Versamelaars item
Net soos die term, genoem in titel. Dit prikkel meestal enige persoon se aandag, en dan val mens daarvoor.
Braaivleisvuur aandag, jip, simpatie is ook aandag nê. ![]()
Was en poleer
Dit was vanoggend die wa se beurt om skoon gemaak te word, na die 21dae in Kruger en onlangse Namakwa-Suid Kaap toer. Ek is omtrent poegaai van leer klim, en armpies is seer van politoer aanvryf en opvryf.
Die voorkant en dak is die groot sondebokke met vuil en vaal/verbleik word. Ten minste na 3 ure se spook, is die Kavango se kenmerkende beige [ sand-bruin] kleur weer herstel.
Dalk moet ek gou fotos neem en adverteer, kry dalk 'n goeie prys ![]()
Wax..e on, wax...e off
Na al die wax on & wax off soos Mr Miagi dit so mooi verduidelik het in die film is jy seker ook nou reg om deel te neem aan die plaaslike Brits karate kampioenskap Wessel! As jy meer oefening kort, kan jy altyd opgradeer na my Fleetline toe, die lyk ook of dit kan doen met so bietjie wax oefeninge!
Neuskombers
Na 9 jaar se diens, is die huidige bedekking redelik vodde. Ek het dit vanoggend ingevat na Bundu Trailers sodat hulle 'n nuwe kan maak. Hulle is aansienlik nader aan my, en ek hoef nie Pretoria se verkeer te trotseer nie.
Ek koggel dalk myself, maar dink tog dit verhoed klipmerke teen die wa, en 'n terugbons na die kappie se agterruit.
Neuskombers
My ou waentjie het nie een nie. Ek het in Kgalagadi maar stukke vervoerband agter die sleepvoertuig gehang. Dit het die meeste klippers gekeer.
Wat kos so neuskombers jou?
Neuskombers
Gaan môre dit haal. koste aan maak van nuwe is R1550. Ek sal nadat ek dit gesien het, en aangesit het, kan [ver] oordeel of dit goeie prys is.
Goedkoop
Dis regtig nie duur nie. Ek kan egter tans niks bekostig nie, want nie net moes ek skuld maak vir voertuie se herstel en die deposito vir Dwarswegstrand 2026/27 nie, hier dop nou nog mediese onkostes uit ook.
Gelukkig dek my medies die blindederm grappie ten volle (R57000 sover), maar Kara moet sedasie kry vir werk in haar mond (R5000 net vir die sedasie, alhoewel myne net oor R5800 was na-ure vir 63 minute lank), Chris moet ‘n plaatjie kry (ek wag nog vir die kwotasie) en Salomien nuwe lense (ook R5000 net vir die lense. Sy kry sonbril lense gratis, maar moet die raam koop).
Ons spaarplan vir dag tot dag het net meer as R7000 oor vir die jaar, en alles hier bo kom daaruit. Die tandarts ondersoeke en oog ondersoek moet ook nog daarvan afkom. Ek het verniet vroeër gespog dat ek bykans skuldvry is (nie dat ek is nie - net vir my ouderdom redelik onbelas). Die Kavango se neus gaan dus moet koud kry. Plaas ‘n foto asb Wessel. Ek sal my inleef by jou vreugde.
nuwe neuskombers
Ek het toe die neuskombers gaan haal, en kom aanpas. Daar is 2 geringe verstellings aan die velgro stroke nodig, om ordentlik te heg.
Ek het sommer dit afgeneem op die stoep, want onder die skadunet is nie plek om 'n skerp foto te neem nie.
Ek het die nuwe vereenvoudig, dit het nie meer die opening wat oor die neuskas se deksel is nie. Ek het nog nooit dit met die oue gebruik om toegang na die kas te kry nie.
Die velgro hegtings link en regs bo, heg agter die 2 handvatsels om die kombers bo te hou. In die middel bo, is ook velgro wat aan die metaal waarop die bedpoot rus, vasmaak.
Die stroke heel links en regs, wat skuins gesny is, vou om die 2 koskaste na agter.
Die kombers bedek dus die hele voorkant van die wa, van die bedskaniere tot op die A-raam.
Ek sal tog 'n foto neem eendag, waar die kombers aan die wa geheg is.
Met eerste oogopslag het dit…
Met eerste oogopslag het dit gelyk soos 'n sleg passende tafeldoek![]()
Lyk netjies
Nou nie vir ‘n tafeldoek nie maar vir ‘n neuskombers. Haal jy dit af en vou op by jou bestemming vir toegang tot die neuskas en kant kaste?
Maak bo los
Chris S, nee ek maak dit net bo los en onder die 2 kombuiskassies. Dan laat sak ek dit totdat dit op die A- raam lê. Ek moet dit elkgeval bo losmaak om die voorste bed oop te maak.
LED probleem - opgelos
Ek plaas dit maar hier, want ek het die verandering aan die wa aangebring.
Ek het al vertel dat ek my Kavango se agterligte met LED vervang het. Toe ek die eerste keer met die Ranger sleep, flikker die parkeerligte van die wa aanhoudend. Dit was nog ‘n voorbeeld van die slim nuwe voertuig wat sy baas vang. Die weerstand van die LED ligte was te laag vir die Ranger se “slim” brein om raak te sien. Dit gee dan in effek ‘n fout.
Ek moes toe by die agent ‘n trailer patch control koop. Dis ‘n lomp gedoente wat ‘n metaal sleepwa sok aan eenkant het, seker 45cm kabel tussenin en ‘n metaal sleepwaprop aan die anderkant. Dit moet tussen die Ranger en sleepvoertuig ingeprop word. Dis ‘n pyn in die agterent wat my al lank irriteer. Toe ek dit oopmaak is daar eenvoudig in die prop resistors ingebou wat die Ranger se “slim” brein flous.
Hier is ‘n auto elektrisiën wat al Eskom se vroeë Rangers bewerk het om die geflikker uit te skakel. Toe ek hulle gister bel om uit te vind wat dit gaan kos as ek die hardeware voorsien sê hulle R2200. Siende dat ek tans nie ‘n rol toiletpapier kan bekostig sonder om geld te leen uit my verband nie, wys ek dit beleefd van die hand.
Ek dink toe daaroor, en besluit om die gedoente van die agent in die wa se draad na die prop toe te splice. Ek sleep niks anders nie, so dit sal werk. Ek het beide die sok op die agent se gedoente en die prop op die wa se draadjies losgemaak en die splice vanoggend uitgevoer. Dit werk, en as ek ‘n ander wa koop kan ek bloot by die splice afknip en alles terugsit soos dit was. Ek het vandag niks geknip nie.
LED oplossing
Jy hou jou lekker besig met jou kampeerspeelgoed. ek is bly dit het gewerk.
Skielik wonder ek of Grootwind se sensasionele nuwe wa nie dalk ook LED ligte het nie. Dan kan sy Ranger moontlik ook so 'n "trailer control" benodig. Ek weet uit ondervinding dat sy Fleetline nog die konvensionele gloeilampies sal hê.
Net die eerste T6 het die probleem
Dan kan sy Ranger moontlik ook so 'n "trailer control" benodig.
Ford het vinniger hulle fout agtergekom met die LED sleepwa ligte probleem as met hulle wet timing belt wat hulle nou eers van ontslae raak. Dit was net die eerste T6 Rangers wat die LED probleem gehad het.
Het by aankoop van die…
Het by aankoop van die Sensation probeer kyk sonder om die ligte oop te maak watter gloeilampe in is, lyk soos gewones. Sal komende Saterdag seker presies weet as ek die wa haak om huis toe te sleep! Chris S is reg, die LED probleem was met die eerste T6 Rangers (o.a. ook myne wat gesteel is). Huidige ene is 'n 2019 model so ek dink nie dis meer 'n probleem nie. So ook die 10 minute olie ruil beperking was slegs relevant tot die eerste Rangers, die probleem was die olie "sump pickup & strainer" wat verkeerd geposisioneer was, sover ek weet is dit ook lankal opgelos, ek het nog erens 'n afskrif van die destydse Ford Service Bulletin wat die probleem en 10 minute ding beskryf, sal dit soek en vir Chris stuur.
Alko koppeling
Ek het julle dalk vertel hoe ek na my 5000km toer agtergekom het die "high tensile strength" bout in die Alko koppeling was morsaf gebreek. Asof mens dit met 'n mes gesny het. Gelukkig het die bout nie uitgeval nie, anders het die koppeling geknak.
Die swart bout is die nuwe ene wat ek tuis ingesit het. Die tweede bout is net regs van hom, bedek met die rubberkous se voorkant.
Nuwe neuskombers
Ek moes vanoggend die wa oopmaak en uittrek, om na Bundu Trailers te neem vir sy jaarlikse deurkyk en remme stel. Gou 'n foto geneem om te wys hoe die "sleg passende tafeldoek" [Grootwind ![]()
] op die Kavango lyk. My inset gedateer 27/11/25 het betrekking.
Die Hilux regs met die spoegkobra luginlaat is NIE Grompie nie.![]()
Kavango remskoene
Chris, ek sal graag wil hoor wat Brake and clutch jou vra vir die remme werk.
Kan mens die remblokkies inspekteer sonder om die drom oop te maak??





Verkoopsfoefie
Verkoopsfoefie Wessel. Lyk mooi op papier" spesiaal vervaardigde veerstelsel". Laat val dit om die braaivlesvuur en jy kry aandag.