Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande.
Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣
Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende
Môre sê almal. Die werk…
Môre sê almal. Die werk begin darem nou rustiger word en al werk jy van die huis af, is tyd vir ander goed doen maar skraps.
Dit is / was vir my opvallend laas week dat die N3 na Durban baie stiller was as ander jare. Sal maar sien hoe lyk dit van Donderdag af
Stephen , ek sien juis…
Stephen , ek sien juis vanoggend op e-nuus dat hulle verwag die verkeer Donderdag baie erg gaan raak. Die verkeers mense gaan ernstig fokus op dronk bestuur en onpadwaardige voertuie, ook nommer plate wat nie duidelik vertoon, of afwesig is.
Montagu karavaan park…
Montagu karavaan park......................ons dink daaraan om in Januarie by die oord te kamp. Sien die laaste resensie is 2021 gedoen.
Ken iemand die park en sal hom aan beveel?
Sien daar is ook 'n warm onderdak swembad.
Montagu Karavaanpark (in die dorp)
Dis 'n pragtige oord wat baie streng bestuur word. Baie mense haat die streng optrede, (iewat onvriendelik) van die eienaar en haar familie, ander hou weer daarvan. Ek kan dit met vrymoedigheid aanbeveel.
Jan...
...as jy tot by Montagu gevorder het, moet jy oorweeg om ook die deel tussen Robertson en Bonnievale te verken. Daar sal jy ook respektabele woonwaparke vind. Boonop is daar heerlike wynlandgoede/kelders en 'n kaasfabriek op Bonnievale. Onthou net, jy moet 2 keer om die kerk ry, uit respekte vir my wat daar gebore is, en groot geword het![]()
Onthou ook van Bontebokpark [Sanparke] net buite Swellendam.
Ek is seker Chris S sal jou kan inlig oor 'n paar lekker oorde in daardie omgewing.
Bontebok NP
Ek het beide besoeke aan die park geniet. Om rond te ry in die park lewer nie veel op nie, maar die kamp is lekker. Dit gaan egter redelik warm wees daar in Januarie. Ons was verlede Desember daar, en het goed warm gekry in die middel van die dag.
Montagu was ek nog nie by nie, maar wel by Silwerstrand buite Robertson wat dieselfde eienaars het. Skurwekop ‘n entjie verder buite Robertson is ook lekker. Ek dink dit hang af hoe lank mens wil staan. ‘n Ent verder Touwsrivier se kant toe is Leeuwenboschfontein wat ek definitief sal aanbeveel. Montagu is egter meer sentraal. Die oorde rondom Robertson ook.
Jan se Suid Kaap kuier...
Chris, onthou Jan sleep 'n groot padwa, dink jy hy sal Leeuwenboschfontein se pad kan bemeester.
Jan: ek ruik 'n mini toer, dalk moet jy sommer 'n nuwe gesprek begin om alles mooi bymekaar te hou.
Oorde na Barrydale se kant ....
...van Montagu is daar ook. Ek onthou vaagweg iemand het al daar gaan kampeer.
Skielik verlang ek sommer na my wereld, ek ruik daai perske, appelkoosboorde, en dan praat ek nie eers van daai mos reuk wat daar hang nie.
Ons het nie baie van Montagu…
Ons het nie baie van Montagu gehou nie. Het net te ingedruk gevoel, seker omrede ons nie van n gedruis hou nie. As jy op jou stoep sit, het jy net ander mense om na te kyk !! Maar as dit die idee is om die omgewing te verken, dan werk dit. Dit sit basies binne in die dorp.
Neef, dit hang nou seker ook…
Neef, dit hang nou seker ook af hoe die ander mense waarna mens moet kyk lyk? As dit gepaardgaan met Arie se geluk wat in lewe altyd 'n uitsig gehad het van "mooi Duitse of Nederlandse" dames op sy voorstoep, kan dit mos voordelig wees, of hoe?![]()
Arie het nie dat die feite n…
Arie het nie dat die feite n goeie storie opdonner nie, dit is verseker !!
Maklik
dink jy hy sal Leeuwenboschfontein se pad kan bemeester.
Jan: ek ruik 'n mini toer, dalk moet jy sommer 'n nuwe gesprek begin om alles mooi bymekaar te hou.
Ons vriende was daar met hulle Penta.
Jan het mos ‘n gesprekslyn vir hulle toer. Hulle is net nou vir ‘n blaaskans saam met hulle kinders.
Dankie aan almal…
Dankie aan almal....................................soos Chris noem sal dit gevoeg word by ons groot toer sodra die besluit geneem is.
Hopelik sal die kamp nie so vol wees nie en wil ons graag die omgewing daar verken.
Trekker rit
More Jan, onthou die trekkerrit tot bo-op die berg, sluit middagete in. 'n Verkenning met die Koo/Keisie pad tot by Rooihoogtepas is asemrowend mooi.
Hennie....
....wat is die nuus oor huis koop/verkoop?? Die sperdatum is mos gister verby, trek julle??
Wessel, die dame het 'n nuwe…
Wessel, die dame het 'n nuwe aanbod aanvaar sonder koppel transaksie. Ek het so 30min terug ook kennis gekry oor die 72 uur klousule. Ek het die prokureurs egter verwittig dat ons transaksie nie sal voortgaan nie.
Ek moet nou eers weer ons Roodepoort eiendom verkoop, en sodra ek 100% seker is dat alles in orde is, sal ons weer gaan kyk, anders dalk eers huur daaronder in die Kaap. Hierdie is maar 'n gatslag, maar daar is 'n groter doel met alles.
Hennie....
Sjoe dis 'n gatslag, maar tyd sal leer.
Hou die volgende opsie ingedagte. Kry jou plek hierbo verkoop. Dan vind jy stoorplek onder in Kaap/Brackenfell omgewing. Neem dogter af na haar nuwe tehuis, waar sy ingeboek is. In stede van huur, gaan kampeer jy in Van Zylsrus in Kuilsrivier vir 'n maand of 3, en soek rustig huis.
Dit gaan jou heelwat goedkoper kos as om te huur. Ek het laasjaar en vanjaar baie mense in Van Zylsrus ontmoet wat juis daar kampeer het terwyl hulle huis soek, of laat bou het. Die oord verkies "langstaners", maar nie permanente inwoners nie.
Die telefoonnr is 021 903 1991, praat met Lee, die plek behoort aan haar en haar man.
In stede van huur, gaan…
In stede van huur, gaan kampeer jy in Van Zylsrus in Kuilsrivier vir 'n maand of 3, en soek rustig huis.
Wessel, dit sou die beste opsie gewees het, maar ek het intussen klaar my karavaan verkoop en sleepvoertuig. Die nuwe eiendom het nie spasie gehad vir die karavaan en treiler nie. My wa was net vir 4 dae geadverteer en toe is sy weg.![]()





Dankie Wildehont
Dankie Wildehont....hulle het darem by betaling n kwitansie deur ge-epos. Ek het hom geprint en sal hom maar saamneem.