Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -14 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Secunda

Sleep nou

Sun, 06/01/2019 - 18:47

Dankie Vader vir 15 mm genade water in Secunda reen nog steedsheart

0
Middelburg

Noel

Mon, 07/01/2019 - 08:08

22mm reen gemeet van gisteraand en dusver 106 mm reen gekry van 1 Jan af. Baie dankbaar en daar is nog baie dele van die land wat nog erge droogte het. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 07/01/2019 - 08:30

Ons het ook vanaf 30 Des tot nou toe so +-95 mm gehad.

Die hael van Saterdagmiddag het darem nie te veel skade aangerig nie.

Gisteraand en heel nag saggies gereën en het vanoggend 20mm in meter gesien. So dankbaar daarvoor.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 08/01/2019 - 09:13

weet nie hoeveel het oor geloop nie.

 Ek skat 10mm.    My totaal hier sedert dit begin reen het om en by gedurende Kersfees was 110mm tot en met gister.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 08/01/2019 - 14:49

Dit het so pas (14:40) storm sterkte hier by ons begin reen (sous), met erge weerlig en sterk  wind.👍

Ek het net betyds uit gegaan om my Penta se dak te gaan sak, was bang vir wind skade toe ek die lug so bekyk.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 08/01/2019 - 19:49

So pas 'n MA se windstorm hier deur getrek!!!

So 20 min toe bedaar die wind, paar tente lyk nie meer so lekker nie, twee bome omgewaai, maar verder lyk dit orraait.

So 5 mm reen gehad en natuurlik is ons nou in donkerte gehul, Eskom het die gees gegaf.

Ongeluk hier is dat ons water met 'n drukpomp werk, so as krag af is het ons ook niks water nie!

My kamp is gelukig, behalwe vir die boma wat plat gewaai het niks oorgekom nie.

Moet erken, by tye was ek maar jammer dat Petra nie lesse by die Tannie geneem het in 'pole dancing" nie, amper gedink ons sal dit dalkies nodig kry!

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 08/01/2019 - 20:04

Is julle Ok ?

Klink of julle tent skade het.

Sterkte daar

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 08/01/2019 - 20:08

Ons het ook erge weer gehad, maar net die stert gevang.

Krag het in die huis afgeskop, het eers gedink dit in n krag onderbreeking, maar toe generator nie inskop nie het ek gesien DB box se aardlek is af.

Het darem lekker harde reen gekry.

Lyk of Arie hulle daar by hulle nie so gelukkig was nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 08/01/2019 - 20:21

Harry nee ons is doodreg, tent en alles ok, net die boma, daai skadunet wat mens so opsit as windbreker, wel myne het toe nie die wind gebreek nie - die wind het hom gebreek!devil

Hulle het so pas die gennie gestart, net vir die pomp, so ons kan darem stort en bad tot 9 uur dan sit hulle hom af.

Eskom reken van hul pale het omgewaai, krag kan oor so q10 ure weer aan wees. 

Gelukig hardloop al my ligte op batery, ook die vrieskas en stoof en oond op gas, so ons is nie veel  gepla nie.

Voorie is mos hopeloos te vroeg om van slaap te praat of wil jy maar net prostaat probleme voorkom?

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 08/01/2019 - 20:53

Ons het 36mm in minder as 'n uur gehad, maar die wind was rof, ek het lanklaas sulke wind beleef. 

Arie, julle is mos "getig" vir sulke omstandighede.👍

Harry, ek was self verbaas toe my krag af gaan,  solar is mos nie veronderstel om te "trip" nie, maar die aardlek het af gegaan? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus