Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande.
Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣
Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende
Ons het ook al
Ons is 3 en kon net n 2bed hut kry. Hulle het dit toegelaat om 3de persoon daar in te boek....moes net self vir stretcher of matras sorg. Jy betaal vir die ekstra persoon. Jy moet dit direk met kamp reel....nie via Sanparks nie
Toe die kinders jonger was het ons al by Letaba en Satara in ‘n drie bed hut geslaap. As mens aanlyn besprekings maak kan jy dit egter nie doen nie. Die stelsel sê net jy oorskry die kapasiteit van die eenheid en laat jou nie toe om ‘n bespreking te maak nie. Ek sal nie vier slaap en net vir drie betaal nie. Dis waarom ek toe maar ‘n staanplek by bespreek het. Ek het net aanvanklik vergeet daarvan toe ek vanoggend na die bespreking kyk. Dalk slaap ek sommer in die wa daardie laaste aand, dan kry ek ten minste ‘n goeie nagrus voor die lang dae terug Worcester toe.
Toe ek klein was, het ons wildtuin toe gegaan met ‘n kombi. My pa het die middel bank uitgehaal, en ‘n bank teen die regterkant gebou tussen die bestuurde sitplek en agterste bank. Daar het my broer geslaap. My sussie het op die agterste bank geslaap en ek op die enjin. My ouers het in ‘n hut geslaap en my pa het betaal vir ‘n kampeerplek vir ons drie.
nuwe kernkragsentrale
Ek sien nounet dat regering binnekort tenders aanvra vir 'n 2500MW kernkragsentrale. die vooruitsig is om dit in 2033 inbedryf te stel.
Ai tog, die optimisme verstom my, maar ek hou van die idee. Ek wens ek kon hulle adviseer oor wat om te koop. Verkieslik die nuwe generasie gasverkoelde korrelbed reaktore. Dit kan enige plek in land geplaas word om transmissie te vergemaklik.
Dis so donners hartseer, die tegnologie is plaaslik verfyn en verbeter, en daar word die projek gestop. Die meeste van die jonger kundiges is oorsee, en die oumanne wat tuis gebly het, kamp nou permanent. Die kans is goed dat ons, ons eie tegnologie uit die buiteland gaan aankoop. Ek kan hier vir etlike bladsye sit en postuleer oor scenario's, maar dit mag vroegtydig wees.
Die verwikkeling sal mens moet dophou. Ek sien 'n Russiese groep is ook betrek om weer Mosgas [?] aan die gang te kry.
Grootwind: Wat sien jy in jou glasbal??
Korrelbed reaktor
Middag vriende
Vir die wat sou belangstel, gaan lees asb op internet oor die firma X-Energy met visie presidente Eben Mulder en Martin van Staden, uit onse land.
Op die blad, klik op Triso-X fuel om meer info te kry oor die Uraan korrel as brandstof.
Lekker lees
Sandveld Natuur Reservaat
Het iemand onlangs by Sandveld Natuur reservaat gekampeer? Dis by Bloemhof dam. Sal graag wil weet hoe veilig is dit daar
Soek oornag plek Orania toe
Hi Wessel. Ons wil met die N12 na Orania ry. Het oorspronklik gedink om een slag deur te ry, maar as ons veilige oord kan kry so halfpad, wil ons oorstaan. Die terugvoering wat ek elders gelees het, is dat ablusie nie so wow is nie, maar vir oornag wil ek meer weet oor veiligheid. Wil nie vakansie met n insedent begin nie
Bloemhofdam omgewing
Ek het jou soos 'n oop boek gelees. Die drie plekke mag dalk 'n baie goeie opsie wees as oorslaapplek langs die N12. Indien enige van die 3 plekke veilig is, is dit 'n ideale punt vir oorslaap.
Vandaar is Orania, Ritchie binne tref afstand vir dag 2. Mens kan dalk nog sleep tot by Kambro padstal.
As dit skoon en veilig is, sal ek dit defnitief oorweeg om al die pad N12 te sleep volgende jaar tot by KarooNP, via Mokala.
Dek Caravan Parks Sa dalk die oorde??
En die kaders vryf hulle hande
dat regering binnekort tenders aanvra vir 'n 2500MW kernkragsentrale. die vooruitsig is om dit in 2033 inbedryf te stel.
En Putin glimlag breed…
Wessel - Bloemhof
Al terugvoering wat ek sien is van een persoon wat noem van ablusies van Sandveld wat nie op standaard is nie. Rede seker omdat dit nie onder privaat bestuur is nie, maar onder Vrystaat regering. Hy noem niks van sekuriteit nie, wat vir my belangrik is. My vermoede is dat as daar nie veel asndag asn ablusies gegee word nie, sekuriteit ook dalk nalatig mag wees?
Bloemhof natuur reservaat word onder Noord Wes provinsie bestuur, maar ek kry geen terugvoering oor die plek nie
Kernkrag planne...
In reaksie op Wessel se plasing....
- 'n Paar feite rondom kernkrag:
- Meeste van die maters hier weet dat beide ek en Wessel in die kernkrag wereld werksaam was, Wessel by NECSA (Pelindaba buite Pretoria) en ek by die korrelbed modulêre reaktor projek (beter bekend as PBMR). Lg. projek was 'n eerste vir die land wat die ontwikkeling van 'n nuwe ontwerp aanbetref (Koeberg is steeds die enigste kernkrag aanleg in Afrika, maar was rondom 1985/86 in bedryf gestel, dit was 'n drukwater reaktor ontwerp ontwerp en gebou deur die Franse Fromatom firma). Die korrelbed reaktor is klein en modulêr, maw mens kan 'n aantal eenhede saam bedryf asof dit 'n enkele groot eenheid is (bv. 'n sg.
- "4-pack", 6-pack" en sovoorts met gepaardgaande ekonomiese voordele. Oom Zumpie se regering het dit goedgedink in 2010 om die projek te sluit na sowat R9.2 miljard gespandeer was en ons op die punt was om die eerste eenheid op die Koeberg terrein te bou; die brandstof ontwerp was deels my afdeling se werk, so ons het nou saam met Wessel se mense gewerk - die eerste plaaslike korrel brandstof is by Pelindaba rondom 2009 vervaardig en in die VSA getoets, dit maak SA een van slegs 4 lande wat die soort gevorderde barndstof self kan (kon!) vervaardig. Met die sluiting van die projek het baie mense uit die sowat 2000 wat daaraan gewerk het, of ander goed gaan doen (soos ek), of buiteland toe verkas (dis waar Eben Mulder en kie betrokke geraak het by X-Energy. As SA die pad sou loop van 'n korrelbed reaktor (deesdae ook bekend as 'n SMR, oftewel Small Modular Reactor, of HTR, oftewel High Temperature Reactor ) is ek bevrees ons sal geen ander keuse hê as om basies ons eie intellektuele eiendom ten duurste terug te koop van of die Amerikaners of die Sjinese....
- Vergelyking tussen die meer konvensionele reaktor is dat hulle tipies of drukwater (pressurized water) of kookwater (boiling water) ontwerpe is (daar is nog meer tipes maar hierdie twee is die mees algemene). Koeberg is 'n drukwater ontwerp terwyl bv. die wat by Fukusjima in Japan staan kookwater ontwerpe is. Hierdie is gewoonlik groot bulle, bv. elke Koeberg eenheid lewer sowat 980MW elektriese energie (nuwer ontwerpe is tipies sowat 1100 MW elektries en selfs meer soos die Suid-Koreaanse ontwerp wat 1400 MW elektries lewer. Hierdie is almal ook lae temperatuur ontwerpe (sowat 300+ Celsius). Nadele is dat hierdie ontwerpe altyd naby 'n standhoudende waterbron gebou moet word soos 'n oseaan, dam of groot rivier.
- SMR ontwerpe aan die ander kant is hoë temperatuur , tipies sowat 1000 Celsius, en is meestal gas verkoel ipv water (in ons korrelbed geval is Helium gebruik as verkoeling). Terwyl ontwerpe soos Koeberg 'n sg. "meltdown" kan ervaar waar die reaktor sal oorverhit sou die verkoelingspompe ingee en die brandstof smelt - dis 'n groot gevaarlike en lang-termyn gemors soos bv Fukusjima, Chernobyl en Three Mile Island bewys het - is die korrelbed ontwerp inherent veilig waar, sou die Helium sirkulasie stelsel gaan staan, die fisika van die ontwerp die brandstof beskerm met geen/min nadelige gevolge. Die Duitsers (vaders van die korrelbed idee) dit bewys het deur doelbewus die Helium sirkulasie af te skakel.
- Bostaande is 'n oorvereenvoudigde beskrywing maar ek dink dit gee julle 'n idee. Daar is baie maklik leesbare inligting op die 'net beskikbaar vir die wat belangstel
- Die werklike gemors tans met kernkrag in die land...
- Eskom het basies geen tegniese en projek bestuurs vermoeë meer oor nie. Dis duidelik uit die gemors wat ons as Medupi en Kusile steenkool kragstasies ken. beide projekte is steeds nie 100% voltooi nie, is reeds meers as 8 jaar laat en reeds rondom 2 keer oor begroting (elkeen was veronderstel om rondom R80 miljard te kos en is nou reeds R150 miljard verby). Die konstruksie standaarde is 'n gemors (bv. die skoorsteen van 3 eenhede by Kusile het in Oktober 2022 inmekaar gestort - sekere bestuurders het blykbaar ingenieurs ge-ignoreer, die kaders weet mos altyd beter! In tussentyd is meeste van die ou kragstasies al verby hulle lewensverwagting en word kwalik onderhou....soos 'n kader so voertuig, onderhoud word slegs gedoen as dit breek!
- Ekstrapoleer nou die prentjie na karnkrag toe. Dis lagwekkend dat die minister van donkerte reken dat nuwe kernkrag stelsels slegs 10 jaar gaan duur om te bou...die ou weet duidelik bitter min van al die veiligheidstandaarde wat nagekom moet word (en dit kan nie maklik omseil word nie, die internasional atoom energie agentskap gesetel in Wene Oostenryk ("IAEA") dwing hierdie goed af saam met ons eie Kernenergie Reguleerder, oftewel NNR wat ook nog darem redelik presteer. Wessel sal weet van al die inspeksies wat gereeld deur die IAEA gedoen word. Maar om terug te kom na die punt...as daai mense wat so "goed" presteer by Medupi en Kusile op 'n kernkrag projek losgelaat word hol ek weg...die mees waarskynlike terreine vir sulke projekte sal Koeberg en Thyspunt naby St Francis Baai wees. Maar voordat enigiets kan gebeur moet al die omgewings goedkeurings gedoen word, en as die woord kernkrag genoem word kan en sal daar heelwat hofsake wees wat minstens 10 jaar tot die skedule gaan voeg, weet ons was daardeur met die korrelbed projek. Daarmee saam is kernkrag projekte berug vir die tempo waarteen koste en skedule groei.
- As mens na die politiek van die ding kyk, die ou aanspreeklik vir kernkrag in die Dept van Energie het by PBMR gewerk, ek ken die ou en sal liewers niks verder sê nie. Met so 'n projek saam kom grootskaalse kader ontplooing en sekerlik korrupsie...as hulle die Russe nadersleep is dit nog 'n rede om weg te hardloop.
- Ongelukkig is kernkrag, indien deur kundiges bedryf, uiters veilig en "skoon". Maar dis ook vreeslik onvergewensgesind as nie-kundiges hulle vingers daarin druk. Meeste van ons kundiges is of landuit of afgetree soos ekke en Wessel.
- Wat koste aanbetref...
- Die minister van donkert sit ook die bal mis met sy koste berekeninge. Kernkrag se bedryfskoste nadat die aanleg gebou is is heelwat goedkoper as 'n steenkool kragstasie, maar die groot geld word uitgegee tydens bou van die aanleg aangesien alles aan duur en komplekse veiligheidstandaarde moet voldoen, daarna is dit hoofsaaklik onderhoud met brandstof wat slegs elke sowat 18 maande Koeberg) vervang word of 6 jaar (korrelbed), terwyl 'n steenkoolstasie deurlopend steenkool verbrand. Maar dan kom daar die weggesteekte koste. Daai gebruikte kern brandstof moet veilig geberg word. Tans word alle gebruikte brandstof van Koeberg op die terrein in sg. "cooling ponds" gehou om radiologies "af te koel". Ons het nerens anders daarvoor nie...Safari se gebruikte brandstof dink ek word op die Pelindaba terrein gehou (Wessel kan bevestig). Die kern afval terrein by Vaalputs is slegs vir lae en medium graad kern afval sodat gebruikte brandstof wat as hoë graad afval (maw dis radiologies baie "warm") nie soontoe vervoer kan word nie. Koeberg is tans die betroubaarste en goedkoopste aanleg van Eskom maar dies omdat die aanleg se inset koste lankal reeds afbetaal is...die nuwe stoomgenerators gaan die prentjie dalk effe verander.
Moenie fout maak nie, ek is en bly 'n groot ondersteuner van kernkrag maar dan moet die reëls nougeste gevolg word en slegs kundiges mag betrokke wees, maar die kaders dink mos as iemand sy M of Phd geslaag het is hy more 'n kundige, daai probleempie tel nie juis nie...In tussentyd sou ek raai dat die "dealmakers" van Rosatom in Rusland, Westinghouse en X-Energy in die VSA, EDF/Fromatom in Frankryk, Kepco in Suid Korea, Mitsubishi en Hitachi in Japan en die Sjinese ons deurmat gaan deurtrap op soek na kontrakte. Persoonlik sou ek dink die keuse moet wees tussen die VSA, Frankryk, Suid Korea. Maar ons sal maar moet sien...
Jammer vir die lang en effe deurmekaar tesis met tikfoute, maar die onderwerp is kompleks en ek het nie tyd om iets korters te skryf nie!
GW, baie dankie vir...............
...............'n interessante relaas oor hierdie onderwerp. Dit maak my bang, maar aan die ander kant is ek tog dankbaar dat hierdie moontlike langtermyn projekte nie in my oorblywende leeftyd gaan realiseer nie. My mikpunte in die lewe is nou korttermyn, byvoorbeeld Mei-maand is dit Kruger Wildtuin toe !
Grootwind...
...baie dankie vir die lekerlees bondige opsomming van die land se kernkundigheid [of gebrek daaraan], sowel as die skets van die "end of cycle", die wegdoening van hoogs aktiewe brandstof.
So terloops, al die gebruikte brandstof van NECSa se reaktor, genaamd SAFARI-1, is steeds veilig ondergronds op terrein geberg. Die IAEA kom besoek die fasiliteit gereeld, en tot op 0.1 gram moet rekenskap gegee word.
Behalwe vir die padvervoer van hoogsaktiewe brandstof na Vaalputs, is die bergingsfasiliteit nog nie gelisensieer om dit te ontvang nie.
Dit sal 'n uiters wen-wen wees as die reaktor en/of brandstof verskaffer die gebruikte brandstof sal terugneem.
Sandveld reservaat en bloemhof oorde
Geert, ek het so vinnig op "google" geloer, en is bekommerd. As ek na die fotos kyk wat geplaas word, sal ek nie rustig slaap nie.
Ons sal ander opsies moet soek vir oornag tussen Ritchie -Riverside lodge en Pretoria/ Brits, as ons die heelpad N12 wil sleep..
Dis hoekom ek N1 gesleep het, by Aldam oornag het en toe verder Bloem/N8 om tot op N12 by Kimberley.
Lekker gelees Grootwind. En…
Lekker gelees Grootwind. En jy het reg opgesom omtrent die huidige "kundiges". Albert Einstein het gesê, " werklike kennis kom deur ondervinding", of so iets. Dit glo ek is deels rede dat ons infrastruktuur so inmekaar stort. Die ondervinding ontbreek veral onder die top brass. Kyk nou maar na die NHS. Wat n totale ondeurdenkte besigheid.
Dot laat my ook dink aan ń insident waar n groep wetenskaplikes moes verduidelik hoekom n kar, soos bv n taxi, nie 100km op n liter petrol kan behaal nie. Hulle antwoord was, " the laws of physics won't allow it" Toe vra die ondervraer, " And who wrote the laws of physics?"
Die manne het opgestaan en uitgestap.
Mooi dag.
Moet dit kampeerplek wees?
Ek kan verstaan dat iemand met ‘n Eksklusief in die was sal oorslaap vir een aand oppad iewers heen. Aangesien ons vier mense is en die Kavango vol goed gepak word sal dit heeltemal te veel werk wees om die wa vir net een aand se oorslaap gereed te kry.
Ons slaap dus altyd oor in vaste verblyf langs die pad. Dis heelwat makliker om netjiese selfsorg verblyf te kry langs die land se hoofroetes en minder moeite as om ‘n netjiese oord op te spoor en daar in die wa oor te slaap. Brei julle soek tog bietjie uit na Lekkeslaap ens. Dis my voorstel.
Klipspruit river resort
Geert, die plek lyk heel aanvaarbaar. Dis so 57km vanaf Wolmaransstad, en dit lyk vir my na so ongeveer 30km grondpad.
Moet dit kampeerplek wees?
Moet dit kampeerplek wees?
Ons verkies kampeer. Ons het al op 2x geleenthede in vaste eiendom geslaap oppad see toe, maar slaap onrustig....so maklik om in karavaan in te breek en jou vakansie begin op lae nood. Gewoonlik nie probleem om oornag oord te vind nie, maar lyk my N12 is bietjie moeilik....ek ken nie die oorde nie
klipspruit
Klipspruit river resort
Geert, die plek lyk heel aanvaarbaar. Dis so 57km vanaf Wolmaransstad, en dit lyk vir my na so ongeveer 30km grondpad.
Iemand het dit ook voorgestel, maar amper 60km uit is 120km retoer...te veel





Ekstra persoon
Hi Wildehont. Ons het n keer dieselfde gehad by Lower Sabie. Ons is 3 en kon net n 2bed hut kry. Hulle het dit toegelaat om 3de persoon daar in te boek....moes net self vir stretcher of matras sorg. Jy betaal vir die ekstra persoon. Jy moet dit direk met kamp reel....nie via Sanparks nie