6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -2 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -13 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Cobb - Tips en idees

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Cobb

Pretoria

Geert

Sun, 21/06/2026 - 08:25

Ek begin hierdie draad omdat ek lees dat daar klompie Cobb eienaars en eienaaresse hier is. Ek self het n hele ruk terug n 2de handse Cobb ge-erf, maar weet nie hoe hy werk nie....so tips sal gaaf wees

Kaap

Goeie Hout

Sun, 21/06/2026 - 20:12

Ek het hom ook nou gekry.

Wat my laat swaai het is RONA wat se sy gebruik hom as n oondjie ook.

Ek sal aanstuur as ek so trial and error tegniek gebruik.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/06/2026 - 19:29

My kinders in Roemenië het 'n Cobb. Ek het dit in die verlede gebruik om op hulle balkon te braai - maar het altyd brikette gebruik. Ek kon nooit werklik regkom om lekker daarop te braai nie, maar dit was beter as niks. Die grootste negatiewe ding van 'n Cobb is die schlep om die ding weer skoon te maak (dit is nou na 'n braai). Persoonlik reken ek dat 'n Smokey Joe 'n beter roep is - veral vir braai, maar ook as oondjie. Maar dalk is ek bevooroordeeld.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 23/06/2026 - 12:21

... dit was etlike jare gelede. Gevolglik kan ek nie lekker onthou nie, maar ek het maar die holte gevul met brikette.

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 23/06/2026 - 12:46

Ek dink mens sal hier baie moet eksperimenteer met die soort brikette wat jy gebruik en watter proses jy beplan - kook, bak, braai ens. aangesien tyd en temperatuur bepalend gaan wees.

Die Cobb moet vir my as oond dien vir brood, skons en muffins bak, lasagne maak, groente geregte en om hoender en ander vleissnitte te rooster. Geen braai of kokery in gedagte nie.

Daar is baie resepte op die www beskikbaar. Ek het al op 'n Suid-Afrikaanse dame afgekom wat brikette gebruik ipv die Cobb se cobble stone (wieletjies). Vir elke resep gee sy die hoeveelheid brikette wat sy gebruik. Ek het haar riglyn gevolg om 'n mieliebrood te bak, maar my kole het baie vinnig te koud geword. Sekerlik het ek dan nie die regte brikette gebruik nie.

Raad wat ek intussen (op 'n ander draad) van Wessel gekry het, is om Etosha trikette te gebruik vir meer en langer hitte. Dit klink ook asof dit vir Chris die staatmaker is. Kole uitgesorteer - dit was net nie gister in ons dorpie beskikbaar nie.....

Verder het ek ook die kleiner Cobb (stock standard). Hierdie outjie moet homself nou maar as 'n oondjie bewys want ek oorweeg nie nog aanvullings nie - my bussie is amper vol en die goeie feetjie gaan my nie skielik in 'n baasbakster omtower nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 23/06/2026 - 15:56

In die verlede kon ek dit bykans slegs by PnP koop. Totdat ek by ons plaaslike Super Spar in Kleinmond 'n versoek gerig het om dit aan te hou. Sedertdien is dit een van hul topverkoper brikette, ten spyte van 'n duurder prys. Ek het egter onlangs by die vervaardiger aanlyn bestel, maar jy moet egter minstens 15 sakke neem.

Pretoria

Geert

Tue, 23/06/2026 - 18:30

Ek gaan myne maar die naweek uitpak en kyk wat daar alles is.....beslis nie so baie parte soos op die prentjie hierbo nie. 

Kaap

Goeie Hout

Wed, 24/06/2026 - 08:48

Ok ok ok.  Ek gaan myne ook oopmaak die naweek.

Kan nie wag.

Rona stuur die mielie brood resep asb.  Of die WWW adres van die tante.

Mooi dag almal.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 24/06/2026 - 23:26

Op versoek van Goeie Hout. Vrywaring: ek aanvaar nie dat iemand op my gaan skree in geval van 'n brood wat rou is, verbrand het, skeef gerys het ens. ens. nielaugh 

Vooraf: Steek 7-10 brikette aan die brand. Wanneer dit wit/grys is, is dit warm.

BESTANDDELE

  • 500 g Bruismeel
  • 5 ml Sout 
  • 1 Blik geroomde suikermielies (410g)
  • 1 Klein gerasperde ui
  • 2 Groot eiers
  • 1 K gerasperde Cheddar kaas
  • 60 ml Melk
  • 25 ml Kookolie
  • METODE
  • In bak 1: Sif bruismeel en sout saam
  • In bak 2: Klits eiers, melk en olie saam. Voeg mielies en ui hierby asook die helfte vd kaas
  • Voeg meel (bak 1) by die 2e bak met nat bestanddele. Meng, maar nie te veel, anders sal die brood taai wees (sê hulle). Sit deeg in die pan met ander helfte van die kaas bo-op.
  • Plaas pan op rooster
  • Sit koepeldeksel op en bak 45 - 60 minute. Kyk of dit gaar is - die toetspen-storie
  • NB!!!! Moenie loer nie vir die eerste 25-30 minute

Temperatuur moet wees tussen 160 - 180ºC

Hierdie brood was heerlik. Ek sal dit weer bak. Met die regte kole behoort dit my nie weer so lank te neem om dit gaar te kry nie.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 28/06/2026 - 23:24

Kyk nou so 'n netjiese broodjie. Dit lyk heerlik. Baie dankie vir die vertroue wat jy in my gestel hetlaughlaugh 

Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 29/06/2026 - 10:36

Hi Rona, ons het nog so stukkie verouderde cheddar gehad wat ons toe gebruik het en dié het die broodjie n rokerige smaak gegee. Nellie het net die ui so bietjie gaar gemaak en toe ingesit. Sy hou nie van daai rou uie smaak in sekere kosse nie. Verder het sy gedoen soos die resep sê en ek het hom deurgewerk saam met perske konfyt. Toe loop hy soos n kerkmuis met slippertjies aan, baie mooi.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/06/2026 - 12:36

klink vreemd. Ek het egter deurgedruk met die "klein" ui soos in die resep. Die smaak was daar, maar nie oorheersend nie. Miskien was my uitjie "piepklein".

Kaap

Goeie Hout

Thu, 02/07/2026 - 08:49

Skuus Rona.  Ek sien nou eers die resep.

Ek kon nie my Cobb toe uitpak.

Die naweek en gaan die broodjie probeer.

 

Mooi loop almal.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 05/07/2026 - 17:13

Ja, Geert, dis hoe dit inmekaar pas. Sien uit na jou eindproduk.

*Reg vir bak. Nie seker as mens wil braai of die silwer gaatjies-plaat ook daar moet wees nie, maar ek neem so aan.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 05/07/2026 - 18:27

... met 'n Cobb - dit is nie 'n lekker braaier nie. Beter as niks as jy niks anders tot jou beskikking op 'n Roemeense woonstelbalkon het nie. En (amper sê ek donners) moeilik om skoon te maak. Ek reken dit is eerder vir bak.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 05/07/2026 - 18:41

Iets het my bly pla sedert ek jou foto's hier bo gesien het. My "gaatjies-plaat" is swart, waarom is joune silwer? Daardie plaat moet omgekeer word - swart kant bo. Jammer, waarskynlik te laat. Sou seker werk, maar ek dink die swart laag kan beskadig as dit aan baie hitte blootgestel word.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus