Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -7 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -7 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -8 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -8 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -8 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -8 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/06/2017 - 08:19

More, sit lekker en drink aan my derde beker koffie.

Koel en reenerig hier in RB vandag en n lekker sterk wind.

SMS van Steve gekry, die Sardientjies loop vandag by Durban, Petra en ek sit en debateer of ons vandag sal af ry Durbs toe?

Nog nooit die Sardyn run gesien nie!

0
Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 23/06/2017 - 08:32

Dankie, dankie ek skink in.

Die sardyne begin hierdie jaar op die regte tyd loop. Gaan 'n goeie hengeljaar word.

0

More almal, besige dag vir my wat voorle! My ou moeder le baie siek in die Linmed hospitaal en die dokters krap kop. More is dit my meisiekind se hokkie finals en tussendeur moet ek en die tweeling nig die gunne gaan crack skiet vir die jaarlikse jag wat begin op die 3de Julie!

Besig en onseker.

Ps. Snaaks as jy moeder nog altyd die sterk een van jou ouers was en n mens gedink het dat jou pa na 4 hartaanvalle eerste weerloos sal wees, nou draai die daaice en mens wonder wat sal hom oorkom as sy vrou van baie jare nie meer daar is nie, veral as jy nie eers eendag nodig gehad het om n eier te bak vir jouself nie..

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 23/06/2017 - 08:41

Goeie more WilleWillem!  Frikadel sterkte met el die dinge en met jou moeder.

Gaan nou n 2de beker koffie aanvat..

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 23/06/2017 - 08:47

Sterkte met jou ma, Frikadel.  Ja, ongelukkig gebeur dit so dat dinge soms sommer oornag kan verander.   As mens ouer word besef jy hierdie dinge en jy wonder soms benoud wanneer is dit dalk jou beurt.   Ons glo en vertrou jou ma gaan herstel sodat sy en jou pa nog lank saam gaan wees.   Laat weet ons hoe dit gaan.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 23/06/2017 - 09:21

Frik, sterkte aan jou jou en gesin met ouers, en al die ander dinge.

Ons Weë is bepaal?! Ons wandel dit net!!!

 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 24/06/2017 - 07:41

Goeie more almal. Snaakse weer, heeltemaal bewolk vandag. Ek neem vanoggend my oudste klonkie Centurion Mall toe om die Transformer exhibition te gaan kyk.  Hy het my al 6am wakker gemaak vir 11am vertoning.

Koffie vir enigiemand?

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 08:05

More almal,

Laat daai koffie kom seblief, hope van dit, ek drink nooit weer saam die manne na werk nie, eintlik gaan ek nooit weer in my lewe drink nie, my arme kop..... of sal n bier werk vir die kopseer..., nee toggie ek sal braak, EINA

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 24/06/2017 - 08:07

Ek is lankal wakker en gaan nou al my derde koppie maak.  Almal in die karavaanpark slaap nog, ek sien geen lewe iewers nie.   Die voëls raas en die Loeries roep tog te pragtig.   Ek het een oggend in die week 'n aanhoudende kapgeluid gehoor.  Eers gedink dit is iets wat teen ons karavaan kap maar kon nie dink wat dit was nie.  Gaan toe later uit en daar sien ek hom!   Die mooiste houtkapper, besig om 'n gaatjie te kap in die boom net agter ons.  Snaaks, hy kap net so vir 'n uur rondom 7 en 8 in die oggende.  Daarna is hy weg vir die res van die dag.  Ek lees in my voëlboekie hy is 'n skaam voël en gee pad as daar te veel beweging is.

Julle moet 'n lekker dag hê.   Ek gaan vandag se rugby geniet.   Die All Blacks en die Lions gaan baie interessant wees.  Dit gaan vir ons 'n voorsmakie gee van wat wag vir die Springbokke in NZ.   En mag die Bokkies weer wen vanmiddag.

Geniet die uitstalling saam met jou klonkie Voortrekker.  Precious times!!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 24/06/2017 - 08:09

Nou waste ding is 'n Transformer Exhibition  -  het dit iets met transformsie in die land te doen of is dit nou daardie bokse op elektriese pale wat iets met krag te doen het ?  Ek wonder hoe kan 'n klein laaitie met Lolla as ma nou in sulke goed belangstel.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 08:13

Dis die movie oom Len, daai robots wat in karre verander en anders om, die latest movie is nou vrygestel.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 24/06/2017 - 08:23

Uitgevang deur Gesie!   Die Proteas het my te veel stres gegee met die krieket.   Ek het nie eers besef hoe vinnig ek sluk nie!   Toe wen hulle met die heel laaste bal, weet nie hoekom hulle dit altyd vir hulself so moeilik maak nie.   En vir my!!   Nou sit ek met die kopseer vanoggend.laugh

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Sat, 24/06/2017 - 08:32

LOL, tannie Freda, en vandag moet ek die dose aanvat, die wyfie baie planne vir my vandag, trek mos een van die dae en wyfie besluit vandag moet daar bietjie gepak word.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 24/06/2017 - 08:36

Kinders en transformers :  waar gaan die wêreld tog heen ?

(Ek sien op die prentjie hierbo die robot het een eienskap van 'n regte mens oorgehou, hy het darem ook 'n "exhaust" om gasse uit te laat, net links van die drie blou tande en die vierde een wat omgeval het !  O nee, ek sien nou eers dit is die linker vuis van die robot en die gesiggie en exhaust is bymekaar, soos sommige regte mense ook optree !)

0
Centurion

Dusty

Sat, 24/06/2017 - 17:21

Drink nou n laat middag koffie. Het vanoggend te veel rond beweeg en rond gery.

Moes ook die stoele en tafel in die agterwerf was want die bure agter het n boom met pers bessies wat die voels baie van hou. My agterplaas dit is nou waar my stoele en tafel staan is die ene pers voelmis. Wat n gemors

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 24/06/2017 - 19:23

Ekke nou op laataand koffie . . .  ek lieg, eintlik mengsel van Kahlua, Amarula en whisky, 2de een, gaan more erge sooibrand hê!!!!! mmaarrr. . . .

Het vandag gaan kyk na moontlikheid van aftree-oord???, tipe ding, neeeeeeee, moer, ek is nog nie gereed!!!!!, kinders gaan erg omgedonner wees met my, maar  die spasie om te kan asemhaal, (en poep), is nie daar nie!!!!

Moeilike tye in mens se lewe??? Moeilike besluite???  seker maar!!!  Moet egter maklik maak vir agterblewende AS ek eerste sou gaan, sy is nie meer sterk in gesondheid nie. . . . .  MOEILIKE besluite, kom ons drink nog 'n "koffietjie"!!!!! Derde een?????

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 25/06/2017 - 08:45

Goeie more!  Ek het nou my 2de koffie gemaak terwyl sit en wag vir die sonnetjie om lekker deur te ko .

 

Sit ek hier en dink... so waar moes ek nou net die sakrekenaar gebruik om uit te werk hoe oud ek is. Ek het wraggies gedink ek is n jaar ouer! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus