6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Stoffel by Hartbeeshoek

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Anton: Ek begin hierdie draad namens Dusty. Blykbaar is daar geen sein vir internet by Hatbeeshoek nie surprise​​​​​​

Stoffel het hierdie 2 foto's vandag vir my gestuur. Die afleiding wat ek maak is dat dit so warm was dat hy nie verder gekom het as om die grondseil neer te lê nie? laugh​​​​​​

Ek hoop om môre nog 'n paar fotos van Dusty te kry en hier te plaas. 

Hartbeeshoek

Hartbeeshoek

Vandag, lyk my die kamp is opgeslaan. 

Hartbeeshoek

google kaart
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 20/09/2018 - 09:43

Julle moet dit geniet.  Ek het ook van die plek gehou toe ons daar gekamp het, dit was regtig lekker.  Daai tyd was die dam net modder met baie Babers in, die kinders het dit geniet om daar vis te vang want die aas het nog nie eers geval nie dan was hy klaar aan die hoek.

Centurion

Voortrekker

Thu, 20/09/2018 - 11:39

Stoffel sê sy wa is die enigste in die kamp, foto hierbo van die wa wat vêr tussen die bome staan.   Dit is blykbaar stil voor die (naweek)storm.

Secunda

Sleep nou

Fri, 21/09/2018 - 14:09

Dankie Dusty vir fotos namens Stoffel dit lyk na nice oord sien dis ook droog daar

Waar my wa staan

Arie

Fri, 21/09/2018 - 15:00

Het die Egelse Stoffel [Dusty] die fotos vir die Afrikaanse Dusty [stoffel] gestuur of anders om.

Ek dink as Stoffel weer aan staar siekte ly moet hy maar 'n lekker geselsie met Dusty aanknoop, ten minste weet hy dat hy dan met iemand praat wat die selfde siening as hy oor die wereld het?

Dankie Voorie dat jy beide stoffel en Dusty se fotos hier geplaas het.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 21/09/2018 - 15:12

Ja ek stem met Shaun, lyk baie droog daar [net soos hier] seker die dat Stoffel nou Dusty is, of is dit Dusty wat vol STOFfel is?

Nee nou is ek heel deurmekaar, seker die tamatieplantjie hier langs my tent?

Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 21/09/2018 - 15:28

Arie, lyk my hier gaan Stoffel dalk vir Dusty uitvee by agterdeur, of dalk Dusty vir Stoffel opsuig met stof(fel)suier, of so-iets.

Dis geen wonder die man/stofkorrel? kan nie snags slaap nie, daar is altoos iets wat dié een of die ánder een pla!!!

Centurion

Dusty

Mon, 24/09/2018 - 10:58

Shaun, ek kon geen internet op my selfoon daar kry nie. Daarom het Anton die fotos vir my geplaas. Later kon ek ook nie die foon op geen manier gebruik nie. Sal later weer fotos laai

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus