6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

PENTA YSKAS

Uitenhage
Submitted by neelsec on
Forums

Ek is besig om my yskas in Penta te vervang ,die lede wat reeds die pad geloop het ek soek die naam en model nr van yskas gepas om my te help met die soektog asb

                            EC Groete

 

Port Elizabeth

VW

Wed, 12/07/2017 - 15:20

Die yskaste word in Swaziland gemaak deur n maatskapy met die naam van The Fridge Factory, google dit gerus en jy sal die detail daar kry. 

Kyk binne in jou huidige yskas vir sy model naam en liters, meet hom ook, jy sal iets soortgelyk by hulle kan kry.

Ek het ons 2008 Regal se yskas so vervang toe hy gees gegee het, dit was n Bauer wat in was en ek het toe die nuwer een by hulle gekry, wat presies dieselfde is wat in die 2014 Regal is waarmee hy uitkom.

Hulle verskaf of altans die Jurgens fabriek koop die yskaste aan vanaf hulle, of altans ek glo so.

Vaalpark

Johann L

Wed, 12/07/2017 - 21:27

Neels, ek het my Penta se yskas met 'n groter dubbeldeur vervang. Ek moes die lig en kassie bo die ou yskas verloor, maar sal dit weer doen sou dit nodig wees.

Ek weet dit is 'n Hisense yskas, (by Makro vir R2500.00 gekoop) sou jy belangstel, sal ek more die model en 'n foto op sit.

 

Uitenhage

neelsec

Thu, 13/07/2017 - 09:13

Dankie Johann L as dit moontlik is kan jy my net die model nr solank gee ek gaan vandag begin met soektog

 vraag hoe stil is die Hisense se motor

Waar my wa staan

Arie

Thu, 13/07/2017 - 13:24

Ek het my yskas onlangs vervang met 'n KIC dubbel deur. 

Ongelukig het ek nie die model no nie en ek sien niks so iets binne in die kas nie.

Hy is effens smaler as die oorspronklike yskas, dus moes ek 'n vul stuk laat sny om langs aan toe te maak. Moes ook die kas bo die ou yskas verwyder, en die nuwe kas het 4mm speling tussen die yskas en die dak as die dak gesak is! Met ander woorde hy maak dit net!

Kon kies tussen 'n wit of so donker silver, of gryserige kas. Laasgenoemde is presies die selfde kleur as die Penta se rol deur by die kas onder die wasbak en ook selfde as die kaste se tops, pas mooi in met bestaande kleur skema.

Die hout vir die vul stuk kon ek by Camp world 'n aval stuk kry van 'n Penta se kaste, dus is dit presies selfde kleur as my bestaande kaste.

Hoop dit help jou? 

Vaalpark

Johann L

Thu, 13/07/2017 - 14:16

Ai jai jai, ek voel nou so stupid, ek kry nerens die boekie nie.

Die yskas is 1.4m x 500mm dubbel deur Hisence, maar jy gaan 'n bracket moet maak wat die yskas bo die wiel arch vas kan sit.

Moenie breer as 500mm gaan nie, anders gaan hy nie by die deur in kom nie.

Sal nog soek en as ek die model no kry sal ek dit plaas, maar, jy kan enige yskas insit wat nie hoër as 1.4m x 500mm is nie.

Kyk gerus na die een wat Arie het dit moet ontrend dieselfde wees.

Port Elizabeth

Frieps

Thu, 13/07/2017 - 15:44

Ons het ook ons venster verwyder om die nuwe een in te vat.  Dit het sommer maklik gegaan.  Die moeilike deel was om die nuwe yskas in te bou en vas te maak.  Was maar 'n redelike gesukkel.

Vaalpark

Johann L

Fri, 14/07/2017 - 06:50

Baie netjies Dusty, ek moes ook monteerstukke maak.

Neels, daar het jy nou goeie raad gekry, ek het nooit aan die groot voor venster gedink nie. Jy kan dus nou 'n effens breër yskas insit, maar die hoogte gaan jou beperk.

Jy sal net moet meet wat is die maks hoogte bokant die wielboog, tot waar die dak gesak is.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus