DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

More almal
Ek hoop almal gaan 'n heerlike Sondag hê.
Gisteraand 8 uur het ek gekyk na die fliek wat oor Oscar en Reeva gemaak was. Daarna die rugby gekyk en te laat in die bed gekom.
Voortrekker, dit lyk na 'n lekker partytjie daai. Ons kleinkind s'n was ook baie bedrywig, die Ma en Pa was skoon dankbaar toe dit verby is.
Goeie more…
Goeie more.
Tee gaan goed af en koffie is ook gemaak.
Uitgespaar vir nog 'n week. Geniet die dag
Lekker week vir julle!
Goeie môre almal. Môre Freda en Dusty ![]()
'n Lekker dag en week vir almal. Lyk my ek het weer ' dol week wat voorlê ![]()
N blye dag
Mag jou dag n blessing wees sterkte virrie week en gooi daai koffie ja die koffie loop soos stroop vanoggend
More dames en here, mag jul…
More dames en here, mag jul week mooi loop, dankie die tee was lekker.
Goeie more…
Goeie more.
Verstaan dat dit vandag weer lekker warm gaan word. Iets in die lyn van 35°.
Tee is ook lekker.
Geniet die dag
Sê ek ook....
Goeiemore en gooi hom! Jou koffie, jou tee en jou dag.
Ek sê ook so
goeie môre! 35 grade? Dit is seker tyd dat ons bietjie begin hitte kry of nie?
Ek hoor ook dit reën lekker in die Weskaap vandag?
Gooi hom!
Môre almal. Ons is terug…
Môre almal. Ons is terug in SA... Watter belewenus.... Heerlik gekuier en mooi plekke gesien. Baie geleer........ Ons gaan weer .......
GM
Goeie môre, sommer 'n BAIE GOEIE MôRE uit 'n papnat Brackenfell !
Ons het gisteraand 'n heerlike uurlange 15mm bui reën gehad en my 2200 liter watertenk het weer oorgeloop !
Baie dankie Liewe Heer vir hierdie wonderlike antwoord op ons gebede !
Lekker dag aan almal !
Ons is terug in SA... …
Ons is terug in SA...
Welkom terug! Jinne maar tyd vlieg. Ons wil alles hoor!
Sal maar moet wag dat ek…
Sal maar moet wag dat ek eers by die huis kom en die rekenaar kan gebruik. Mooi plek... Gaan beslis weer....
Welkom terug. Ons wag vir…
Welkom terug. Ons wag vir daai foto's.
Ek kry nie my koffie beker nie. Iemand het hom seker gebreek, net omdat daar op hom staan "WP jou lekker ding"






Hello Dusty. Goeie more. Dit…
Hello Dusty. Goeie more. Dit lyk weereens soos n heerlike sonskyn dag.
Mag almal n lekker dag hé!