Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Willem. Dit lyk soos … Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -14 minutes ago
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -10 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/01/2026 - 11:25

Ek het so bietjie na internet geloer na tipies my Hilux se laai gedrag. mens moet ook maar katvoet wees met wat mens lees, en oppas vir veralgemenings, en oumens fabels

Tipiese spesifikasie vir Grompie is;

maks stroom: ongeveer 75 amp by watter omwentelinge word nie genoem nie. Seker maar rondom 2000rpm

Maks spanning: 13.8 tot 14.5 V

Stoom by luier rpm: ongeveer 38 amp.

Laasgenoemde skep die indruk dat met geen elektriese aanvraag van ligte ensovoorts, behoort die battery wel te laai terwyl enjin luier.  

Nou is die vraag, hoeveel stroom vloei en vir hoe lank om 'n diesel aan te skakel??? Gestel;

stroom: 60amp

tyd : 3min 

krag uit battery = 60 x 0.05 = 3amp.hr

teen luierspoed lewer altenator ongeveer 40 ampere, dus word die 3amp.hr teruggesit in ongeveer 4.5min. 

Vir mense wat elke dag in die dorp rond pendel, en elke trip tussen aanskakel en afskakel is langer as 5 minute, benadeel nie die battery nie.

Bostaande is 'n elementêre benadering wat gerus deur ons "semi skilled"laugh ingenieurs forumlede beter belig moet word. 

NS: dit verduidelik nog nie waarom, en wat dreineer Grompie se battery as dit doodstil vir 10 dae staan nie.  

0
Worcester

Wildehont

Tue, 20/01/2026 - 12:46

Laasgenoemde skep die indruk dat met geen elektriese aanvraag van ligte ensovoorts, behoort die battery wel te laai terwyl enjin luier.

Ouer voertuie wat eenvoudiger was het basies net ligte, ‘n toeter, ‘n waaier, ruitveers en ‘n radio gehad wat van die battery af gewerk het. Hedendaagse voertuie is nie meer so eenvoudig nie, en ek dink daar is baie kragdiewe waarvan ons nie eers bewus is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/01/2026 - 13:30

...waarvan ons redelik onbewus is, soos opspoorstelsels, instrumentliggies, die agtergrond "infotainment" en databank beskikbaar, letterlik agter die halwe rekenaarskerm, is seker die milli-amp  diewe. 

Tog, met meer as 75amp beskikbare stroom uit laaier, behoort daar baie  stroom beskikbaar te wees vir battery laai. 

Wat ek wel weet, is dat my CTEK batterylaaier se stroom van ~4amp maar lig is teen die stroom uit die altenator.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/01/2026 - 15:51

....gemete uitset spanning is 13.95V.  Ongelukkig is my multimeter ongeskik om enige stroom bo 10 amp. te meet.  Stem redelik ooreen met waardes hierbo genoem.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 20/01/2026 - 15:52

Wat op Google beskikbaar is meen dat jou engine se vraag nagenoeg 200watt is. Die res ligte, ruitveers etc etc omtrent 300 watt.

So teen luierspoed kan jy maar aansit Wessel. Jou 38 amp behoort dit te cover.

Die oudse se karligte wat halogen. sealed beams en filsment etc was, was glo ek kragvrate. Jy kon hoor die revs val sodra jy hoofligte aansit.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 22/01/2026 - 11:01

Met Salomien se Fiesta wat steeds nie 100% is nie, het sy nog Desember met die Prado gery. So moes sy een dag gaan foto’s neem op ‘n olyfplaas langs die Breederivier tussen Worcester en Robertson. Oppad daarheen bel sy my en sê die vastrapbeheer liggie en nog ‘n paar ander het aangegaan en terwyl ons praat gaan die enjinliggie ook aan. Sy het toe die Prado daar gelos (so ent uit Worcester) en ek het dit gaan haal terwyl sy my volg met die Ranger. 
 

Om ‘n lang storie korter te maak, die Prado ry heeltemal normaal, maar later begin nog meer liggies aangaan en die spoedmeter hou op werk. Na ‘n rukkie gaan alles weer af en die spoedmeter werk vir ‘n rukkie, dan begin die liggies weer aangaan en die spoedmeter af.

Ek begin toe aanlyn soek en daar is verskeie verklarings op die forums hier en in ander lande oor waarom ‘n Prado 120 sulke streke sou uithaal. Ek het al die raad probeer maar die probleem wou nie weggaan nie. Toe kalf die Prado se Willard battery. Ek neem toe aan dis ouderdom, en ‘n battery wat faal kan blykbaar ook die vreemde gedrag van die motor veroorsaak. 
 

Ek kry toe ‘n ander battery van dieselfde spesifikasie maar die streke duur voort. Iets sê toe vir my dit kan dalk die alternator wees, maar toe ek dit toets met my multimeter laai dit teen 14,3V wat vir my nie te hoog geklink het nie. Ek parkeer toe eerder die Prado, en gaan hou eers vakansie.
 

My finansies lyk tans steeds beroerd, maar ek maak toe maar Maandag ‘n afspraak by Hein wat al my auto-elektriese werk doen. Hy kon my eers vandag help, en Salomien vat toe die Prado vanoggend daarheen en ek kry haar daar. Hulle toets die alternator en dit laai teen 16,5V. Dit is toe dus foutief, en hulle gaan die fout soek.
 

Die battery het reeds gekook na die kort rit van ons huis af en is moontlik ook beskadig. Dis gelukkig ‘n ou battery wat ek by my vriend wat by Diesel Electric werk gekry het. Hy kry van tyd tot tyd batterye wat mense uitgooi, maar wat nog werk. Die was een.
 

Nou hou ek duim vas dat die alternator se herstel nie te duur gaan wees nie, en dat die battery dalk oorleef het. Ek hoop ook dit is die foutiewe alternator wat die voertuig so vreemd laat optree het en dat daar nie iets anders fout is nie. Hein se handlanger sê nogal vir my ek kan bly wees die alternator het nie meer as 18V gegee nie, want dan sou die ECU beskadig geword het en dis ‘n helse duur probleem. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 12:03

Ek skiet sommer skoot in die donker, wat is die doel van die "voltage regulator"?? Meet dit die battery-spanning en sny die stroom af op seg 14.3V?? Of beheer dit ook die spanning wat alternator uitsit?? 

'n Goeie ankerwikkelaar behoort 'n alternator sekerlik te kan herspoel.

Ek dink jou flikkerende liggies en meterstreke is suiwer 'n funksie van daai hoge spanning. 

Die vraag is, wat is kaput, die reguleerder of die alternator.??

0
Worcester

Wildehont

Thu, 22/01/2026 - 12:28

Die vraag is, wat is kaput, die reguleerder of die alternator.?

Ek het die Prado net daar gelos. Hulle sal eers moet kyk of hulle die alternator self kan afhaal,  anders moet dit na ‘n nabygeleë diensverskaffer met ‘n hyser gaan om af te haal - natuurlik teen ekstra koste.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 22/01/2026 - 15:49

Dis wat fout is met die Prado se alternator. Die totale koste vir ‘n gewaarborgde herstel is R2190, waarvan R1200 vir die afhaal en terugsit van die alternator deur ‘n werktuigkundige is. Hein kon dit nie self doen nie. Dit sit onder die een kant van die V van die enjinblok aan die battery se kant. Statorwikkeling is terloops blykbaar die Afrikaanse vertaling vir rotor winding.

0
Irene

Grootwind

Thu, 22/01/2026 - 16:04

Bly jy het die fout gekry! Terloops, stator wikkeling is die statiese (stilstaande) wikkeling nie die roterende deel nie. Die roterende deel is die rotor, dis die deel wat draai. Dis onverstaanbaar waarom soveel ontwerpers nie hulle stelsels so ontwerp dat hulle maklik is om te onderhou of te herstel. Die grootste skuldiges in die verband is oor die algemeen die Franse, gevolg deur die Italianers. Wie sou nou kon dink dat Toyota ook nie heeltemal onskuldig is nie!

0
Irene

Grootwind

Thu, 22/01/2026 - 17:54

Dis 'n Ford...so dis makliker om by alles te kom! As jy regtig wil weet Wessel is dit Easy-Peasy soos my kinders altyd gesê het! Hier is die instruksies...

Steps to Access the Alternator:

  • Safety First: Disconnect the negative battery terminal to prevent electrical shorts.
  • Remove Engine Cover: Remove the engine cover to gain a better view and access, as shown in this YouTube video.
  • Remove Serpentine Belt: Use a belt tensioner tool to release tension on the serpentine belt and remove it from the alternator pulley.
  • Disconnect Electrical Connections: Remove the electrical wiring connectors and the main power cable from the back of the alternator.
  • Remove Mounting Bolts: Unbolt the alternator from the engine bracket. It is generally held by three bolts.
  • Access Point: The alternator is located at the front of the engine. 

Easy-Peasy!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 22/01/2026 - 18:06

Alternators herstel.... daar sal beslis ñ " aftermarket" wees vir ñ bekostigbare prys. My ondervinding is dat sodra ń aansitter of alternator begin lol, skop hom oor die doodlyn, en kry ñ generic. 

Ek kan jou nare stories vertel van Auto electricians wat starters oorgebou het wat dan net 6 maande hou.

Alternator, nog nooit laat oorbou nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 22/01/2026 - 18:55

....dankie vir die detail uiteensetting. Ek is gelukkig vreeslik onhandig en tegnies gestrem, dus is alles maklik vir my. 

Ek vat die stukkende ding na iemand wat kundigheid het, om te herstel/vervang. Easy-Peasy laughwink 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 07:48

Ek hoor wat Oom Neef sê maar beggars can’t be choosers​​​​​​. Hein gee darem ook vir my ‘n waarborg. 
 

Dankie vir die korrekte Afrikaanse benaming GW. Google se vertaling is nie altyd so goed nie.

0
Irene

Grootwind

Fri, 23/01/2026 - 08:55

Die herstel van windings is nie "rocket science" nie. Om die waarheid te sê, daar is ambags mense wat dit so goed herstel dat dit beter is as 'n nuwe. Gewoonlik vervang hulle in die proses ook ander goed soos laers ens. Ek sal nie slaap verloor hieroor nie...behalwe natuurlik as 'n agterplaas mekaniek die joppie doen...as ek ook reg onthou is daai Prado redelik oud en sal dus waarskynlik nie 'n sg. slim alternator hê nie. Klomp minder goed om oor te komkommer Hier is 'n vinnige 'net opsomming van 'n slim alternator se eienskappe...let veral op na die wisselende spanning wat normaal is vir die klas ding!

Smart alternators, common in post-2015 Euro 5/6 vehicles, optimize fuel efficiency and lower emissions by varying voltage output (approx. 12.3V–15V) based on engine load, rather than providing a constant charge. They often use regenerative braking to boost voltage during deceleration. These systems can cause issues for auxiliary batteries, requiring dedicated DC-DC chargers. 

Key Characteristics and Issues

  • Variable Output: Unlike traditional alternators (constant 13.8V-14.4V), smart alternators can drop voltage to ~12.3V during acceleration to reduce load, which may fail to charge auxiliary systems.
  • Voltage Spikes: Voltage can jump to 15V or higher during braking.
  • Detection: A common sign is a sensor (small black box) on the negative battery terminal. Alternatively, a 20-40 minute drive while monitoring voltage (which will fluctuate) can confirm.
  • Compatibility: Standard Voltage Sensitive Relays (VSRs) often fail or cycle on/off with these systems. 

Solutions for Auxiliary Charging

  • DC-DC Charger: The recommended solution is a DC-DC charger that accepts fluctuating input voltage and provides a consistent charge to the leisure battery.
  • Ignition-Fed Relay: Using an ignition-controlled relay (ign-wire) instead of a voltage-sensitive one ensures the charger only operates when the engine is on, regardless of voltage drops.
  • "Smart" Inhibitor: Some vehicles (e.g., Ford Transit) allow disabling the smart system by grounding specific pins, forcing the alternator to run constantly. 

Identifying a Smart Alternator System

  • Voltage Testing: If, after starting the engine, the battery voltage drops below 13V-13.5V, it is likely a smart alternator.
  • Vehicle Age: Most vehicles built from 2015 onwards use this technology. 

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 09:48

Gewoonlik vervang hulle in die proses ook ander goed soos laers ens. Ek sal nie slaap verloor hieroor nie...behalwe natuurlik as 'n agterplaas mekaniek die joppie doen...as ek ook reg onthou is daai Prado redelik oud en sal dus waarskynlik nie 'n sg. slim alternator hê nie.

Hein bou al baie lank alternators en aansitters oor. Ek vertrou sy werk. Hy doen ook nie onnodige werk nie, en het my al gratis gehelp met ‘n paar dinge. Toe ek die Prado gekoop het, het dit bv ‘n probleem gehad dat dit nie wou start as dit warm gery was en dis warm buite nie. Hy het my aangeraai om soliede brass terminale te koop, en nadat ek het is die probleem weg. Die ou ken sy storie. 
 

Die Prado is ‘n 2008 model en het nie ‘n slim alternator nie. Ek dink ook nie die Ranger (‘n 2013 model) het een nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 23/01/2026 - 10:53

Jitte, ek sien nou ń nuwe Prado Alternator gaan jou R20k uit die sak jaag!! Herbou kostes so by R4,5k . Wragties, lyk my ek leef nog in die vorige eeu.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/01/2026 - 11:28

Ek het nou gaan kyk vir daai klein swart boksie aan die negatiewe batterypool. Ek kon dit nie vind nie, dus is ou Grompie seker maar 'n te goedkoop model, met die outydse normale alternator. Of die dingetjie is ent weg op die bedrading.

Wat ek wel gesien het, is dat die alternator omtrent versteek is, knap teen die enjin. Hopenlik kan dit maklik van onder af bygekom word.frown

 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 13:25

Die boodskap het skeef oorgekom op die foon. Ek het vanoggend met Hein in persoon gepraat en hy het my op ‘n ander rotor gewys wat gebeur het. Die draad wat aan een kant van die wikkeling uitkom en bo-op die rotor vaskom het afgebreek en ‘n kortsluiting gemaak op die rotor se buitekant. Dit het veroorsaak dat die spanningreguleerder nie meer beheer gehad het oor die spanning nie en dit heeltyd te hoog was. Hy sê ons sou nie veel verder met die voertuig kon ry nie. Die stroom het weens die kortsluiting deur die laers ook gevloei en hulle gebraai. Hy het hulle vervang en die draad reggemaak. Hy sê die alternator is nou weer klopdisselboom maar die battery kon dalk seergekry het en ek moet hoop niks eletronika het skade gely nie. Hou maar duim vas asb. 
 

Hy sê ook die ou wat die alternator moes afhaal het sy agterent afgesukkel. Sy woorde was dat die ou gehuil het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus