Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -28 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -36 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Januarie 2019 Koffiekroeg!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Daarshy!  Mag julle almal 'n baie voorspoedige 2019 hé!    Koffie vir enigiemand?  Ek kook solank die water smiley

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 01/01/2019 - 08:51

Ja Freda, hier waai die wind ons ook die nuwejaar in. Daar word darem 'n kansie op reën voorspel. Dit is nou verskriklik droog hier. Sien gister die buffelboer hier buite die dorp se buffels staan in die dam in die modder en rondtrap. Feitlik geen water in die dam nie.

Ek hoop dat julle 'n lekker 1ste dag van die 1ste maand van 2019 gaan beleef. Laat skiet die brieke, moenie matigheid voor oë hou nie.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 01/01/2019 - 09:09

So baie vrae in my kop vandag. Byvoorbeeld: 

Hoekom sal n fyn besnede ouer dame dit buite waag op n winderige dag in die windy city en fyn soos sy is, het sy boonop nog gewig ook verloor. Dit is mos n death wish, die wind sal haar in die see waai, daar waar die haaie piepie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 01/01/2019 - 09:38

Gees, jy moet weet hoe om te loop teen die wind.  Jy lê so skuins in hom in.   Hy werk soos 'n skrum waarin jy stoot, nogal goeie oefening ook.   As jy terugkom by die huis het jy 'n middelpaadjie in jou hare.

Kyk, ek het lekker geëet oor die feestyd en nog nie opgehou nie.     Vir almal wat hul vergryp het aan die lekkerste kosse en voggies, hierdie reseppie werk blykbaar regtig 100% vir 'n goeie detox:

1 teelepel kaneel, 2 eetlepels apple cider vinegar, 2 eetlepels suurlemoensap, 1 eetlepel heuning, goed gemeng in 1 glas koue water.   Drink vir 'n paar dae 'n glas daarvan, dit werk al die vetterigheid en gifstowwe uit jou uit.laugh

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 01/01/2019 - 09:55

En een leuke morgen vir jou ook jonge!

Dan moet Ik je ook eens reghelep, ik ben een Nederlander!!!!

Holland is immers tog net een provincie in Nederland, tog eens effe je aardrykskunde opscherp jongetje.

Doet ook dan tog my groeten aan de leuke meid wat jouw kamer met je deelt.

Antie, glo my maar, darem nie heeltyd gedans nie, baie sit en luister virrie musiek en kyk hou de jongetjies dans.

Petra reken as ek nie nou kom nie, ry sy alleen -- cheers! 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 01/01/2019 - 10:29

Nederlanders ry mos met fietse.   Ek het nou die dag 'n program gesien, honderde van hulle in die strate op hul fietse.  Gaan doen inkopies, ry werk toe, oral met hul fietse.   Seker die dat hulle so fiks bly om deurnag te kan partytjie hou.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 01/01/2019 - 10:37

Ek weet weer van mense wat karre (Yaris) het, maar steeds eerder vroegoggend eerder hul voete gebruik. Alles in die lewe kan seker nie sin maak nie.

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Tue, 01/01/2019 - 10:38

Goeie more al julle pragtige mense. Mag 2019 vir julle die beste jaar wees. Voorspoedige nuwe jaar. 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 01/01/2019 - 10:50

More tannie Lolla, en n goeie een vir jou en die twee terroriste ook, ek hoor oom Voorie is  n bietjie broos vanoggend. 😂

So terloops, hy hy het gisteraand genoem dat sy nuwejaars voorneme is om vir die kabouters n woof te kry. 

Na watter breed kyk julle ?

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 01/01/2019 - 11:04

So bly om jou naam onder "aanlyn" te sien. Heerlike dag vir jou en jou geliefdes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus