6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Stargate

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Gisteraand hierdie een afgeneem.  Een van my gunsteling "clusters"  omdat die form amper soos 'n mensegemaakte initiatief lyk.

"The Stargate Asterism or Stargate Cluster is an asterism in the constellation Corvus consisting of 6 stars, also known as STF 1659. The stars form vertices of two nested triangles, resembling a portal device featured in the Buck Rogers science fiction TV series."

stargate

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 23/06/2017 - 12:23

Dit lyk soos 'n dubbel ster.     Die ster se naam is HIP 61449.     Ek probeer nou nog verder inligting kry oor hierdie dubbel.

Verskillend tipe dubbel sterre:

1.  Optical Double -  party lyk maar net of hulle bymekaar is maar  kan geen verhouding met mekaar he nie.

2. Visual Binary -  dit is 'n dubbel sterre wat gravitasie op mekaar uitvoer en is hulle dus bymekaar. 

 

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 23/06/2017 - 12:25

Sien jy nou Voortrekker, ek het nog altyd vir die wyfie gese Aliens bestaan, en hier is die bewyse.

Daai is n reghoekie aan die onderste ster, sulke goed kom nie in die natuur so voor nie. Daai kan net n megastructure wees wat deur Aliens gebou is!

Groete

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 23/06/2017 - 12:31

Hi Voortrekker, onthou jy Buck Rogers se robot,

Hy het altyd ite gese soos:

Bidi bidi bidi, Buck hier kom kak! LOL!

Centurion

Voortrekker

Fri, 23/06/2017 - 12:45

GESIE, dit is mos nou nie iets wat 'n mens kan vergeet nie of hoe?    Ek onthou dit so goed, dink later het Buck altyd Saterdae middae gewys.  Dit was altyd roetine en tyd om met hotdogs voor die TV te sit en kyk na Buck en Bidi se avonture.

Ek het al so baie keer gewens dit kan weer uitgesaai word.   Saam met die oorspronklike Battle Star Galactica!

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 23/06/2017 - 12:57

Ja, daai lekker Sci-Fi van ouds, kon nie wag vir die uitsendings nie. Oor die jare kon ek dit nooit ontgroei nie, en is steeds verslaaf aan space drama`s. Andromeda, Firefly(Serenity) en nog baie ander wat redelik meer onlangs was, het nie n episode gemis nie.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/06/2017 - 13:45

Spekkies, nee man in ons ou topies se dae was daar nie goed soos TV nie, in elk geval nie in die RSA nie!

Ons het in die bioskoop Saterdae midae vir Roy rogers en Zorro gaan kyk, dit het 'n sixpence gekos, vir die jonger geslag wat nie van pennies geken het nie, 'n sixpence is 5c.

Leker dae gewees, jy het jou met Raleigh dikwiel bike met 'n 3 speed [as jou ouers ryk was] anders 'n dikwiel met back paddle brakes, fliek toe gery. Jou fiets buite die fliek staangemaak sonder om te sluit, as jy uitkom was die fiets nog steeds daar.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus