Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -9 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -30 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -51 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -54 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

WEES BABBELAAS SE BAAS:

Pretoria
Submitted by Slowstrike on Tue, 15/08/2017 - 07:57
Forums

 

Moenie 'n lunsriem of 'n Jannie-jammergat wees en na jou naaste Wimpy toe sluip as jy die vorige aand te veel gedrink het nie. Man up en veg terug met jou eie medisyne met hierdie omeletresep wat verfyn is na jare se toegewyde drink.

Wees nou maar eerlik, nes jy nooit na 'n rokerige kroeg gaan om geslaat te word nie, begin jy ook nooit drink met die idee om die volgende oggend baie goor te voel nie.

En tog gebeur dit meer kere as wat jy sou wou verkies. Deur die jare het jy seker al soort van vrede gemaak hiermee. Wel, daar is goeie nuus: As jy hierdie omelet - die Jakes Babbelaas Buster Omelet* - eet, sal jy perdalks jou babbie kan baasraak.

Die geheim lê in die biltong. En 'n paar ander klein dingetjies. Kom, laat ons jou wys hoe.

Jy het nodig:

'n Pan met 'n deksel
Twee groot eiers.
Gekerfde beesbiltong
Cheddar-kaas (Gouda is vir ouens met ponytails wat nog by hulle ouers bly en heeldag gaming doen).
Tamatieskywe
Italiaanse kruie (Robertson se Italian Herbs werk goed)
Bovril, Oxo of Marmite (opsioneel)

Só maak jy:

1. Braai die gekerfde biltong in 'n pan. Beesbiltong werk lekker, maar enige biltong sal die ding doen. Wanneer jy die beesbiltong braai, ontsluit dit 'n lekker geurtjie. Die woord "ontsluit'' is baie prentsieus, maar dit beïndruk chicks so die doel heilig die middele.

2. Neem die twee eiers en skei die gele en die eierwit. As jy dit nie kan uitfigure nie. gaan bêre jou karsleutels, handig jou braaitang in by jou plaaslike polisiestasie en gee jou powertools vir die meisie langsaan, want jy is nie lekker nie. En bly weg uit die kombuis! Klits nou die eierwit apart totdat dit lekker skuim. As dit klaar is, gooi jy die eiergele by en klits vir nog 'n rukkie totdat dit goed gemeng is. Wanneer jy die eierwit apart klits, het jy 'n meer "fluffy'' en pofferige eiermengsel - en uiteindelik omelet. Doen dit en sê agterna dankie vir Wateetjy.

3. Gooi die gebraaide biltong in die geklitsde eiermengsel en gooi dan die hele spulletjie in die warm pan. Sorg dat die hitte laag is, anders gaan die omelet brand. Sit dadelik die deksel op sodat die hitte die omelet ook van bo af kan gaarstoom. Dis een van die geheime van dié omelet: Die biltong is ín die eier, nie bo-op nie. Die Spanjaarde maak 'n soortgelyke gereg wat hulle Tortilla de Patatas noem. Hulle gooi allerhande goed in die eier, van ham tot aartappels.

4. Na 'n minuut of so haal jy die deksel af, pak die tamatie op die omelet, gooi gerasperde cheddar bo-oor, "sprinkel" (chicks is mal oor sulke woorde) die Italian Herbs bo-op en sit die deksel vinnig terug.

5. Na 'n minuut of twee sal die kaas mooi gesmelt wees. Gebruik jou gesonde verstand - as die eiermengsel nog rou lyk, is dit omdat dit, wel, nog nie gaar is nie. Wag dan nog 'n minuut of twee en kyk of dit gaar is. Die deksel bo-op sal help dat die eier gelyk van bo en onder af gaar word.

6. Staan terug soos 'n legende, maak oop die deksel en skep die omelet uit met 'n spaan. Probeer om dit nie op die vloer te laat val nie, want jy gaan soos 'n gek voel.

As jy Bovril, Oxo of selfs Marmite het, kan jy dit bo-op die omelet smeer vir daai ekstra vleis- en soutsmaak. Dis goed vir jou babbelaas. Eksperimenteer met hoeveel daarvan genoeg is, want te veel is ook nie slim nie. Altans, nie slim soos jy die vorige aand was nie.

Centurion

Voortrekker

Tue, 15/08/2017 - 08:54

Hehe, nee dankie, ek suip liewer die babbelaas weg??

Hahaha -   ja ek lees en lees en wag om te sien wanneer kom die bottel alkohol ook by die resep in?  Maar daar kom toe niks nie -   dis toe wat ek besef die resep is "legit" en skuif hom toe na die kamp kombuis toe.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 15/08/2017 - 08:58

Anton

Ek het nog net by my vrou gekuier toe my hare ook al redelik lank beginne raak het (`n ponytail was `n gedagte in die agterkop) Kuier ons eendag by die 19e putjie na `n lang dag se moer soek en vloek toe `n knaap met so lang poniestert `n nare aanmerking maak oor my toe aanstaande skoonpa.

Die oukêrel het hom so aan die poniestert beetgekry na my gekyk en hardop gesê " As die ding kleintjies kry wil ek `n tefie hê" Met my volgende kuier was my hare mooi kort en die oukêrel heelwat vriendeliker. En dit was 30 jaar gelede !!!

 

 

Groetnis

Dankie Slowstrike, gaan hom traai want die naweek is ek weer op my nuwe scoot om die Limpopo bos te herontdek.

Tref dalk net n bottle Captain daar in die bos...

Port Elizabeth

Antie

Tue, 15/08/2017 - 09:21

Dit lyk na 'n moewiese lekker omelet daai.   Babelaas of nie, hom gaan ek maak!   Die metode klink na 'n wenresep!   Bacon stukkies ipv biltong sal ook werk.   Die rou tamatie bo-op sal ek dalk vervang met  soet chilliesous.   Dankie Slowtrike.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 15/08/2017 - 09:40

Ek kan nie kosmaak nie en weet ook nie hoe voel babelaas nie, maar ek moet sê, die resep lees baie lekker !

Resep reeds gedruk, aan mev. Sjef oorhandig en bestelling geplaas  -  gaan beslis nie wag vir 'n babelaas om die omelet te probeer nie !