Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Ek hoop daai pa....
.....het 'n elektriese voertuig. As hy met iets gaan ry wat lawaai, kry ek sy kop jammer. Alhoewel, daai wynboere se gestel is goed gekondisioneer.![]()
Riviermond
Ons het 3 jaar terug gesien hoe hulle daai riviermond suid van ATKV Natalia oopgemaak het. Hulle het dit nou nie met masjienerie gedoen nie, maar n klein sloot met graaf begin. Binne enkele minute was dit n yslike breë rivier met golwe....jy stap nie daardeur nie, sal verdrink. Maar is n belewenis om te aanskou. Op youtube is videos hoe surfers surf op daai golwe
en ons het besluit ons gaan…
en ons het besluit ons gaan maar eerder daar slaap.
Goeie besluit.
Rawsonvillers
As hy met iets gaan ry wat lawaai, kry ek sy kop jammer. Alhoewel, daai wynboere se gestel is goed gekondisioneer
Die Rawsonvillers is ‘n ander span. Ons spot hier dat die wyn in die leivore loop in Rawsonville. Daar bly ‘n paar Sutherland manne ook, en hulle is net so moeilik. Worcester is maar die naaste ordentlike hoërskool, en na skool vestig hulle hier rond.
Dankie vir die inligting
Ons het 3 jaar terug gesien hoe hulle daai riviermond suid van ATKV Natalia oopgemaak het.
Hopelik kan ons vroeg genoeg daar wees om dit te aanskou vanmiddag. En hopelik laat die weer ons toe om te aanskou. Chris Jnr is natuurlik baie teleurgesteld dat ons nie gaan kampeer nie. Hy wil naby die maatjies wees.
Leivore ????
Het Worcester nog daai leivore in die midde dorp tussen sypaadjie en straat? As kind het dit my altyd gefassineer, en soms my voete daarin gesit op 'n warm dag.
Daar is die staaltjie van die moslorrie wat omgeval het, en daardie leivoortjies het vol geloop met mos. Die manne het sommer so op hulle mae gelê en diep teue gedrink. Aan die buitewyke van die dorp was daar self 'n paar gesuipte koeie ook.
Daardie leivore was vetpret...................
..............op verskeie bolandse dorpe. My ouma het in Wolseley gewoon met so 'n leivoor voor haar huis. Dit was 'n heerlike speelplek vir my en my broer met ons bootjies as ons in Desember vanaf Pretoria vir Ouma kom kuier het.
Ek het nou die dag op Greyton gesien die leivore daar loop nog sterk.
18 min laat
Ek kook al ‘n eier in my agterent. Ons gaan nou uiteindelik ry.
Chris S....
....dan moet jy maar met die Prado vlieg die naweek. Voordat jy by Asthon is, het jy daai 18 minute ingehaal.
Veilig ry
Groot reen oppad
Verlede nag 13mm reen. Nog liggies deur die dag. Watervalle te pragtig. Ons maak reg vir die groot reen wat op pad is. AGA is nou skoongemaak, buite brand ń hopie houskool met antrasiet in vir die " opstart".
Môre lê al die katte voor die stoof en slaap, en ons maak koffie met n stooftop perkuleerder. Dit het so sawwe roggel waneer dit gelukkig is.
O ja, vandag ń ou maat met ń nuwe baadjie raakgeloop. Old Brown in ń 2l boksie.
Lekker kompak vir inpak Wessel. Die Karoo gaan ons knyp volgende maand.
Naand almal Reën lekker…
Naand almal
Reën lekker hier by ons. Het nou al 70mm gemeet oor 3 dae. Ek is net bly ons het die planne om die naweek te gaan kamp, op ys gesit.
Lapskag - dankie, ek gaan daai P1 probeer
Hi Stephan, ek het iewers…
Hi Stephan, ek het iewers ook gelees dat jy foelie kan gebruik en die pale daarmee opvryf, hoe waar dit is weet ek nie en het dit ook nie probeer nie. Ek sal dit ook probeer as ek by daai deel kom van skoonmaak.
Om aluminium blink te maak,…
Om aluminium blink te maak, dit is nou dat dit amper soos chroom lyk, maak jy staalwol nat, vryf dit op n koekie sunlight seep en poleer. Dit maak gladnie krapmerkies nie. Moet sê, nog Jurgie se tentpale getakel nie, hulle het gladnie die wit- roes op nie.
Ons plaas oupas praat van " wit- roes" op aluminium
.
Dankie Herman, nou onthou ek…
Dankie Herman, nou onthou ek dat my broer ook genoem het van sunlight seep in 'n bietjie water met staalwol of baie fyn waterskuurpapier om alimunium mooi te maak. Daar het Stephan baie om van te kies om sy pale mooi skoon te kry. Dan net iets opsit om te keer om die hande swart te maak.
Herman...
.....wit roes kom ook op wingerd voor. Grootwind gaan weer preek vir ons wat "plaas oupa" taal praat. ![]()
Soos genoem ----daai wit roes is oksidasie van Aluminium met eindproduk Al2O3. Soos Chris S ook genoem het, dit vorm dan 'n beskermende lagie om verdere oksidasie [korrosie] te voorkom.
Dieselfde gebeur met sommige vlekvryestale, die wat Chroom bevat. Die beskermende lagie is dan hoofsaaklik Cr2O3.
Sommer vir die lekker, dan is daar ook oksidasie-produkte wat spinelle genoem word. Dis nou iets soos Fe3O4, wat 'n bestaan uit molekules van FeO en Fe2O3.
Jammer vir die deel van so bietjie oppervlakfisika, dis maar steeds in my bloed.
Chris S....
....hoe het julle Hartenbos sportdag afgeloop? Het die weer saamgespeel, en kon al die aktiwiteite voltooi word?
Onder water
" Hierdie hele wye wêreld onder water sê ek vir jou" . Die liedjie van David Kramer is heel gepas vir ons. Reën nou al twee dae, die watervalle en stroompies dreun. Voorspelling is dat die groot reën eers vanaand begin en tot woensdag aanhou. Gelukkig heeltemal windstil.
Die wifi sal seker binnekort afgaan ,die repeaters werk met sonpanele.





Manne aand
Dit was sommer in ons skoolsaal en was ‘n fondsinsameling vir fasiliteite by ons sportgronde. Dit was balie goed ondersteun en die ouens het omtrent lekker gekuier. Ek was darem 23:30 tuis, maar een van die pa’s wat ook vandag na skool Hartenbos toe ry sê hulle is eers 01:30 daar weg. en hulle bly nog in Rawsonville ook.