Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
Maandag
Dit is Maandag 4 Desember 2017 vir die wat dit nie weet nie
Ek hoor dat Santa aangekla is deur die SPCA oor hy sy bokke aaptwak voer .Bedoel nou hy moet dit doen ander hoe de hel vlieg daai goeters dan so geruisloos deur die nag .Ons het gisteraand so lekker donderstorm gehad met weerlig en reen .Kla nie noem dit maar net .Freda ja gewoonlik slaap ek ook 3 uur in die oggend maar Mamma en ek het ons rondloop skoene aangehad dit is darem ook nie elke dag dat ons so laat opbly nie .Hoe se die 1 ou hy wil he sy meisie moet soos die maan wees .Hoekom ? Se die ou nee met sosnsopkom moet sy verdwyn lol.Soos hulle op die Ingelse Forum sal se May the force be with you today
More almal, tee is heerlik…
More almal, tee is heerlik dankie.
Ek het so 22:00 na die maan gekyk, dit was verseker baie mooi.
Ons het die naweek ons kersliggies op gesit, al te fraai.
Goeie more,…
Goeie more,
Meeste van die nag het reen saggies geval. Vanoggend ook in die misreentjie kantoor toe gery.
Tee gaan goed af. Koffie/tee vir iemand
Lekker dag vir elkeen
Goeie more almal. …
Goeie more almal.
Ja Stoffel, dit reën heerlik hier in Gauteng al van gisteraand af.
Lekker dag vir julle! ![]()
![]()
At my age...
It's not tea & Koffee anymore.......
It's TT&T....
Tea
Toast
& Tablets....![]()
More almal, dankie tee was…
More almal, dankie tee was lekker, sonder tablets, maar wel op die tablet ?
Hier het ons 45mm reen gehad, rn dit reen nog sag.
Nou is ek klaar vir die dag…
Nou is ek klaar vir die dag en gaan nou die reën geniet saam met 'n lekker beker koffie.
Dit het gisteraand begin reën en nog glad nie opgehou nie - sovêr 50mm
Len, ek het vandag gespog met jou water bestuur ![]()
Ek is ook nou klaar gewerk…
Ek is ook nou klaar gewerk vir die dag.
Hel1 het gebel en n lekker warm ete vir vanaand bestel. Gaan gou n lekker tamatie bredie maak met wit rys, nie plastic rys nie. Regte egte vas rys soos wat Ouma dit altyd gemaak het. Of dalk moet ek mieliegruis maak.....
Goeie more hier op die…
Goeie more hier op die weekbreker.
Tee is gemaak en die koffiemasjien is ook amper klaar.
Lekker dag vir elkeen
More almal…
More almal.
Julle moet julle dag geniet.
Lekker nat hier by ons.
wat gaan hier aan?
Môre môre ! Wat gaan hier aan?
Ek het vandag 'n vergadering by Jo'burg Zoo! ![]()
Ja Harry, die wêreld hier by ons is ook lekker nat (en koud?)
Lekker dag vir almal!
Goeiemore
Ek raak regtig jaloers as ek hoor hoe baie dit daar bo by julle reën, dit klink of dit nooit ophou nie! Dit is moeilik om te glo aangesien die son aanmekaar skyn hier onder en daar is geen teken van reën. Gister het die munisipaliteit weer gewaarsku waterbeperkings gaan nog strenger word. Ons damme loop nou leeg, net soos in die Kaap.
Ek hoop almal het 'n heerlike Woensdag. Onthou dit is klein Saterdag, julle mag maar braai!
More more almal, tee was…
More more almal, tee was lekker dankie. Julle moet 'n lekker dag geniet,
Anton, geniet die Zoo.
Hier is dit ook lekker nat en effens koel, gister nog 25mm reen gehad, en die weer gaan so aanhou tot so Vrydag se kant.
Andries Pretorius
More Andries, ek sien jy is weer aanlyn vanoggend, welkom terug?





Dagsê mense !
Goeie môre !
Dankie Freda, ek het toe gisteraand na die LED-maan gekyk - ongelooflik helder en skerp !