Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 minutes ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -17 minutes ago
Len Verskoning Jan Meyer -24 minutes ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -27 minutes ago
kan nie wag.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -31 minutes ago
Len... Verskoning Wessel Strydom -35 minutes ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Secunda

Sleep nou

Tue, 12/12/2017 - 06:37

More almal gooi daai koffie hier by my loop hy soos stroop Phalaborwa laaste week 25 mm reen gehad so dankbaar vir hulle . Julle wat op verlof is gaan groot geniet en dink aan ons wat oor desember werk. Gaan groot julle

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 12/12/2017 - 07:59

Hoe gaan dit met almal vanoggend?

Ek spog net Saterdag by iemand dat ek die afgelope twee jaar nie 'n verkoue gehad het nie en vanoggend word ek met 'n keelseer wakker.   

Wilsur is seker al lekker aan die kamp daar by Hartenbos.   Gaan ons van hom hoor terwyl hy daar is?

Lieflike dag in die Baai, uitstekend vir die kampeerders.

0

More al die forum lede is al op my 4 de koppie koffie .Die weer lyk bietjie snaaks hier in Durban dit wil ,wil reen maar toe ook nie .Die wat n harde dag het wat voorle hou moed daar is nog net 7 ure oor lol

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 12/12/2017 - 22:12

Naand sê almal, dankie vir die laat toelating?

Ek en ma was vanoggend gou Montana  (Kolonnade Centre) toe om by 'n mede kampeerder goed te gaan haal,  voor ons die papier handoek rolle om 12:00 kon kry, het ons so bietjie oorkant dir pad by Montana Traders gaan in loer.

Wat 'n lekker rustige en veilige plek om kers liggies en nog wat alles te kry. Lekker om so bietjie te kibbel oor die pryse en dan te koop, jy voel jy het waarde vir jou geld gekry. 

Die pad vanaf Johannesburg was vrek besig, kan nie verstaan hoekom nie,  dit is wel oggend piek gewees, maar dit is vakansie en Dinsdag. ?

Ons het ook darem so drie karavane op die pad tee gekom, en kekker jaloers geraak.

 

0
Centurion

Dusty

Wed, 13/12/2017 - 05:27

Goeie more.

Tee is ook lekker vanoggend. Alles lyk en ruik so vars vanoggend.

Lekker dag vie elkeen

0

More Anton....

Hoe lyk die wereld deesdae?.... Enigiets gemis?.... zupta inni tronk? petrol prys gedaal? 

Behoort tot volle bewysyn te wees so oor twee dae.....

Dan vlug hierdie vlak vark naa die vlaktes... hehehe

Dan is ek heel wakker vir so 30 dae, dan weer inni grot klimb vir my jaarlikse 335 hibernasie....

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 13/12/2017 - 06:51

Goeie môre almal.   Is dit Woensdag?  Kan jy dit glo smiley

Vandag moet ek suid beweeg -  wonder by wie kan ek gaan koffie drink?

Lekker dag vir almal!    

...en Deon jy moet asb nie te hard werk nie.

Warren -  dit is minnis voor hy innis! laugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 13/12/2017 - 07:13

Ek hoop almal het lekker geslaap en is uitgerus.   Reg vir hierdie Woensdag.

Gisteraand het gewys ons het 30% kans vir reën vandag maar dit beteken 70% kans dat dit nie gaan reën nie.   Wonder watter odds gaan gebeur?   Dit lyk bietjie bewolk.

 

0
Meyerton

Segekok

Wed, 13/12/2017 - 07:22

Freda net vir die wat dalk nie weet nie...  Daardie  30% beteken dat daar n moontlikheid is dat 30% van die area waarvoor daar voorspel word reen kan verwag.

 

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 13/12/2017 - 07:31

More julle looi daai koffie en tee geniet hom. Het nuwe foon gekry ,en alle contacts verloor Freda het gelukikig vir mywatts up gestuur Anton, Deon en ander stuur vir my waats up asb sodat ek kan safe eish tegnolegie kan jou soms n middle vingger wys Lekke dag vir julle

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 13/12/2017 - 08:09

Het nuwe foon gekry ,en alle contacts verloor

Selfde met my gebeur laas week. laugh​​​​​​

Het iemand Johann L se nr  vir my. Asb whatsapp of sms?   Wil vir hom gaan hello se. wink

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 13/12/2017 - 08:11

Segekok, jy het my nou iets geleer!   Ek het dit sowaar nie geweet nie.   En ek word altyd vies as dit volgens die nuus se voorspelling lyk of dit kan reën maar volgens internet vir PE wys dit niks.  Na al die jare, leer ek nou dit! laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus