Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -4 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -4 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -4 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/05/2017 - 09:13

Goeie môre almal !

Ja Freda, hier is heelwat ouens al vroeg aan die gang sonder om te kom groet, byvoorbeeld ons een vriend wat alreeds weer vroeg soggens op parade aangetree het na sy lang vakansie in die Kaap. Hy sal ongelukkig nie hierdie kommentaar sien want ek vermoed hulle kry nie meer soggens koffie in die Weermag nie.

Waar is julle volgende bestemming Freda ?

Net ter inligting : môre oor 'n maand begin dinge hier in Brackenfell gebeur !  (Hierdie keer praat ek nie van reën nie).

0

Johann, goeie môre !

Drink jy soggens darem 'n bietjie koffie by die suiker ?

Ns.

Vir dié wat nie my kommentaar verstaan nie, kyk op bladsy 16 na Johann se groete-boodskap

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 31/05/2017 - 10:08

Koffie sal darem lekker wees. Hulle het my hier op die boonste verdieping gelos en die kombuis is onder (met die ketel en koffie ens.)

Al wat ek bo het is n bottel water, left over pizza, my tablet en TV.

Ek moet vir 2 dae horisontaal verkeer met geligte knie, geen las op knie nie.

Ek kan altyd probeer afgaan, maar kanse is goed dat ek sal moet druk op my been plaas so teen die trap af, en dit wil voorkom.

Lolla en kids is weer 1pm terug. Dan kan ek koffie kry. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 31/05/2017 - 11:43

Sou dit nie beter gewees het om naby die eet- en drinkgoed te lê nie ?

Sterkte !

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 31/05/2017 - 14:08

Jy moet maar vir jou 'n warm flessie kry vir koffie in die kamer.  Jammer die knie  lol so erg, doen nou maar soos jy aangesê is sodat dit kan regkom.

Len, ons vertrek more na Forever Plettenberg.   Sien uit daarna maar dink ons gaan koudkry daar langs die rivier.

0

Ja dankie Len, so knertsie koffie by die suikertjies is lekker (3 x bruin suiker in my koffie)?

Anton, sterkte met die knie ou maat,  pas dit nou op, dan het jy minder probleme vorentoe.?

0
Centurion

Dusty

Thu, 01/06/2017 - 03:35

Goeie more almal,

Werksdruk het my vanoggend vroeg uit die vere. sit nou en tee drink.

Anton so knaende pyn storie kan nogal iriterend raak. Sterkte daarmee.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 01/06/2017 - 07:11

Ek drink tee in die karavaan vanoggend.  Die tent is weg, opgepak.  As Colin uit sy slaap ontwaak, moet ons net bed opmaak, stutte sak en hak.

Wel, gryp die nuwe dag, wees gelukkig en dankbaar.  

As alles goed gaan, groet ek julle more vanaf Plettenbergbaai.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 01/06/2017 - 08:50

Goeie more alle vriende en vriendinne, of amper goeie middag.

Dankie tee was lekker vanoggend na swaar uit die kooi uit sukkel, die ryp lê redelik wit op die gras nou al so paar oggende?

0
Centurion

Dusty

Fri, 02/06/2017 - 04:24

Goeie more almal,

Vrydag. Gaan ook weer 'n besige dag wees. Moet voorbereidings maak om volgende week Botswana toe te gaan. Nou nie vir vakansie nie maar vir werk.

Tee smaak sommer vorentoe. koffie ook aan die gang.

Lekker dag en lekker naweek vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 02/06/2017 - 06:54

Hoop almal het lekker warm geslaap en is uitgerus vanoggend.  Dit is koud hier langs die rivier vanoggend.  Gelukkig help die warm tee en koffie en die warm waaiertjie daarvoor.

Ja, dis Vrydag.   Geniet die naweek almal.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 02/06/2017 - 07:29

Goeie more mense, heerlike tee met vars 'n suurlemoen uit gedruk en heuning om die verkoue 'n taai klap te gee. Dankie, ketel kook vir die wat nog soek.

Mag julle dag en naweek soos stroop loop.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 02/06/2017 - 08:26

Ek warrel net vinnig hier deur soos die wind!!!

Dis Vrydag, maar ek begin NOU eers werk!!!, NIE rondry vandag nie!! Dankie tog!!!

Johann, hier by ons nog darem temperature bo vriespunt. Tuin is nog net soos in somer!!

Ek vandag darem langbroek aangetrek!!! Omdat my BAAS so sê!!!!!

Heerlike dag en naweek vir julle - Freda, ek het raad gegee op jou silwer seil draad!!! 

Groete vir Colin!!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 02/06/2017 - 08:47

Nouja, hier in Brakkies is dit 'n heerlike, koelerige dag met die vooruitsig van 'n bietjie reën môremiddag, Saterdag.

Ons het nou Vlak 4 waterbeperkings van gister af hier  -  200 liter per persoon per dag, net drink, kook en was; toilette spoel net 5 keer per dag en 2 minute stort. Geen tuin-natmaak, kar- of woonwa-was word toegelaat nie.  Ek het darem my kar se vuil wiele gewas met 'n emmer wasmasjien-gryswater.

Ons vertrou die reën gaan nog kom.

Lekker dag en naweek aan almal.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 02/06/2017 - 08:56

Hier word darem erg teen my gediskrimineer!

Net vir die koffie en tee drinkers word hier gesorg, shame arme ek wat my dag met Rum en Coke begin moet maar alleen opsnork.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 02/06/2017 - 11:27

Arie, jy het by die verkeerde kroeg ingestap man, hierdie is die Koffie Kroeg, die ander Kroeg is by die volgende deur in.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 02/06/2017 - 20:45

Jy moet stadig met daardie Rum & Coke  -  hier is tans 'n hofsaak aan die gang waar die moord beskuldigde  self getuig het dat hy laat die vorige aand of vroeg die oggend van die moorde 'n Rum & Coke doppie "gevat" het !

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 03/06/2017 - 07:28

Ai dis lekker om 'n man te wees.  Heerlike koffie innie bed.

Oom Arie solank jy hom uit 'n beker drink maak dit nie saak nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 03/06/2017 - 08:59

Goeie môre almal !

Goeie nuus is :-

  • Ons kry vanmiddag tussen 13:00 en 20:00 'n lekker voorsmakie van reën, hopelik 17mm !
  • Daar is ook 'n reuse, tweede koue front oppad wat ons Dinsdag gaan tref met wydverspreide reën van 50mm.  Dinsdagnag en Woensdag se reën mag tot vloede lei ! Seedeinings van tot 8 meter hoog word verwag !
  • Daar word ook sneeu tot 50cm diep op die Matroosberge en die Cederberge voorspel  -  wanneer dit smelt voed dit die riviere in die omgewing !

Dis nog net 'n voorspelling van die SA Weerdiens, maar ek is oortuig daarvan ons gebede is verhoor !

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus