Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Vrug op jou arbeid,baie…
Vrug op jou arbeid,baie netjies .Jy kan maar jou bors uitstoot.
Dankie almal
Die eerste 2 roman blinds is in. Dit vat maar tyd om te maak. Het nie patrone soos die fabriek om mee te werk nie.





Stadig maar seker
Die ou lady kom stadig maar seker na n punt toe gaan groot Gerhard
Baie nice. Ek het ons…
Baie nice.
Ek het ons karavaan se gordyne daai 10 of 8mm hout rods in daai dwars nate gesit en dit lyk vir my beter wan hy hang nie meer so sakkerig nie en werk maklikker met die oopmaak.
Dankie Oom
Vroulief het gesien die Sprite Splash het nie die rods in nie en wil dit so laat hang. Daai is haar afdeling om te besluit oor hoe die gordyne moet lyk. ![]()
Dit lyk steeds baie nice. …
Dit lyk steeds baie nice. Ons vensters is ook baie groter.
Ons het hout stokkies…
Ons het hout stokkies ingesit maar die gordyne is te swaar in ons wa nou begin die stokkies hang in die middle.
Ons sou net 'n gordyn...
Ons sou net 'n gordyn gemaak het en verder sou ons nie veel doen nie. Van die afronding is ook gedoen. ![]()


Gerhard, dit laat my dink…
Gerhard, dit laat my dink aan sommige huise in Londen, buite lyk dit oud, maar as jy daai deur oop maak, stap jy in weelde in.👍
Dankie Oom
Dankie Oom.
Ek moet daai deur wat oopmaak na die weelde, ook vervang. Die plaat is reg gebreek. Voor my pa-hulle die wa gekoop het, is daar ingebreek en die deel by die slot is gebreek.
Sal vanmiddag foto's neem om te wys.
Gerhard.....
.......ek het nou weer van vooraf na jou fotos gekyk en dit lyk werklik pragtig. Hou jy rekord van wat die veranderinge gekos het ?
Dankie Oom
Dankie Oom. Ek het besef hoe baie werk is in die wa in toe ek die video met meeste van die projek se foto's gemaak het.
Ons is op so +-R3500 vir als wat ons moes koop vir die projek. Baie van die goed was in my pa se motorhuis, my eie en dan ook by die skoonfamilie. Ek sal 'n lys maak van als wat gekoop is en als wat reeds daar was. Daai raam van die spieël is eintlik daai aluminum strip tussen teëls en matte wat die skoonfamilie uitgegooi het en ek het dit gevat vir afronding in die wa.![]()





Netjies!
Netjies!