Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Rona November 2026 Johann L -9 hours ago
Teri Lemveli... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Liewe liefste Voolie... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago
Antwoord aan almal November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

April 2024 Saamgesels

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Môre sê almal.

Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!

Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.

Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 15/04/2024 - 08:47

Die drama'a in my lewe kry net nie einde. Die laaste 2 jaar was net hel vir my in my lewe.

19 dae terug het ek n moerse hartaanval gehad wat net net 20% funksie van my hart oorgelaat. Doktors het gesê hulle weet nie of hulle iets kon doen nie. Hulle gaan hulle bes probeer.

Daar is toe besluit op n tripple bypass operasie. Wel ek is nog hier.

Met die hulp van bo

Ons sal bid en kyk of ek kan verbeter

Jammer as ek so stil raak.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/04/2024 - 08:53

Môre Harry, ai jammer om van gesondheids probleme te sien.

Baie sterkte vir jou, ek bid dat die Vader in die hemel jou sal versterk, hou ons asb op hoogte van vordering🙏

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 08:55

....sterkte met die herstel. Ek vertrou dat jou herstel voldoende sal wees, om nog so paar jare by te voeg.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/04/2024 - 09:00

... ek wens jou sterkte toe. Ons vertrou die omlyning spreek die probleem ten volle aan.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/04/2024 - 10:39

Só jammer om van jou groot terugslag te hoor. Dit klink gelukkig asof die massiewe operasie 'n ommekeer  kan bring en ek glo dat jy sommer gou weer beter sal word (ook wat jou algehele gesondheid betref) en die grootpad met jou bussie weer in vooruitsig kan wees. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/04/2024 - 12:01

en verlengkoorde is iets wat my die jitters gee. Hoofsaaklik omdat ek niks van ekektrisiteit verstaan nie en ook nie 'n begeerte het om te leer nie. 'n Ergernis waarsonder 'n mens ongelukkig nie kan klaarkom nie.

Hierdie gedagte dan omdat ek aan Len dink vanoggend. Wens tog sooo dat dit uitgesorteer kan word. My kneukels is al wit, maar behalwe dit, kan iets dalk net môre uit Brackenfell die koerante haalsurprise. Ek lees hoeka 'n woord soos "uitpluk". Dink hy het 'n hamer....

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/04/2024 - 12:32

............jammer om te hoor van die terugslag maar tog bly jy is alweer op die herstelpad.  Sterkte vir jou.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 14:53

Ek maak baie gebruik van ene Christoff se video-resensies van kampeerplekke. Dit is net so 5 minute soms, en fokus op staanplekke, ablusies en algemene uitleg en indrukke. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 14:56

Wat het van jou geword, kampeer jy sonder sein, of bou jy verbete.

Onthou hier is net een ou op die forum wat tans aanspraak mag maak op titel---gatskuur en/of wip.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/04/2024 - 15:12

Onthou hier is net een ou op die forum wat tans aanspraak mag maak op titel---gatskuur en/of wip.  

As ek die insette lees is ene Mnre Strydom en Loader eersdaags sommer groot gatskuurders. En moenie praat van daai Smal-vent nie. Hy's meer by Dwarswegstrand as by sy huis.

As Namibië op 3 Mei agter die rug is, is ek noodwendig vir 'n lang tyd huisgebonde. My gat jeuk om saam met my seun te gaan hengel in Henties, maar my bankbestuurder raai my ten sterkte daarvan af.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 15:23

die klem in aangehaalde sinsnede is op "tans". U toevoeging van die 3de element tewete "gat jeuk" word sodanig genotuleer.laugh

 mnr Loader gatskuur seker nog onder sy woonwa, en stoei met kabels. Dalk moet ons geld insamel en vir hom 'n paar lekker groot trok spiegels koop, vir sy trippie wildtuin toe. Voordat hy in KarooNP kom, gaan hy 'n stywe nek hê van tennis kyk, links-regs-links.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/04/2024 - 18:01

Ek het gedink ons volgende kamp sal eers oor presies twee maande wees wanneer ons DV hopelik in Hopetown is oppad Krugerwildtuin toe by Salomien se niggie. Gister na middagete gaan drink ons ‘n paar knertsies by vriende, en daar broei toe ‘n moontlike kamp uit komende naweek naby Rawsonville. Hier onder is ‘n foto van die oord. Ek moet nog net die regering oortuig. 


A

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 18:13

...wat 'n paar knertsies kan maak.laugh

Wat was/is Herman se bekende vraag [kriteria] as daar haastige onnadenkende besluite geneem word-----was daar drank betrokke?

In die geval, kan die antwoord beslis JA weeslaugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/04/2024 - 18:45

Wildehont raak nou bekend vir sy rubber arm na so ietsie. laugh. Wat ek van die man hou, is dat hy nie allerhande verskonings agterna maak en..hy trek môre oggend kop uit nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/04/2024 - 19:48

...daai Prado ook. Boonop het hy dit so opgedollie met lugkussings en wat nog, dat hy dit nie oor sy hart kan kry om dit te verkoop nie.

Ek dink tussen die Prado en sy Ranger is Chris se gemoed maar sleg verdeeld.wink  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/04/2024 - 20:09

Kan een iets nog net nie vir myself uitmaak nie....ly die wynbedryf skade a.g.v. die aangrensende oord, of word dit juis bevorder hier?laugh

Dit lyk heel gesellig, laat weet hoe die beplanning loop. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus