6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -45 minutes ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 09:26

Ek sit sommer Geert se datums hier by.

Satara: 19 tot 26 Julie'26

Onder Sabie: 26 tot 30 Julie

Malelane:        30Julie tot 1 Aug'26

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 09:30

....vir volgende jaar is as volg;

Malelane;  4 tot 7 Mei

Skukuza:    7 tot 13 Mei

Satara:        13 tot 19Mei

Tsendze:     19 tot 25 Mei op nr 29 

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 10:22

Tentatief omdat ek nog wil probeer om eers ses aande by Shingwedzi en dan vyf by Punda Maria te kry voor Tsendze, en omdat ek hierdie jaar geleer het om nie my kuikens te tel voor hulle uitgebroei het nie. 
 

30 Jun: Hut sonder gerieve langs die restaurant Letaba

1-4 Jul: Staanplek met krag maar nie by die heining nie Shingwedzi

4-9 Jul: Staanplek met krag Punda Maria

9-12 Jul: Staanplek teen heining eerste twee aande en laaste aand nie Shingwedzi 

12-16 Jul: Tsendze staanplek 29 

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 10:31

Ek kon gister glad nie deurkom op een van Mopani se twee landlyn nommers nie, en kan ook nie vandag nie. Ek het toe gister die selfoon gebel en met Phumzile gepraat om ‘n spesifieke staanplek te versoek by Tsendze. Sy het vir my gesê wat beskikbaar is vir my datums en ek het die gesprek opgevolg met ‘n e-pos soos wat hulle nog elke keer gevra het. Toe sy teen die middag nog nie geantwoord het nie, het ek weer op die selfoon gebel en is aangesê om later weer te bel want die een wat geantwoord het was besig met ‘n bespreking (hoekom antwoord sy dan?).
 

Ek het later weer probeer maar kon nie deurkom nie. Toe stuur ek maar weer ‘n e-pos. Ek het nou nog nie ‘n bevestiging gekry van watter staanplek vir ons bespreek is nie, en het weer gebel. Die een wat antwoord sê toe Phumzile kom eers vanmiddag in en sal my dan antwoord. Ek hoop regtig ek kry die staanplek wat ek graag wou gehad het.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 11:22

Chris S, ek moes nog elke keer vir Mopanie 'n epos stuur, waarin ek my drie voorkeur staanplekke in prioriteit keuse versoek.

Soms neem dit 'n dag vir hulle om te reageer. die naam Phumzille klink bekend, het al eposse van haar ontvang.

Onthou nr 26 is ook baie lekker, effe minder son as 28 en 29. Ek het heerlik die jaar op nr 26 gestaan. 

Ek kon vir volgende jaar darem nr 29 kry. Dit was my 3de keuse na 28 en 26 respektiewelik. Ek het 29 mooi bekyk, en ek dink dit gaan lekker werk vir my. bloot omdat ek die wa daar kan instoot sonder "movers".

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 12:05

Wessel, ek moes ook nog elke keer ‘n e-pos stuur maar het voorheen sommer vinnig ‘n antwoord gekry. 
Uit die wat beskikbaar was het ek myne in volgorde van voorkeur as volg deurgegee: 29, 26, 32

Eg omdat ek weet dit het goeie son vir batterye laai. Lg behoort ook te hê, maar van daardie staanplekke is op ‘n draai in die pad waar mens dalk baie stof gaan kry. 26 het vir my gelyk of dit dalk nie genoeg son kry nie. 
 

Ek gee egter nie om, om ons gevriesde goed (eintlik maar net vleis) in die gemeenskaplike vrieskas te sit en die Snomaster warmer as vries te stel om batterye se las minder te maak nie. Dalk is die wa se batterye al kaput voor dan, en het ek dit vervang met ‘n LifePo4. Dan behoort ons nie te sukkel solank dit nie erg bewolk is nie. Ek ry ook die Engel saam met sy eie battery agter in die Ranger.
 

Maar daar moet nog baie water in die see loop voor ons kan vertrek, en ek gaan glad nie opgewonde raak tot ons by Phalaborwa hek inry nie. 

Pretoria

Geert

Fri, 25/07/2025 - 13:54

Ek kort nog die aand van 1 Augustus, maar kan eers 2 September bespreek vir Augustus. Ons het sover Malelane bo Berg en Dal gekies....die klein kampie het ons laasjaar geniet. Enigste nadeel is die dorp en "lawaai " anderkant die Krokodil rivier, maar was darem nie te erg. Ek verkies egter die staanplekke wat noord kyk

Kaap

Goeie Hout

Fri, 25/07/2025 - 14:03

Ai julle manne is geseend om gereeld KNP toe te gaan.  

Uit die Kaap is dit verdomp ver.  

My 2027 binnelandse toer vorder fluks al.

 

Lekker beplan.

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 14:04

Phumzile het darem laat weet dat nr 29 by Tsendze vir ons bespreek is. Ek kan nie onthou of daar skaduwee is nie, en kon nie op my foto’s van 28 verlede jaar aflei nie. As ek reg onthou was daar egter nie. Gelukkig dring Salomien daarop aan dat ons die silwer seil oor die wa en afdak trek, so ons kan daar onder skuil. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 25/07/2025 - 14:15

Watter puik kampie! Ons het nog elke keer (by 3 geleenthede) net 1 aand daar gebly - 2 keer gekamp en 1 keer in 'n rondawel. Ek kon nog nooit kla oor lawaai vanaf die dorp nie.

Die klein ablusie en kombuis word netjies onderhou. Die staanplekke teen die noordelike heining is wel teen 'n helling, maar heeltemal oorkombaar met die gebruik van geelblokke.

Met ons oornagbesoek op 4 Mei vanjaar, het die nagapies ons omtrent vermaak. Ou Wagter, die patrollerende hiëna, het kom gesig wys. Ons het die hele aand, terwyl ons gebraai het, gehoor daar is 'n olifant naby, maar ons kon hom nie sien nie. Die ou het ons wel, nadat ons gaan inkruip het, behoorlik laat skrik toe hy vermoedelik aan die elektriese omheining reg voor ons karavaan geraak het en met 'n hengse skel trompetter sy ongelukkigheid te kenne gegee het.

As ek weer beskore is om in die wildtuin te gaan kamp sal ek beslis langer in Malelane wil bly.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 25/07/2025 - 14:21

Daar is beslis skadu op No 29 as jy jou wa nader na die kampheining trek met jou rug na die noordekant. Ek het 4 jaar gelede No 29 baie geniet toe my voorkeur-staanplek (No 26) nie beskikbaar was nie.

Pretoria

Geert

Fri, 25/07/2025 - 14:56

Vanoggend toe ek Sanparks bel, was ek 91 in die ry....ek het toe direk neergesit. Het toe paar keer Ezibookings gebel...maar is toe ook elke keer gesê dat my oproep binnekort beantwoord sou word. Ek weet nie hou lank dit sou duur nie, so het maar elke keer na 2 minute neergesit. Ek het toe Kruger Lowveld Tourism...Trudie in die Kaap gebel. Direk geantwoord en is vinnig in Afrikaans gehelp. Julle kan miskien hulle nommer ook byderhand hou....hul nommer is 021-552 0008. Ek dink die besige telefone vanoggend is manne wat gister geslaap het en probeer regkom vanoggend 

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 15:00

Daar is beslis skadu op No 29 as jy jou wa nader na die kampheining trek met jou rug na die noordekant

Baie dankie vir die waardevolle inligting. Ek hoop ons toer word volgende jaar ‘n werklikheid. Ons sou in elk geval nie hierdie jaar Tsendze toe kon gaan nie, omdat ek nie plek gekry het nie. Die omliggende omgewing is nie my gunsteling nie, maar ek hou baie van die kampie.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/07/2025 - 15:52

Dankie vir Trudie se nommer, indien nodig gaan ek op haar nommer druk.

As sy nie wil saamwerk nie, gaan ek 'n Len op haar trek!!!laugh

Worcester

Wildehont

Fri, 25/07/2025 - 16:08

Kruger Lowveld Tourism

Ek het hulle Kaapstad kantoor gister 10 keer gebel sonder om antwoord te kry. Ek het egter al in die verlede goeie diens van Trudie gekry toe hulle nog ‘n dag voor die besprekings vir die publiek oopmaak besprekings kon maak. 

Pretoria

Geert

Mon, 28/07/2025 - 06:03

Die wat nog kampeer staanplek soek vir winter vakansie 2026....daar is tans n klomp beskikbaar gekom by Letaba....Sanparks se website 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/07/2025 - 07:02

...jou inset van 25 Julie verwys.

Wil jy vir my sê dat as mens wil bespreek vir 'n tydperk wat oor die einddatum van 'n besprekings periode strek, mens dit in 2 besprekings moet maak???

Dit kan nogal 'n gemors afgee. Gelukkig het so iets my nog nie oorgekom nie. 

Pretoria

Geert

Mon, 28/07/2025 - 07:12

Ja...ek moet weer bespreek om daai ekstra nag te kry.

Dis hoekom hulle Junie en Julie gewoonlik saamgooi omdat skool vakansie oor die 2 maande hardloop. Ek dink Desember en Januarie word ook saam gedoen 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/07/2025 - 08:52

... situasie t.o.v. vanjaar se wildtuinbespreking. Ek kon verlede jaar op 1 Junie bespreek vir my afgelope Mei-bespreking - maar slegs tot 31 Mei. Ek moes ook wag tot laterig in Julie alvorens ek vir 'n addisionele nag (1 Jun) kon bespreek.

Wel - hierdie oukêrel het geen wildtuinplanne vir 2026 nie en het dus geen besprekings gemaak nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus