oorweeg/vind uit oor opsie om N4, Sabie met R539, Graskop, dan R532 tot voor Abel Erasmuspas te ry. Vra sommer by vakansie/kampeeroorde om Sabie en Graskop oor padtoestande.  

Vaalpark

Johann L

Mon, 03/11/2025 - 08:29

Is Peterburg nie 'n baie ver ompad nie?

Ja, ek hoop Rona sien my penarie raak🤣

Man ek is maar baie stil, ons het die jaar min gekamp en het dus nie veel nuus om te deel gehad nie, sal maar op die maand gesprekslyn so bietjie vertel.

Worcester

Wildehont

Mon, 03/11/2025 - 09:38

Ek het baie lank laas die roete gery - 2017 as ek reg onthou. Toe was die gedeelte tussen Dullstroom en Lydenburg in ‘n baie swak toestand, en in Lydenburg was die teer op die hoofroete deur die dorp rigting Ohrigstad bykans heeltemal weg. As daar nie intussen drasties ingegryp is nie sal ek die roete vermy en eerder via Tzaneen ry soos Wessel voorgestel het.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 10:12

Johann, ek het bietjie op Google kaarte gespeel. die pad N4 langs, dan R36 na Lydenburg ensovoorts is 70km korter as Pietersburg om.

Ek het sommer in beide gevalle Pretoria as vertrek punt geneem.

Vaalpark

Johann L

Mon, 03/11/2025 - 10:34

Ek sukel bietjie om google te verstaan, die tye maak nie sin nie.

Op die Polokwani roete gee dit twee tye aan, een op die hoof roete in blou, en een onder met baie langer tyd.

Roete
Die roete oor Middelburg is beide tye dieselfde 
Roete
Die rooi omsirkelde tye is wat ek nie verstaan nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/11/2025 - 11:08

Ek steur my nooit aan die reistyd van google nie, dit sleep nie woonwa nie. Ek vermoed daardie reistyd word bereken volgens teoretiese snelheidsperke op die roetes. 

google maak onderskeid tussen teoretiese tyd [kort], teenoor geskatte tyd gebaseer op heersende padtoestande, padwerke en verkeersvloei, of geen vloei.

Blykbaar moet mens die R36 tussen Tzaneen en Abel Erasmus pas vermy. dis hoekom ek die roete by Gravellotte om genoem het. 

Pretoria

Geert

Tue, 04/11/2025 - 06:48

Op google map het jy n eindpunt met n stop tussen in gemaak.....gemerk A. Die 4h14min is die tyd tot jou 1ste stop..  punt A. Die 5h57min is die totale tyd tot eindbestemming....stop A ingesluit 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/11/2025 - 06:57

...dankie vir verduideliking. Ou Google weet natuurlik nie hoe lank mens stop vir bene rek en eet nie.

Dit kan maklik 'n halfuur per diesel ingooi weeslaugh

Vaalpark

Johann L

Tue, 04/11/2025 - 06:59

Ja dit maak sin, baie dankie vir die verduideliking. Nooit daaraan gedink nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/11/2025 - 17:20

Johann, wanneer is julle geboek by Swadini?? Ek hoop julle kan vroeg intrek, en lekker koeltebome kry. 

As julle in blok A, naaste aan restourant, tennisbane en swembaddens staan, het mens baie verkeer om jou. Ongelukkig raak dit vêr om te stap as mens in blok E en F staan, maar dis minder verkeer en voete om jou. 

Gaan julle plek hê om eie fietse saam te neem vir die kinders? My seun het my grys gemaak daar. Ek het hom met fiets bo by die damwalk gaan aflaai. Dan het hy met 'n moerse spoed terug gevlieg tot in kamp.

Onthou ook eie rakette vir die tennisbane.

As ek reg onthou, bied jeuggroepe programme vir die kinders aan. 

Vaalpark

Johann L

Wed, 05/11/2025 - 06:51

Wessel, ons gaan Saterdag 03 Jan 26 in en staan daar tot 09 Januarie, die Ausies is 5 mense en ons twee in my kar. Daar gaan nie fietse saam nie, spasie gaan baie knap wees.

My dogter-hulle hier van Sasol gaan met hul karavaan met skoonseun se dubbel kajuit bakkie en karavaan, hulle is self 4 mense. Ek gaan doen wat ek haat om te doen,  alles wat altyd in my kar gaan, gaan die keer in die karavaan moet gaan (Tente, skoon drink water, ysmaker ens).

NB. Ek het juis die Saterag gekies om in te gaan, verkeer terug suide toe gaan daai Sondag baie rof wees. Alles is bespreek en betaal, ons moet net opdaag.

Weet nie waar ons gaan gaan staan nie, Swadini is "first-come-fisrt-serv" jy kan gaan staan waar jy wil of plek kry🤣

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/11/2025 - 07:17

...is natuurlik daar beskikbaar, teen 'n prys. Jy kan pakplek spaar as jy daar koop, maar....

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 12/11/2025 - 21:04

Bietjie laat, maar ek neem kennis van die penarie waarin jy jouself bevind....of eintlik is dit nie so erg as wat jy voorgee nielaugh Met soveel vooruitsigte kan die beplanning net lekker wees.

Die roete waaroor jy navraag doen -  ons het 7 jaar gelede vanaf Buffelspoort die pad oor Dullstroom/Lydenburg/Ohrigstad.....gery na Swadini. Tussen Lydenburg en Ohrigstad was die pad feitlik onrybaar. Dit het ons laat besluit om die Pietersburg-roete huis toe te neem. Dit is nou baie jare later en ek het geen idee wat die padtoestand tans is nie.

In hierdie stadium lyk die Pietersburg - aanbeveling na die veiligste opsie. Ek is nie seker waar om te gaan aanklop nie, maar indien ek meer inligting kan kry sal ek laat weet. Geniet die uitsien.

 

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/11/2025 - 17:17

Rona, lyk my ek gaan maar Nelspruit om ry, ek ken darem daai pad. Net gewonder of Dullstroom (volgens google) korter is, maar klink maar swak toestand.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/11/2025 - 18:49

Johann, jy oorweeg seker nie om van Nylstroom of Naboomspruit in oostelike rigting te sleep nie. Dis 'n groot deel die ou Lebowa. Die R37 gaan jou oor Burgersdorp neem. Dan sluit jy elkgeval by Ohrigstad by R36 aan. Dis daai deel van Ohrigstad tot by Swadini wat onder verdenking is.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/11/2025 - 20:31

... is daar net een roete om relatief sorgvry tussen Gauteng en Swadini te ry. En dit is N1-langs tot Polokwane, vandaar R71 via Tzaneen en Gravelotte. Dan via Mica en Hoedspruit na Swadini. Die hele roete, minstens tot Hoedspruit, is 'n goeie "sleeproete". Dalk langer as ander roetes, maar uit en uit die moeite werd.

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 14/11/2025 - 08:03

Sjees, dit was een groot vinger fout, ek ry altyd Nelspruit om, weet nie waar kom Nylstroom vandaan nie.🤣

Chris, my dogter (hier in Sasol) gaan die eerste keer langpad sleep, die ouman is gespanne vir hulle part. 

Weet iemand hoe die pad vanaf Nelspruit lyk, ek het nou "Waze" af gelaai, blykbaar 'n goeie toep?

Pretoria

Geert

Fri, 14/11/2025 - 08:10

Miskien afrit vanaf N4 neem wat Sudwala grotte toe gaan en via Sabie

Vaalpark

Johann L

Fri, 14/11/2025 - 08:20

Dit klink soos ek baie jare terug gery het. Baie moontlik dat ek ook daai pad moet ingedagte hou by beplanning. Dankie vir die voorstel.

Ons ry op 'n Saterdag, so die pad behoort stil te wees.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/11/2025 - 09:26

Johann, ek het al soveel negatiewe insidente gehoor van die Bosbokrandpad, dat ek veel eerder 'n kans sal vat met 'n pad wat dalk slaggate mag hê.

As jy nie die Pietersburg opsie wil oorweeg nie, kyk na die volgende ene;

Ry N4 en neem R37 na Sabie

neem daar die R532 verby Graskop, Gods window, potholes tot waar aansluit by R36, net voor my tonnel [Abel Erasmus pas]

Vandaar na Swadini is dan nie vêr nie.

Die pad is ongelooflik natuurskoon mooi.

Julle moet maar net Abel Erasmus in 2de rat teen kompressie ry. Hy is so in 2 steil trappe baie steil af. O ja, moenie stop by die Strydomtonnel nie, behalwe as jy paraat is, en jou hond met die 15 koper tande byderhand het.   

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus