Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 minute ago
Lyk na heel aangename oord Umfula Geert -10 minutes ago
rondsoek vir diesel ??? Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 minutes ago
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -2 hours ago

Ons driehoek-toer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos reeds op ander gesprekslyne genoem, gaan die Boucher's op 'n "driehoek-toertjie" gedurende Mei. Ek noem dit 'n driehoek-toer omdat die beplande roete min of meer 'n driehoek vorm. Hier van die huis-af is dit eers so te sê reguit oos tot by Ebb & Flow by Wildernis. Daarvandaan noordoos tot by die Bergkwaggapark en vandaar so te sê reg wes tot by Karoo Nas Park alvorens ons suidwes-waarts terugkeer huistoe.

Ek tob nog die hele tyd of ek nie Bontebokpark ook by die toer moet insluit nie. Ons is vanaf  Sondag 7 Mei by Ebb & Flow bespreek waar ons vir al drie nagte 40% afslag kry. Sou ek egter die voorafgaande Vrydag- en Saterdagaand in Bontebokpark oorbly, gaan ek vol-tarief van R1 560 per nag betaal. Sou ek besluit om my 69ste verjaarsdag in dié park te vier, sal ek darem 40% afslag kry vir Donderdag 4 Mei. Terloops, ons kry vir 2 van die 3 aande by Bergkwagga 20% afslag en vir 2 van die 3 aande in Karoo ook 40% afslag.

Maar vandag sien ek toe op die forum "anderkant die draad" dat iemand navraag doen namens haar suster oor die moontlikheid om 'n vakansie-woonstel in Groot-Brak te adverteer. Om 'n lang storie kort te maak, ek het nadat die eienaar foto's en videos gestuur het van die woonstel, besluit om my 69ste in Groot-Brak te gaan vier. Ons is nou vanaf 4 Mei vir 3 aande bespreek in dié woonstel @ R800 per nag - darem aansienlik goedkoper as Bontebokpark en in 'n deel van ons land waarvoor ek baie lief is.

Brackenfell

HennieBo

Wed, 24/05/2023 - 12:50

Reg oorkant Paddagang Restaurant se uitgang. 

Ek het die grootste bottel rooi vanaf Paddagang in my besit. Al 'n hele paar jaar oud en slegs vir vertoon. Sal dit gladnie oopmaak. Dit is omtrent 3L. Sal bietjie kyk as ek later by die huis is. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 24/05/2023 - 15:10

... ek sien die bankgebou en die huis in Kerkstraat in my geestesoog. Die bank was in my kinderdae aanvanklik die Bolandse Eksekuteurskamer wat later Boland Bank, toe Boland PKS en uiteindelik deel van Nedbank geword het.

Ekself het vir sowat twee jaar tydens my laerskooljare in Kerkstraat gewoon - pastoriekant van Monbijou, die enigste dubbelverdieping in Kerkstraat. Dit was egter voor die aardbewing en die restourasie van Kerkstraat. My ouers het die huis gehuur voordat hul die huis van my laaste Tulbagh-jare teen die bult, op pad Wolseley toe, gekoop het.

Paddagang se huis was een van my speelplekke. Een van my groot maats, Herman Louw, het daar gewoon. Paddagang is ook eers na die aardbewing deur KWV as een van die organisasie se sogenaamde taphuis/restaurante omskep. 

Ek't nie geweet dat jy en Martie het ook 'n bietjie "Tulbagh-ervaring" nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/05/2023 - 14:51

'n Bietjie (vir sommiges nuttelose) inligting. Ek het volgemaak met diesel in Caledon op die dag wat ons vertrek het en weer daar volgemaak met ons terugkeer. Die koöp se diesel is aansienlik goedkoper as hier en dit is slegs 0ngeveer 40 km van ons af tot Caledon.

My brandstofverbruik tussen die twee genoemde kere wat ek volgemaak het, het uitgewerk op 11,67 km/liter, oftewel 8,57 l/100 km. Ons het 'n totale afstand van 2 547 km (uit en tuis) afgelê.

0

Jy is reg Chris. Ek was juis daardie tyd in Tulbagh verander het van Boland Bank na PKS Bank en toe Boe Bank. As jy uit Tulbagh ry na Wolseley is daar 'n huis bo op die bult aan die linkerkant. Dit het 'n helse groot erf gehad. Toe ons in Tulbagh kom het ons eers daardie huis by 'n boer gehuur. Lekker groot huis gewees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/05/2023 - 16:26

Daardie huis was aanvanklik oom Pieter Spes Bona (Pieter Theron van die laas Spes Bona) s'n. Hy't dit laat bou toe hy aftree en dorp toe trek. Sy seun, Pierre, het toe aangegaan met die boerdery en dit is waarskynlik hy wat die huis aan julle verhuur het na sy ouers se dood.

My ouerhuis was ook teen daardie einste bult maar laer af, aan die regterkant. Soos wat jy Tulbagh-Weg (stasie) toe draai, net nadat jy deur die duik gery na Tarzan skoenfabriek, was dit die tweede huis van die hoek af. Op daardie hoek woon 'n ou skoolmaat van my (Pierre Carstens) wie se seun, skoondogter en twee kleinseuns tragies doodgebrand het in die brand van twee jaar gelede in die Kalahari. Pierre was sekerlik in julle tyd gesondheidsinspekteur by die munisipaliteit.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 26/05/2023 - 06:38

Die bottel vanaf Paddagang, wat ek vroeër genoem het.

Die fotos wys ook die verskil tussen 'n gewone grootte en die spesiale bottel.

rooi

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/05/2023 - 08:18

... daardie etikette met die onderskeie paddaname is deur die nuwe eienaars, 'n klompie Tulbaghiete, begin nadat hulle oorgeneem het by die KWV. Na my mening was dit 'n baie oorspronklike idee. Ekself het slegs een keer in Paddagang geëet - nog in die dae van KWV. Ek het maar net gehoor van die paddaname op die wynetikette. Daar was (of iz) ook o.a. 'n "Platanna".

Met die eerste SA "Big Brother" kon die deelnemers elk twee bottels wyn saamneem. Ferdinand Rabie, die uiteindelike wenner, het mos toe twee van daardie groot bottels saamgeneem, want volgens hom het die organiseerders nie uitgestippel hoé groot die bottels mag wees nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 26/05/2023 - 09:29

Ek het maar net gehoor van die paddaname op die wynetikette. Daar was (of iz) ook o.a. 'n "Platanna"

So bietjie geskiedenis. Ek glo nie ek sal sommer die bottel oopmaak nie. Daar is darem heelwat voggies daar in. 

0

Brings back memories. Ek het vir Pierre Carstens baie goed geken ja. Baie tragiese gebeurtenis gewees. Dit is hoeka Piere Theron wat die huis aan ons verhuur het. Ons het darem nou jou "Driehoek-toer" verslag goed opgeneuk. Sorry.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/05/2023 - 10:28

Of dit nou op hierdie gesprekslyn - maak nie saak nie. Dit is lekker om bietjie oor my grootworddorp te gesels

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/05/2023 - 13:34

.... drink daai bottel man!!!! Jy wil dit bêre, maar dit gaan mettertyd smaak verloor, of suur word. 

Jy kan altyd mos 'n paar vriende nooi vir 'n braai, en die bottel laugh 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 26/05/2023 - 13:56

.... drink daai bottel man!!!! Jy wil dit bêre, maar dit gaan mettertyd smaak verloor, of suur word. 

Die Yard Voorman slaan my tande uit., en sy love haar rooi wyn. Ek dink dit is in elk geval al suur. Sal dalk oopmaak as ons onder in die Kaap is. Ons beplanning is op dreef.

Jammer ChrisB vir die besoedeling van jou draad. Gelukkig is hier wyn betrokke waarvan jy ook hou.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus