6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Cobb - Tips en idees

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Cobb

Pretoria

Geert

Sun, 05/07/2026 - 18:54

Ek was heel beindruk met die werking en smaak van vleis in Cobb. Ons het n 1,5kg varknek gehad. Binne n uur was hy heerlik gaar en sappig

Pretoria

Geert

Sun, 05/07/2026 - 19:15

Iets het my bly pla sedert ek jou foto's hier bo gesien het. My "gaatjies-plaat" is swart, waarom is joune silwer? Daardie plaat moet omgekeer word - swart kant bo. Jammer, waarskynlik te laat. Sou seker werk, maar ek dink die swart laag kan beskadig as dit aan baie hitte blootgestel word.

Ja Rona...ek het gevoel die plaat skuif heeltyd rond, kom toe agter plaat moes omgedraai word. Ek het so gebraai....lyk of geen skade

Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/07/2026 - 19:25

Geert, Rona, iets maak nie sin nie. Die plaat met swart en blink kant, is dit die plaat tussen die vleis en kole??

Wat seg die boekie se aanwysings. ?? Anders sal ek die plaat met swart na onder [hitte kant] sit. Sodoende word meer hitte opgeneem en oorgedra [deur straling] aan die vleise bo.

Die blink kant na onder sal meer hitte reflekteer, wat dan beteken dat minder hitte oorgedra word na die braai kant.   

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 05/07/2026 - 19:56

Sommer geweet jy gaan met iets uit die boeke te voorskyn kom. Dit lyk heerlik en ek glo jou as jy sê dat dit lekker gesmaak het.

Sien jy het 'n Cobb-wieletjie gebruik vir kole. As dit nie 'n vreemde smaak aan die vleis gegee het nie is dit miskien meer betroubaar vir konstante hitte. Ek gaan maar nog eers kyk of ek Etosha te koop kan kry.

So bly dat die ronde plaat nie beskadig is nie. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 05/07/2026 - 20:19

Ek verstaan jou redenasie dat die silwer kant na onder meer hitte weg reflekteer. Met foelie werk dit ook so - blink kant na binne vir meer hitte waar dit nodig is. Die swart kant van hierdie plaat is/het egter 'n beskermende lagie - ek weet niks van tegniese dinge nie, maar vermoed dis min of meer dieselfde as in non stick panne - teflon, of so iets. 

Cobb gegoogle - swart kant na bo. So ons vra nie vrae nie en doen net soos hulle sêlaugh

Pretoria

Geert

Sun, 05/07/2026 - 22:14

Ja...ook nou gelees dat swart kant teflon is vir makliker skoonmaak, daarom moet dit bo wees waar vleis en sous op drup. Iemand sê vir my dat ek nie die Cobb moet gebruik met daai plaat as ek vleis braai nie. Dit maak nie veel sin nie....volgens my gaan vleis dan brand aan onderkant omdat hy direkte hitte kry?

Rona. Ja ek het Cobb wieletjie gebruik. Ek het 1x saam met die Cobb gekry. Volgende keer gaan ek ook brikette gebruik....hoofsaaklik oor kostes.

Kaap

Goeie Hout

Mon, 06/07/2026 - 18:11

Ok, ek het ook ver kinders soos Chris B.  Hulle is 300 kilos van ons af.  Nie so ver as Chris B nie.

Nou ja, ek gaan Cobb saam smokkel en dan daar uit pak want ek wil die mielie brood met uie en kaas probeer.

Wens asb my sterkte toe.  Navigator kan dan nie raas as ek by my dogter is en COBB uithaal.........

Pretoria

Geert

Mon, 06/07/2026 - 19:01

Iemand het vir my gesê ek moet bietjie olie in die onderste sirkel gooi en dan klein aartappels. Ek weet nie of mens dit eers moet pre-cook nie? Het al agter gekom by spitbraais dat dit beter is om aartappels vooraf te pre-cook

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/07/2026 - 19:56

Dit maak sin dat klein aartappeltjies van rou af sal gaar word saam met vleis wat vir 'n uur daarin bak - met die deksel op werk dit soos 'n oond, maar vir veiligheid sal ek dit eerder vooraf vir 'n paar minute kook. Ook al te veel kere rou aartappeltjies by 'n spitbraai gekry.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/07/2026 - 20:09

Hoe lank is daardie Cobb nou al in jou bakkie? Seker nader aan drie weke? Uiteindelik ly 'n mens se lewensgehalte onder angs en vrees. Nog vier dae tot die naweek en dan moet jy plan maak.....laugh

Kaap

Goeie Hout

Tue, 07/07/2026 - 19:57

Hy is in Fleetlinekie Rona.

Ons ry Vrydag oggend na my dogter op Vredendal.  Pappie gaan dit vroeg laai in swart sak dat navigator nie kan loer.  Vrydag aand moet ek die mielie brood bak.

Geert.  Ek het die COBB blokke gekoop.  Sal hou by dit.

Die aartappels om die ring het ek ook gesien.  Chris B se dit maak moeilik skoon, so ek gaan dit uitvoer met tinfoil dan die aartappels pak.

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/07/2026 - 21:00

Dit lyk darem of jy met 'n plan werk. Ek wens vir jou sukses met die broodjie en aartappels en sien uit na 'n foto of twee. Geniet die naweek.

Kaap

Goeie Hout

Wed, 08/07/2026 - 20:57

Ek sal dalk ng daai steak plaat koop.

Rona, omdat ek dit so wegsteek.  Ek het n Cadac Safari 30.  Pragtige gadget met gas.  

heerlik en kompak.  net reg vir toer.

Nou is Cobb ook by.

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/07/2026 - 10:25

Goeie Hout, ek het gou gaan kyk. Die aanwysings sê dat dit binne die mandjie geplaas moet word voordat jy dit aansteek. Dit behoort in 5 minute warm genoeg te wees. Maak net seker dat dit heeltemal grys is voordat jy braai / bak. Sterkte, hoop dis 'n groot sukses. Foto asb.

Pretoria

Geert

Fri, 10/07/2026 - 12:29

Ek weet nie of ek die regte manier gedoen het nie, maar die wieletjie kom bo op n geligte roostertjie, so ek het n stukkie blitz onder hom gesit en aangesteek. Soos ek agtergekom Het, moet mens n bitter klein stukkie gebruik en wieletjie steek aan in n japtrap. Onthou die swart teflon kant moet na bo wys.....ek het verkeerd om gehad 

Lekker eet!

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/07/2026 - 12:53

...laat weet asb in watter hospitaal en saal jy opgeneem is, dis nou nadat jy die Cobb uitgepak het. laugh

Pretoria

Geert

Fri, 10/07/2026 - 13:16

Hi Goeie Hout. As jy vir ons n doggybag hou, kan jy vir jou vrou sê dis my Cobb....jy leen hom net (ek sal saamspeel)laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus