Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 minutes ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -18 minutes ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -57 minutes ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Tue, 23/04/2019 - 21:51

Ek sal laat weet as ek dalk iewers op so iets afkom. Ek gaan more 'n kwotasie aanvra by 'n plek om te sien wat dit gaan kos om daai toe te swys en nuwe ligte in te sit. Ek het so paar jaar terug daar gewerk en hulle kan die swys werk doen. Ek gaan ook by hulle hoor van die deur se buitekant, want hulle het 'n buig masjien ook.

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 01/05/2019 - 20:03

En ja, ons het geverf weer vandag. Ons sou nie want die springkastele moes gewas word sodat hulle die naweek weer kan uitgaan. Nog nie klaar met die mure nie maar sal die naweek klaar. Na die mure, sit ek die gordyn rails in en dan is dit gordyne maak

voor
By die bankies voor
kas
Net om te wys die kolle teen die mure is weg
dak
'n Derde van die dak is geverf
deur
Bo die deur
Kas
Die kleure lyk darem goed saam, so ons sal nie gou weer verf nie
kussing
Ons het so 'n toets gedoen en besluit die donker bruin canvas is wat oor die kussings kom.
Dis 'n stuk wat oor was nadat ek Desember 2 log bar stoele oorgetrek het.

 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 01/05/2019 - 20:36

Presies. Haar plek vir September is geboek, 8 nagte.

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 02/05/2019 - 09:14

Ek het agtergekom dit gaan aanhou want daar kom die heeltyd nuwe idees.

Ek gaan hopenlik einde Julie kan verf koop vir die buitekant en die kussings kan ook dan gedoen word.

0
Stilbaai

Miss Daisy

Sun, 05/05/2019 - 19:41

Hallo Gerhard, ons gaan ook 'n Jurgens begin regmaak/restoreer, maar nie heeltemal  'n "factory reset" doen nie.   Ons het die verf begin afstroop en onder die huidige verf is die oorspronklike groen.  Ons kon nog nie die jaarmodel vasstel nie, maar dit lyk ook na 'n +- 1970 model te oordeel aan jou fotos.  Ons Jurgens is net so 'n meter langer as joune.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 05/05/2019 - 19:55

Sterkte met karavan projek Miss Daisy hou ons asb op hoogte kyk nou net Gerhard se ou lady binnekort spiekeries

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus