Môre sê almal.
Nou ja, kan nie glo dit is al April nie!
Wag nou maar vir al die lawwe stories wat vandag opgedis gaan word.
Aan almal wat op die pad is vandag - ry veilig.
Druiweplaas oorde
ly die wynbedryf skade a.g.v. die aangrensende oord, of word dit juis bevorder hier
Dis maar ‘n ekstra bron van inkomste vir die boer. Die oeste is juis af vanjaar (nie net letterlik hierdie tyd van die jaar nie, maar in volume ook).
Verdeeldheid
Ek dink tussen die Prado en sy Ranger is Chris se gemoed maar sleg verdeeld.
Die Ranger gaan bly. Dis jonger, het minder km op, is meer ekonomies, sleep baie lekker en is meer prakties. Ek weet ek moet eintlik die Prado verkoop, en ek sal maar eersdaags probeer. Ek sal dit met ‘n baie swaar hart laat gaan, maar dit is die sinvolle ding om te doen.
CAB-Foods
Ek gaan dadelik vir my so 'n sakkie pre-mix koop en dit in die Wildtuin probeer. Lyk vir my dis 'n produk van CAB-Foods, fabriek hier om die draai van my.
Ons het ongelukkig nie n CAB Foods in Gauteng nie, so myne het ek ook vanaf die Kaap bestel via hulle aanlyn winkel. Daar is verskeidenheid broodjies beskikbaar....ek wil die naweek hul bier en uie brood maak. Hulle het n groot verskeidenheid pre-mixes wat lekker handig is om saam te neem op kampeer....tot nagereg
So n broodjie in die kole oondjie is ook n lekker atmosfeer tydens kampeer. Soms maak ek broodjie in die Weber...werk net so goed. Delish foods maak ook die heerlikste brood pre-mixes....dis by ons verkrygbaar by Outdoor Warehouse en Tentco. Vir pannekoek en plaat koekies geniet ons Boskampkos sin
Rawsonville
moontlike kamp uit komende naweek naby Rawsonville. Hier onder is ‘n foto van die
Dit kyk baie gesellig daar. Dit wil voorkom of dit soos by Wagonsdrift is waar ons onlangs was....lapa/kuier/ontspanning plek in die middel en kampeerders in sirkel om dit. Dit kuier lekker so
Blixem kontak skoonmaker
Môre almal
Wie van julle het al die blixem elektriese kontak skoonmaker gebruik. Het julle dit ook op Brad Harison proppe gebruik.
Ek sien dat mens gewaarsku word om nie op sagte plastiek/rubber en "perishables" te spuit nie. Natuurlik weer eers die blik gelees nadat ek dir gespuit het.
Het met klam lap skoongevee en daarna met Spanjaard gespuit.
Oor twee maande DV
18 Junie slaap ons in die skuiling by Sable dam. Wat ‘n wonderlike vooruitsig!

Pragtige foto !
Hierdie "wonderlike vooruitsig" ervaar ek ook op die oomblik - oor 17 dae !
Minder as twee maande
Hierdie "wonderlike vooruitsig" ervaar ek ook op die oomblik - oor 17 dae !
Ons is nog nie so gelukkig nie, maar dis al minder as twee maande voor ons die lang pad aanpak Krugerwildtuin toe. Oor twee maande is ons DV goed oppad Shingwedzi toe om hopelik ‘n lekker staanplek te kry vir ons sewe aande daar.
Brad Harison of Anderson proppe
Ek het vanoggend gaan ekstra [spaar] proppe koop. #Ek wil nie êrens kampeer en 'n BH prop gee probleme nie.
So word ek gewaardku dat verskillende make ["brands"] nie opmekaar pas nie. Ry maar weet huistoe en gaan haal my spesiale verlengstuk. Dit het 'n rooi prop wat by wa indruk, en dan vertak dit na 2 proppe, 'n rooie en gryse.
So kom ek toe agter dat die "brands" Lumeno, KST en Avon almal op mekaar pas, solank as wat die kleure passend is.
Wel, nou sal ek seker nooit 'n gebreekte prop tref nie, want ek het mos ekstra in die toolbox.
Rassistiese proppe
Anton het dit mooi beskryf toe hy gesê het die proppe is rassisties. Een kleur pas nie op ‘n ander nie. Daar is ook beskrywings vir die onderskeie kleure bv 12V, sonkrag ens. Dit voorkom dat mens nie per ongeluk die verkeerde proppe by mekaar inprop nie. Ek hou myne almal grys, want ek wil hê hulle moet op mekaar kan pas.
Chris S....
...een kleur oral is die maklikste. Ongelukkig het die vorige eienaar van my Kavango sommige proppe gaan rooi maak..
Leeiballetjies
Toe die Leeuballetjies gaan kry. Slagter verduidelik. Dit is ń peppadew met roomkaas gevul toegedraai met ń dun topside steak repie en ń netvet hulsel.
Vanaand ń proeflopie doen.

Plofbaar...
...erger as Israeli aanval op Iran se kernaanlegte.!!!!
Jis mater, as mens daai balletjies met jou mampoer gaan afsluk, kan dit tot splyting van atome, ingewande en plotselinge gasvorming lei.![]()
Laat weet tog of julle proeflopie oorleef het
Daar is juis 2 xtra pakkies…
Daar is juis 2 xtra pakkies in die vrieskas. Spesiaal vir die geleentheid Wessel. Jy praat waar, ek sal vir ons ń netjiese ietsie saambring. Jy sal nie glo hoe mooi verouder ń 5 jaar druiwestooksel nie. Én, ek het wat ń ruk in ń sherry vaatjie gelê het, kleur soos goeie cognac, en net so sag
Neef Herman,
hoe laat braai jy? Ek wag in spanning om te hoor hoe daardie "happies" gesmaak het. Kan net dink dat dit heerlik is! Oor die beplande drinkgoedjies wat jy wil saamneem vir 'n kuier met Wessel gaan ek myself liefs nie nou uitlaat nie....![]()





Die regering het ander planne
Ongelukkig meng my vrou se werk in met die planne. Sy neem Vrydagmiddag in Worcester foto’s, Saterdagoggend in Villiersdorp en Saterdmiddag in Paternoster.