Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Ek dink nou...
Ek dink nou, die draad het tot 'n einde gekom. Als wat ons moes doen aan die wa is gedoen en daar is niks groot werk meer nie. As ek van nou af dalk weer ietsie verander of doen dan maak ek 'n nuwe draad sodat daar nuwe lees stof is vir die forum. ![]()
Mooi man, hierdie draad sien…
Mooi man, hierdie draad sien ek staan op 4786 views ![]()
Oom Willem...
Oom Willem ek sien hy wys onder mees populêr op nr 12 aan die linkerkant van die skerm, net bo nuwe lede se blokkie. ![]()
ek sien hy wys onder mees…
ek sien hy wys onder mees populêr op nr 12 aan die linkerkant van die skerm, net bo nuwe lede se blokkie.
Ja dit is waar ek dit gesien het. ![]()
Kan jou se die wa sal nooit…
Kan jou se die wa sal nooit klaar wees nie daar sal altyd iets wees wat jy wil doen
Die deur is binne...
Die deur binne is nou reg gemaak.
Die finale besluit is nou dat die 'Ou Lady' verkoop word.
Ons kyk nou na die '84/85 enkel as Exclusive of anders 'n Wilk Ruby of Topaz.
Sal nie sukkel
Gerhard gebruik die forum om te wys wat jy gedoen het annie koper nee wat die ou lady sal nie lank staan nie ![]()
Gerhard, jy is skaars ? Wat…
Gerhard, jy is skaars ?
Wat is die stand van die 1970 model ?
Oom Willem...
Oom Willem, die stand van die 1970 model is onveranderd. Ek het na die deur se werk nog niks weer gedoen nie. Kry geen tyd vir die werk nie
Gerhard kom in
Hoe gaan dit met die opkiker van die ou lady jy is maar skaars ![]()
Hi Sleep nou...
Hi Sleep nou, ek kry nie meer kans nie. Net te besig nou.
Gerhard, ek dink ons almal…
Gerhard, ek dink ons almal het maar in ons lewens daai probleem gehad. Glo dat daar weer 'n rustige tyd sal kom.
Ek was ook altyd Saterdag vir Saterdag besig tot iemand vir my 'n sekere gesegde verduidelik het.
"It is from only work and no play that he passed away"
Ek hoor jou Gerhard / Stoffel
Ja dis n besige tyd vir meeste van ons maar sterkte met ou lady en Stoffel dis so waar wat jy se dit kom neer dat ons meer tyd moet maak vir ons self en ander en minder by werk wees en ja terwyl ek hier tik is ek by my werk![]()
![]()
Stoffel, daai is ernstige…
Stoffel, daai is ernstige woorde, ek het dit ook eers besef so jaar voor ek met pensioen gegaan het.
Ek sê nie mens moet slapgat wees nie, maar daar is perke vir alles, en ongelukkig, in vandag se lewe, moet die werkers ook maar hul werk oppas, daar is baie wat nie werk kry nie.





Baie dankie.
Baie dankie.