6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Afrikaner en sy taal?

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Afrikaner sy taal.   Nou wie is hierdie Afrikaaners eintlik?

Luister ek juis op Maandag?  'n praaitjie op my gunsteling radio stasie RSG wat gehandel het oor Afrikaans, die Afrikaner en 'n paar miskonsepsies wat deur die jare ontwikkel het.

Dit het my nogal laat wonder en ook laat besef hoe maklik die mensdom die waarheid kan verander om by sy eie ideologie in te pas.

Waarop dit neergekom het is dat in vandag se politieke klimaat die woord Afrikaaner en Afrikaans geassosieer word met die Wit man!  Ja die wit tokkelos  :icon_biggrin:

..... maar inderwaarheid is dit glo nie die werklikheid nie?  Die Afrikaner en die Afrikaanse taal is blykbaar volgens menige kundiges iets wat ontstaan het vanuit die nie blanke gemeenskappe van die vroeer jare in die Zuid Afrikaanse geskiedenis.  YIP!   Dit was die taal van die bruin mense and swart mense wat ook saam met Jan se kinders hulle potjie gekrap het - dit het daar ontwikkel en was eerste deur hulle begin praat.  Die Wittes het blykbaar nog vir lank hulleself behou by die meer oorspronklike Hollandse taalverbruik en eers later begin aanpas by die meerderheid wat die "nuwe" Taal gepraat het.   En so het Afrikaans gegroei.

Dus is dit heeltemaal van koers af om die afrikaanse taal teen te staan asgevolg van 'n wrok teen wit mense!

Nou ja, bogenoemde is maar my interpretasie van wat ek gehoor het op die draadloos en miskien het ek net gehoor wat ek wou?

Secunda

Sleep nou

Wed, 12/09/2018 - 09:38

Ek trots op my taal mense kan maar nie van my hou ook oor wat n rede ook al maar my taal sal ek praat tot ek lang bome toe gaan trots afrikaans

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 12/09/2018 - 10:28

Dit is Afrikaner.  In die opskrif is dit reg gespel, verder seker tikfoute.smiley

Alles hang van ons self af, die Afrikaners, van watter ras ons ook al kom.   Dit is ons plig om die taal lewendig te hou, ander gaan dit nie vir ons doen nie.   Engels is nou die voertaal en selfs die swart tale staan gevaar om dood te loop, nie net Afrikaans nie.    Enige persoon wat Afrikaans as moedertaal gehad het, kan dit beskou as syne.

Dit is opmerklik  dat daar baie anderskleuriges is, veral in die Kaap, wat net so trots Afrikaans is.  Hulle is geneig om hul kinders na Engelse skole te stuur maar, aan die ander kant, daar is nou al net so baie wittes wat dit doen.

Die Kyknet kanale en Via kanaal help ook.   Ons het heelwat Engelse vriende wat tog te graag na die Afrikaanse programme en sepies kyk.  Ook Afrikaanse teater, rolprente en feeste kry baie aandag van anderstaliges.

 

Verstaan my goed, ek is baie trots op Afrikaans en dit is my taal en basta met die res.

Op skool het ek die vak Engels met 'n passie gehaad en het geweier om engels te praat (my oupa aan my ma se kant het van Wales as immegreur SA toe). Toe ek my diensplig gedoenhet, het ek met 'n ander soort engels te doen gekry (selfs afrikaans het soms baie snaaks geklink) en almal wat diensplig gedoen het sal weet waarvan ek praat.

By die werk is die amptelike taal engels, so als is engels en dan werk ek nog vir die staat ook meer spesifiek die Onderwys Departement van Mpumalanga.

Dit is nou hier waar julle my met klippe gaan gooi maar dit is my mening.

Alle laerskool kinders tot met graad 3 gaan in hul moedertaal skool. Van graad 4 af verander dit en dit is waar, volgens my mening, die probleem is. Die kinders wie se moedertaal nie afrikaans of engels is nie word dan gedwing om in engels skool te gaan wat vir meeste van hulle 'n probleem is. Ons afrikaans spreekendes gaan aan in afrikaans en so die egnelse kinders in engels. Volgens my mening kan almal van graad 4 aangaan om in engels skool te gaan selfs ons afrikaanse kinders. Dit gee hulle 'n voorsprong in die lewe. So ek se maak alle skole se voertaal engels.

As mens kyk na wat aangaan is dit logies om jou kinders so te probeer grootmaak dat as hulle kan om in die buiteland te gaan werk.

Ja my kinders gaan na 'n Afrikanse skool. Ek dink ons as Afrikaners moet veg vir ons taal en moet elke kaans uitsoek om dit te beforder. Mens kan ook nie met oogklappe deur die lewe gaan nie.

Hello mede kampers

Ek hou nou die bekgeveg al geruime tyd dop. 

Ons moet nou maar die volgende erken;

1] ons is afrikaners en sal en wil ons taal besig

2] ongelukkig is dit ons nie meer beskore om dit na willekeur by ons staats-werkplekke net te praat nie

3] dan moet ons erken dat dit voordelig is vir ons kinders om liefs op universiteit al maar in engels klas te loop. Die studiemateriaal/handboeke is meestal in engels. 

4] My eie kinders was nooit op skool nie, het eerder die engelse klasse by RAU [UJ vandag} bygewoon, omdat dit net meer verstaanbaar was.

5] Hoewel van hulle oorsee werk, praat hulle steeds ons moedertaal by voorkeur vlot

6] laat ons ons passie vir onse taal laat voortleef deur dit so skoon en korrek te gebruik sonder om dit te vermeng met "slang" en leenwoorde nie. Ongelukkig sondig ons almal omdat veral die tegniese beskrywings, soos vanpas by ons werke, maar uit gewoonte insluip.

7] Ons taal sal nie uitsterf nie, maar ons moet nie dat dit verdeeldheid bring nie.

amen, ek wou nie preek nie

Wessel 

Waar my wa staan

Arie

Wed, 12/09/2018 - 13:24

Die "Moedertaal" is dalkies 'n probleem, my moeder en vader was Nederlands, dan is my "moedertaal" dan seker Nederlands??

Ek beskou myself as 'n volbloed Afrikaner, let wel nie 'n Afrikaan nie, alhoewel ek in my kinderdae baie gespot en sleg gese was, "die bledie Kaaskop" Ook moes ek gereeld hoor dat die bledie Kaaskoppe kom net hiernatoe om ryk te word en dan ee hul pad?

Ja my ouers het in die sewentigs wel teruggegaan Nederland toe, ek weet nie of hul "ryk" geword het hier nie. Ek weet wel dat my pa as dorpsontwikelaar baie "monumente" hier agtergelaat het. Baie van die kleiner dorpies se stasies, polisie stasies en verskeie ander staatsgeboue gebou het. Ook heelwat van die huidige voorstede deur hom ontwikkel en baie huise gebou. Dus het hy baie bygedra aan SA se ontwikkeling en uiteraard baie werk verskaf. Ook deur vakleerlinge in diens te neem baie mense opgelei in 'n vakgebied.

Maar om terug te kom na die taal, ek is trots op my [en ja ek noem dit my taal] en praat dit soveel as moontlik. Ons moet egter bessef dat dit maar net 'n handjievol mense is wat dit praat gemeet teen wereld standaard. Engels is maar wereld wyd die "Besigheids taal" en enige persoon wat nie vlot Engels kan praat laat baie kanse verby gaan in die sakewereld.

Ek het geen probleem met Engels, en ek praat dit soveel moontlik sodat ek nie die taal verleer nie.

Ek kan ook myself in Portugees, Nederlands en Zulu verstaanbaar maak en verstaan ook wat hulle vir my probeer vertel. Kon goed Fanigalo praat maar ook deur min gebruik dit omtrent heeltemaal verloor.

Na skool was al my opleiding in Engels, daar was in daai jare geen Afrikaanse handboeke beskikbaar vir tegniese velde nie. Ek was nog altyd baie dankbaar daarvoor, dit het my gebruik van Engels baie verbeter.

Voorie, ek glo die weerstand teen Afrikaans van die swart mense kom as gevolg dat hulle verplig was om in Afrikaans skool te gaan, dit gaan nie oor of dit uitsluitelik die witman se taal is nie?

Meeste mense, [kyk maar na ons blankes vandag] raak opstandig as ons nie in ons moedertaal mag opleiding kry nie!!

Afrikaans is maar net my huistaal, ek is regtig spyt ek het nie na n Igelse universiteit toe gegaan nie, sal virseker my kinders aanmoedig om in Ingils te gaan swot want in die werksplek help die moedertaal ding jou nie veel nie.

Ek persoonlik kon nog nooit verstaan waarom mense so n bohaai maak oor jou moedertaal nie, iriteer my grensloos.

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 12/09/2018 - 13:55

Ek stem saam met Wessels dat kinders eerder in Engels moet skoolgaan.   Dit is hartseer maar dit is die logiese/praktiese ding om te doen.  Dit maak dit makliker vir hulle op universiteit, waar lesings en handboeke meestal in Engels is.  Dan, weer as hul gaan werk, is die voertaal Engels.   Dit is 'n goeie idee om miskien die eerste paar jaar by die moedertaal te hou, vir 'n heel kleintjie is dit ook beter.  My kleinkinders was in 'n dubbelmedium skool in SA en in Afrikaanse klasse.  Hulle woon nou 'n jaar in NZ en het baie maklik aangepas en ingepas by die Engelse skool daar.  Hul is nou in Gr 3 en 6.   Die heel kleintjie wat verlede jaar daar in Engels begin skoolgaan het, spreek sommige woorde met 'n aksent uit.  By die huis praat hul net Afrikaans.   Kinders pas baie maklik aan met so verandering.

Vaalpark

Johann L

Wed, 12/09/2018 - 13:58

Engels is die wêreld taal, of ons daarvan hou of nie.

Aftikaans is my moedertaal, so ook my kinders en kleinders, ons sal Afrikaans na ons grafte gaan, en op my graf sal daar in Afrikaans geskryf wees. 

Ons gaan nie nie debateur oor, of met ander taliges nie, net soos die Zulus trots op hul herkoms is, en ook nie daroor gaan onderhandel nie.

Ek het hoegenaamd geen probeem met enige ander taal nie, kan dit net nie praat, lees, skryf of verstaan niesurprise, behalwe Engels, is ek redelik magtig.

My probleem kom daar in dat, wanneer ek vir 'n Afrikaanse instansie, in Engeks moet terugvoering gee, ek weier. Dit is soos vir twee Afrikaans sprenkende mense,om in 'n ander taal te staan en gesêls.

Ek voel baie  sterk, dat Afrikaans nooit sal uit sterf nie - geen bekommernis daaroor nie.

Centurion

Voortrekker

Wed, 12/09/2018 - 14:37

Dankie Petra vir hierdie inligting:

Die Moslem-gemeenskap in die Bo-Kaap het die eerste Afrikaanse skool begin.  

In 1858 is 'n privaatskool in Paarl begin waar Afrikaans 'n vak was. 
In die middel van die 19e eeu verskyn die eerste boeke in Afrikaans. 

'n Groep mense het in 1875 begin stry vir Afrikaans as amptelike taal.  

In 1876 het die eerste Afrikaanse koerant, "Die Patriot", verskyn.  

In 1925 het Afrikaans die tweede amptelike taal van Suid-Afrika geword en in 1933 verskyn die Bybel die eerste keer in Afrikaans.
Tans is Afrikaans die derde grootste taal in Suid-Afrika. 
Afrikaans groei daagliks: daar is talle nuwe Afrikaanse tydskrifte, koerante, radiostasies en 'n groot aantal Afrikaanse webblaaie.

Afrikaans word al hoe meer in ander lande gepraat as gevolg van Afrikaners wat hul daar vestig. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 12/09/2018 - 15:42

Ek glo vandag se kinders is baie meer aanpasbaar as ons.  As ek na Wijan kyk, al sy stories is in Ingels en soms praat jy makliker om engels te gebruik, dan vra ek hom gewoonlik wat is dit in Afrikaans en meeste van die tyd weet hy wat is die Afrikaanse woord.  Sien darem deesdae hou hy baie van Nat Geo (182) en ek hou daarvan.

Vaalpark

Johann L

Wed, 12/09/2018 - 16:59

Willem ja, vandag se kinders is ons ver voor wat dit betref, Adriaantjie gooi ook daai engels op 5 jaar.

Snaaks, my kleinkinders in Australia praat vlot Engelswink

Waar my wa staan

Arie

Wed, 12/09/2018 - 19:08

Johann, soos jy daar se, ek het my verbaas oor die kindertjies in China, ook omtrent 5 jaar oud en hulle kan al amper vlot Manderein praat, een van die moeilikste tale om aan te leer?devil

Centurion

Dusty

Thu, 13/09/2018 - 04:08

Dit is soos Mike Schutte wat n toer deur England gedoen het. Toe daar vir hom gevra word wat hom die meeste be-indruk het het hy gesê die klein kindertjies. Hulle kan ook vlot in engels praat.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/09/2018 - 07:31

Stel 'n klein kind bloot aan 'n taal en jy is verstom hoe maklik hulle dit "optel". My dogter-hulle se huistaal hier in Roemenië is Afrikaans. My kleindogter (12), wat hier gebore is, is dus met Afrikaans as huistaal grootgemaak. Maar van kleinsdag af is sy blootgestel aan Roemeens en in 'n mindere mate Engels (haar ouers werk baie nou saam met verskeie Amerikaners en Kanadese). Sonder enige lesse in laasgenoemde twee tale, het sy beide reeds vlot gepraat toe sy moes skool toe gaan. Sy was as 3-jarige reeds 3-talig - beslis nie omdat sy 'n sogenaamde slim of begaafde kind is nie, maar bloot omdat sy blootstelling van babadae af aan die drie tale gehad het. Vandag (noudat sy onderrig kry in Roemeens en Engels) is Afrikaans haar swakste taal. Maar ons is dankbaar dat ons met haar in Afrikaans kan praat, al moet ons soms 'n spreekwoordelike "varkoor gooi" om haar te verstaan, want sy praat met 'n sterk Roemeense aksent.

'n Groot bydraer tot baie misverstande in S.A. (politiek uitgesluit) sal wees as ons wit Afrikaans-sprekendes ook minstens een "swart" taal magtig is. Diegene wat veral op plase grootgeword het en 'n "swart" taal magtig is, het dit al deur en deur bewys dat hulle 'n baie groot voorsprong het oor ons wat nie daartoe in staat is nie. My tuin-ingenieur het Xhosa grootgeword, maar hy praat ook Zoeloe, Sotho, Tswana, Engels en Afrikaans (sonder onderrig, behalwe vir Engels op skool). Maar ek?? Nee, hy moet maar my taal leer. Eintlik 'n skande.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus