Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -11 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -11 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -19 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -20 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 11:49

Lys van aankope:

2 x hardboard velle = R180, DB board met breakers = R600, nuwe muurprop = R49, nuwe 3way skakelaar vir die ligte = R30, nuwe skakelaar vir die 12V supply = R19, LED liggies = R160, matt finish verf vir die mure 5L = R298, beidge enamel verf vir die kaste 5L = R325, 1L stonechip om die dak te seel = R45, peeled rivetsvir die gordyn rails = R40, materiaal vir kant en gewone gordyne = R175, ekstra velcro vir gordyne 3 meter = R66, nuwe mat binne die deur = R20, nuwe skroewe vir die dak = R130, skroewe vir binne = R40, hakkies vir die vas sit van die bankies = R30, kort hakkies vir die gordyn rails = R40, end caps vir die gordyn rails = R70, kwaste en spons rollers = R300, nuwe plank vir die bed bo = R288, silcone = R150, wit woodfiller 500g = R31. Totaal: R3216.

Lys van wat reeds beskikbaar was:

Pa se motorhuis: 

Driekwart vel hardboard, hout vir die bed se raam, hout in die voorste muur wat nodig was, boks laminated flooring, daai hout quarter ronds vir die afronding, die blad bo oor die yskas (ou 16mm kombuisblad wat hulle uitgehaal het), die gordyn rails, skroewe, skanier vir die nuwe trappie se deksel en spons rollers.

My motorhuis:

Hout vir die nuwe trappie, mat bo op die trappie, meeste van die skroewe vir binne, driekwart blik 5L wit enamel vir die mure, twinflex draad vir die LED liggies, gordyn draad vir die kant gordyne, gordyn hakkies wat in die gordyne inruig en gordyn band agter waar die hakkies inruig.

Hier en daar kon ek dalk 'n ietsie vergeet het, maar dis omtrent als.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 12:51

Dankie. Nico, jy het meer moed as ek gehad om als van nuut af te bou. Ek herstel liewer maar net as om nuut te bou. smiley

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 20/05/2019 - 13:30

Ek staan so op R128000 en ek spandeur nog. Groot geld wat nog moet uitgaan is die spray van wa, aircon en deure

Nico, maar jou wa in vergelyking met dieslefde op die mark is R350000 + werd.

0

Ek het paar keer amper moed verloor met die bou. Toe ons problem opgetel het met gom wou ons als los, maar het gaan kamp met tent en maandag terug gekom en met nuwe moed begin werk.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 14:40

Ken daai gevoel. sad

Nico dit het so 3 keer met my gebeur wat ek reg was om die wa terug te gee vir ouers en te sê, I am done. Ek kon nie gaan kamp nie maar het die werk so vir 'n week of 3 net gelos, draaie om die wa geloop, games gespeel en tuinwerk gedoen en dan maar weer probeer.

Die naweek voor paasnaweek wou ons impulsief gaan kamp het (Woensdag met geen besprekings nie), maar toe is daar net teveel goed wat maak dat ons nie kan nie. Die wa se agter ligte werk nog nie op my kar nie, en, en, en. My vrou het toe gesê paasnaweek werk ons dat die wa klaar kom, maar weereens was daar meer werk as wat ons gedink het. Ons werk nou konstant om als klaar te maak vir September se 8 nagte. Die agterste ligte is nou intussen reg gemaak ook. Ek kan nie wag om die wiele en goed einde Julie reg te maak om te kan sleep nie.

Daai 'Ou Lady' moet bene rek en daai kar van ons kort 'n goeie sessie vrag sleep om reg te kom weer. 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 22/05/2019 - 14:29

Dankie vir die uitnodiging. Ons kamp 21 - 29 September. 

Hier is die foto's van die arme deur ook. Soos ek gesê het die deur word heeltemal vervang.

Plaatjie
Die plaatjie oor die deur
breuk
En dis wat toe gemaak word met daai plaatjie

breuk

muur
Muur is bietjie gebuig
bo punt
Boonste punt van die deur

 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 22/05/2019 - 15:31

Dankie oom Johann.

Ek sal met oom kontak maak en reël. Miskien dalk kyk in die vakansie as ek kan rond loop. Baie dankie weereens.

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 29/05/2019 - 18:15

Vanmiddag so vinnig daai houtjies bo die rakkies vasgesit sodat hulle nou afgerond is en al die afwerkings tot 'n punt kom nou smiley

Rakkie
Ek oorweeg nou om die lig draadjies wat wys ook cream te verf
Kant
Ek het weerskante van die 2 rakke voor en agter kort houtjies gesit om dit reg deur dieselfde te hou en so steek ek die 2 liggies se drade ook weg agter die houtjies.
lig
'n Bietjie nader om te wys die draad loop agter in.
kort
Die anderkant.

Ons het Sondag ook als gewas en in gepak en beddens is opgemaak.

bed
Agter bed

Nou wiele regmaak en September gaan kamp.wink

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 29/05/2019 - 18:22

Dankie Sleep nou, ek wag nou vir einde Julie, kry dan bonus om dit als reg te maak

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus