Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Auchterlonie Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Molle Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -2 hours ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 08/12/2017 - 08:13

Bly om te sien julle was geselserig vanoggend terwyl ek nog "ingelê" het.

Dusty het darem 'n wegbreek maar dit lyk of ons ander by die huis is die naweek.    O ja, en Wilsur is seker oppad Hartenbos toe, hy het mos gesê hy klok Sondag daar in?    

Ek wens van die stil lede wil ons vertel waar hulle gaan kamp vir die Kersvakansie.  Ek gaan nou 'n draad open en kyk of ons bietjie antwoorde kry.  Hou duimvas!

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 08/12/2017 - 08:37

More almal, dankie tee was lekker.

Stoffel julle moet mooi ry en geniet die naweek, so ook almal wat wegaan die baweek.

Hier ook niks gereen laasnag nie,  maar vandag dig toe getrek met goeie reen vooruitsig.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 08/12/2017 - 09:09

Dagsê almal !

Wow, gister was 'n snikhete dag hier by ons in Brackenfell, 38º !  Vandag se voorspelling is weer in die 30's maar hopelik nie so kwaai soos gister nie.  Vanoggend vroeg, nog voor die son naby my swembad gekom het, was die swembadwater 30º  -  seker nog van gister se hittegolf.

Ek sien Willem vorder goed oppad Hartenbos toe, hulle was al vroeg vanoggend by Kroonstad en mik nou vir Gariepdam daar naby Colesberg.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 09/12/2017 - 06:39

Wens die wyfie word nou wakker, 

dalk moet jy vir haar van jou slegte koffie maak, in die bed, sodat sy kan wakker worre smiley

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 09/12/2017 - 06:48

hehehe -    toemaar, jy is nie alleen nie.  My wyfie lê ook elke Saterdagoggend lekker laat.   Ek sit maar hier op die stoep, drink alleen koffie, lees forum en kyk hoe die budgies paar.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 09/12/2017 - 07:19

Lyk my daar is 'n sameswering hier vanoggend tussen Gees en Voories.   Die een praat van 'n bonus en die ander een van paar en albei sluit 'n wyfie in.   Hmmmm, ek wonder maar net.wink

Nouja, ten minste hoef ons nie vandag te kyk hoe die Springbokke verloor nie.   Die Blitsbokke kon nog nie in die Kaap wen nie, hoop hulle kry dit reg die naweek.

Vanaand gaan ons na die 70ste verjaarsdag van 'n vriendin.

Sedert laat gisteraand waai die wind 'n hond uit 'n bos hier in die Baai.   In die nag het ek my soms verbeel en kamp langs die see.  Dit het soms so klapgeluid gemaak soos 'n brander wat breek.

Julle moet 'n lekker Saterdag hê.  Sny daai gras netjies Segekok, hou lekker partytjie Dusty, Gees en Voories, julle twee moet maar elk 'n pilletjie drink.  Vir Gees se kopseer.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/12/2017 - 11:44

........en ook pilletjies vir die twee wyfies wat daardie tyd van die oggend hoogswaarskynlik ook "kopseer" sal hê.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 09/12/2017 - 12:50

Goeie more, of middag, almal. 

Lyk my party mense gaan gras sny,       terwyl ander iets anders probeer.

O ja, dankie die tee was lekker.

Len, dankie vir die terugvoer ivm Willem

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/12/2017 - 13:23

Willem-hulle het toe by Gariep verby geskiet to by Camdebo Nasionale Park naby Graaff-Reinet.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 09/12/2017 - 16:20

Dankie Len,  ons vertrou hulle ry rustig, veral na die sweer wat gedreineer is, klink dit my Willem is haastig?

Anton, Lolla moet die tennis geniet,  en jy die goue koue.

Ons gaan nou by die kinders braai,  so ek vat genoeg Coke saam, gaan maar so twee botteltjies Millers ook inpak, net in geval ek dors word.?

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 09/12/2017 - 16:22

Julle moet 'n lekker rustige Saterdagaand saam jet Noddy geniet, ek gaan nou nie vannaand inskakel nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 10/12/2017 - 05:11

Yes, yes.  Wie is al wakker?   Vyf uur en ek is al besig met my opvolg koppie koffie!

Gister was ons van 5 uur die middag by ons vriendin se partytjie, lekker gesels en geëet maar so na 9 alweer terug by die huis.   Bed toe met 'n boek, lees een bladsy en slaap.   Nou weer hopeloos te vroeg uitgeslaap en hier sit ek.   Ja, ja, ek weet die jong laaities gaan vir my sê dit is die ouderdom.   En julle is reg!    Geniet maar julle lekker kuier en lekker laat slaap, terwyl julle kan.   Eendag, wanneer julle by daai stadium kom, onthou daai tannie Freda,  van die forum,  se woorde.  Dan stoot ek lankal daisies op! wink

Nou moet jul almal 'n heerlike Sondag geniet, voor die nuwe werksweek begin.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus