Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Die regte besluit geneem
Dit het nog nie werklik gereën in Hartenbos sedert ons hier aangekom het nie, maar die wind laat loop. Ons het ‘n draai gaan maak by die ouers wat in die E-blok staan waar ons sou gestaan het. Vrydagaand was nie te erg nie maar volgens hulle het die wind gisteroggend 04:00 erg begin waai, en dit het so aangehou verder. Hier langs die amfiteater in Rooikransstraat waar ons geslaap het waai dit ook woes, maar nie naastenby so erg soos voor teen die see nie. Ook maar goed ons het besluit om eerder hier te slaap, want toe ons Vrydag by die stoorplek stop om die Kavango te kry besef ek dat ek die wa se bos sleutels in Worcester vergeet het. Dit sou nou ‘n gemors gewees het as ons moes kampeer!
Iemand wys gisteraand ‘n foto van ‘n karavaan wat agter ‘n sleepvoertuig onderstebo gewaai is blykbaar daar by Hermon rond, anderkant Wellington. Sy het ook ‘n video gewys van ‘n vragmotor wat by die brug tussen die Hugenote tonnel en die tolhek af gewaai is. Vandag gaan die brandstofverbruik dus seker bair swak wees en ons sal maar versigtig (stadig) sleep en die ratte beheer in Sport modus sodat die ratkas nie oorverhit soos wat met die Everest gebeur het ‘n paar jaar gelede toe ons in so erge wind gesleep het tussen Beaufort-Wes en Victoria-Wes.
Grootbrak riviermond oop
Ek sien Grootbrak se mond is oopgegrawe maar nog droog....hulle wag nog vir die water. Is dit n gereelde ding dat hul so oopgrawe. Was die sandvlakke dan so hoog dat water skade in binneland sou veroorsaak voor dit in see sou spoel?
Forum-stilte
Ek wou nog iets te sê gehad het oor die klaagliedere van wat alles in die Wildtuin verkeerd is, maar is toe so soortvan subtiel oor die vingers getik oor my gekla oor die doodsheid van Kampforum.
Nou verbeel ek my maar dit is baie bedrywig en interessant hier.
Veilig tuis
Ons het 11:00 gery en so 14:20 by die huis gestop. Die wind was gelukkig nie te erg nie, en so dwarswind soms van skuins agter. Die Ranger het 7,81km/l gelewer. Heel skaflik met die wa op sleeptou. Dit het liggies gereën heelpad, so die sout is afgespoel van die voertuie af. Die weer het gelukkig gehou en Chris Jnr het 5 wedstryde gespeel. Darem net 10 min elk, maar die laaste twee was direk na mekaar omdat hy moes instaan vir ‘n maatjie wat seergekry het. Dit was met tye maar koud langs die veld maar dit het darem nie gereën nie. Later langs die see by Hartenbos se waterpark waar ons (ouers, kinders en onderwysers) gekuier het terwyl die kinders in die koue glygeut gery en gespeel het, het die wind omtrent gewaaid en dit was maar onplesierig. Heel onder is ‘n foto wat ek daar geneem het wat nie naastenby die storie vertel nie. Winter in die Wes-Kaap is nie my gunsteling seisoen nie. Langs die spoor agter die amfiteater is die boekruil huisie wat nogal ‘n oulike idee is.


Wessel wat noem dat…
Wessel wat noem dat Jakhalsdans nie goedkoop is nie.
Waneer ons ń lang trip doen, waar ons moet tentkamp in rowwe plekke, wissel ek dit gereeld af met n lekker luukse aand in ń Lodge. As daar op die roete is nstuurlik. Om lekker te stort, lekker te eet, en in silwerskoon kooi te slaap, maak ń rowwe trip soveel lekkerder.
Ons het ń Gondwana kaart, van Namibia Wildlife Collection. Het gehoor daar is nie nuwes verkrygbaar nie, maar dit is puik vir die bietjie luukse verblyf.
Rivier mondings
Geert, baie keer word mondings oopgemaak bloot om water kwaliteit te verbeter. Deesdae kom allerhande bak en terie saam met rivier af, en mense swem/speel in toe opgedamde riviermond, en word besmet.
Ons het menige kere ook by Bonza baai [Oos London] gekyk hoe mond oopgemaak word. Voor dit was daar groot borde op, wat waarsku---bly uit die water.
Daar mag dalk eiendom wees wat gevaar kan loop om oorstroom te word, maar ek dink die gesondheid faktor, is die hoof oorweging.
"maar is toe so soortvan…
"maar is toe so soortvan subtiel oor die vingers getik"
So is ek ook feitlik as 'n leunaar uitgemaak nadat ek my mening en ondervinding gedeel het. Ons mag van mekaar verskil maar daar is 'n fyn lyn waar dit die grense oorskry.
Beentrekkery en gekskeerdery is alles deel van ons gesels en ek het ook daaraan deelgeneem maar sal voortaan my opinies vir myself hou en liewers my deelname mooi oordink.
"Nou verbeel ek my maar dit is baie bedrywig en interessant hier"
Nooit Wessel, ek kla nie...............
..............oor stilte hier op die forum nie, ek sukkel om deur al die bydraes te werk !
Len & Jan...
...so merk ek aan die gebrek aan kommentaar oor my oumens/voortrekker era, woord----luns pen!!! Herman het darem laat blyk dat dit vaagweg by hom 'n klokkie lui.
Jan: So van tuine gepraat---hoe vorder jou regruk/skoonmaak aksie?? Is jou binne braai voltooi, of lê daar alweer stene ensovoorts op die sypaadjie. Julle moet tog maar daai kwaai tante vir 'n braai nooi.![]()
Hugenote tonnel
Kyk hoe waai wind karavaan oor reeling in afgrond
Wessel…
Wessel..........................................................tuin is klaar en karavaan op sy plek. Buks het juis genoem dat as hy my gewed het of ek die karavaan sou inkry sou hy verloor het.
Binnebraai se bou begin môre. Wag vir aflewering van die skuifdeure om die stoep waar braai ingebou word toe te maak vir die winter. Dit gebeur Woensdag en sal Donderdag installeer word.
Word nou haastig om ons toer voort te sit want Augustus moet ons in Namibië wees.
Eina.
Geert dit is rof, ons was al paar keer in wes kaap in April, maar ek het my voor geneem nooit weer nie. Wil nie graag ooit in daai situasie beland nie.
Ons was by tolhek voor die tonnel aan geraai om die ou pas te vat want die wind was baie erg daai betrokke dag, trokke om gewaai, was eers maar skrikkerig vir die pas, maar dit het glad gery met die wa agteraan.
Kyk hoe waai wind karavaan oor reeling in afgrond
Standpunte/sienings
Ag Geert, ek wil nie graag ons forum ontsier....
............met 'n geskil van dié aard nie
As iemand n standpunt of siening deel beteken dit nie almal moet ja en amen op dit te sé nie. As jy verskil daarvan is jy seker geregtig om jou siening/standpunt ook te plaas sonder dat jy daarvan beskuldig word dat jy forum onaangenaam maak? Of is sekere mense se standpunte finaal en moet aanvaar word?
Nou verbeel ek my maar dit is baie bedrywig en interessant hier
Wat my verstand te bowe gaan is om basies 24/7 aanlyn op hierdie forum te wees en dan dit as on-interesante forum te verwys....dan wil ek nie weet hoe saai die lewe agter dit is nie as n onintersante forum jou 24/7 n kick gee as n ontspanning nie.
Miskien kort ons n dringende kamp sodat ons daaroor kan gesels
Ek kan nie regtig help nie
Ons kampeertande is vir eers getrek. Nie net knyp finansies nie, maar die winter is hier en jy kampeer nie in die Wes-Kaap in die winter nie. Ek weet Oom Neef en Wessel stem nie saam nie, maar ek kry te maklik koud en jy weet nooit wanneer kom ‘n afsny-laag soos die een wat tans hier is verby nie. Die hele provinsie se skole is selfs gesluit môre en die donderweer rammel tans buite. Moet dus nie veel van my verwag vir die volgende twee maande nie. Dan is ons besig om voor te berei vir die Krugerwildtuin.
Ek wil nie Mnr Boucher se gesprekslyn besoedel nie, en plaas dus hier hierdie herinnering wat ek vandag op my foon gekry het. Polentswa.

Misverstand
Ek wil graag die misverstand tussen my en Geert uit die weg ruim.
- Ek glo nie daar is iemand op hierdie forum wat glo dat almal oor alles MOET saamstem nie. Ons is verskillende mense met verskillende opinies en daar is niks fout daarmee nie - ek respekteer hierdie feit. Ek kan nie dink dat ek iewers tot die teendeel hiervan gesê het nie, naamlik dat almal met my opinie(s) moet saamstem nie.
- Ek kan ook nie dink dat ek ooit iemand beskuldig het dat hy of sy hierdie forum onaangenaam maak nie. Wat ek wel al gesê het dat 'n sekere standpunt (wat heel moontlik honderd persent korrek is) my persoonlik teneergedruk maak. Ek kan nie dink dat so 'n opinie noodwendig verkeerd is nie.
- Ek kan ook nie dink dat ek ooit beweer het Kampforum is 'n oninteressante forum nie. Ek is al jare 'n lid hiervan en van hierdie forum se voorganger by WegSleep. Trouens, ek is 'n groot aanhanger van hierdie forum en daarom is ek een wat sommer my aanlyn-aantekening vir 24 uur en 7 dae per week aanhou.
- Wat die agteruitgang van toestande in die Kruger Wildtuin betref, die volgende :-
- Daar is verskeie Kruger Wildtuin FB platforms wat hoofsaaklik gebruik word om interessanthede met ander belanghebbendes te deel. Mense (waarvan ek een is) neem daaraan deel om die aangename wedervarings (en veral fotos en videos) onder belangstellendes te deel.
- Dit is geen geheim dat veral na die Covid-pandemie, talle sake in die Kruger Wildtuin drasties agteruit gegaan het en SANParke doen baie moeite om te luister na toeriste-klagtes by hulle aanlyn-klagte adres wat op hulle webtuiste beskikbaar is. Die klagtes word daar formeel gehanteer en terugvoer aan die klaers gegee. Daarna vind regstellende aksies plaas.
- Dit is interessant dat talle FB-forumgebruikers nie van hierdie roete gebruik maak om hulle ontevredenheid by SANParke op rekord te plaas nie, maar eerder dit aan ander toeriste (wat niks aan die sake kan doen nie) op die onderskeie FB platforms te rapporteer. Dit doen dan eintlik afbreek aan die ware doel van hierdie platforms
- Dit is tog interessant dat die publiek se klagtes op hierdie platforms minder is as die talle komplemente van die publiek se goeie ervarings. 'n Goeie voorbeeld is ons vriend ChrisB se onlangse kompliment aan Tindlovo Restourant by Olifantskamp vir die heerlike ete en diens wat hulle ontvang het. Binne 'n dag of twee het 'n toeris op FB gekla dat hy nooit weer by 'n Tindlovo restourant in die Wildtuin sal eet nie omdat die diens by Olifantskamp se restourant swak was en die ete nie watwonders was nie.
As ek dalk iets gesê het wat aanstoot kon gegee het, vra ek om verskoning.
Jan- woonwa staanplek
Jy moet tog 'n foto deel van jou woonwa staanplek. Is dit so dat jy dit met trokkie daar kan instoot, of doen jy dit met die "movers", of per hand??
Het jy Buks voor verlede week gesien, hy was so vinnig weer daar vir besigheid?
Geert...
...ek kon ongelukkig nie die facebook foto/video te siene kry nie. Wil jy vir my sê, die woonwa het gelukkig afgehak en van brug af gewaai.
Dit is 'n noue ontkoming!!!! Ek twyfel of mense so 'n val daar af, sal kan oorleef, al is hulle in 'n voertuig.
Wonder wat het veroorsaak dat koppeling tussen wa en voertuig wel losgekom het. Ek het al 'n foto gesien hoe 'n Venter waentjie oor daai brug se reeling hang, net aan die "tow ball"





Pasop maar vir sterk wind…
Pasop maar vir sterk wind. Die op X/ Twitter gesien. Blykbaar so 'n halfuur terug gebeur