Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -3 minutes ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -4 minutes ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -20 minutes ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -34 minutes ago
Len Verskoning Jan Meyer -41 minutes ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -44 minutes ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Vaalpark

Johann L

Sat, 29/05/2021 - 07:43

Thanks Paulyes

Chris WH, ek het al die insetete geskuif.

NB. Ek het 'n fout gemaak met die krag boks, dit is 'n Hercules 10, nie 'n Apolo 10 nie.

Die inverter het ek gister aan gesit en vandag is die volts steeds op 13.9 maar, daar is geen vrag op die inverter, behalwe sy eie verbruik nie.

Sal een of ander tyd nog rond speel en kyk wat gebeur wanneer.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 30/05/2021 - 15:41

Ek het eindelik tyd gekry om die Lucas laaier op die agm batery te sit. 

Batery
Di Lucas laai teen 1 amp en 14.95 volt?

Die hoë volts en die waarskuwing van "over charge" het my genoop om net vir so 5 minute te laai.

Ek het die Hercules eers ontkoppel en toe die Lucas op gesit maar, die lesings het my onkant betrap, en ek wil eers weer julle slim manne se breins tap.

1. Is dit veilig om teen 14.95 volt te laai?

2. Indien wel, vir hoe lank sal julle voorstel moet ek laai? (ek weet nie wanneer is die batery vol nie)

Ek sien dit is'n 80 ah batery, nie 92 soos die een wat te hoog was (fisiese hoogte) nie, maar ek is tevrede.

 

0

Middag Johann

Verfris net my geheue, is die lucas  laaier 'n slim laaier wat homself beheer na gelang van die battery se kapasiteit.?

Ongeveer 15v klink te hoog, selfs vir 'n AGM battery. Kyk na die spesifikasies hetsy op internet of battery self. 

Indien die Lucas 'n slim laaier is, sal dit baie vinnig op 14.95v die stroom afskakel na omtrent niks. Dit sal dan in "float" fase gaan, en battery mey klein stroom op 13.6v hou.

Indien dit nie 'n slimlaaier is nie, moenie die battery oorlaai nie, en haal laaier af.. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 30/05/2021 - 16:37

Johann, sover ek weet, is 14v, plus of minus so 0,2v, wat nodig is om te laai. Die wat so naby aan 15v is gaan die battery kook en elektroliet laat uitborrel. Meet jou kar battery oor die pole waneer die enjin loop, ek dink jy gaan 14,1 lees of baie naby daaraan.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 30/05/2021 - 18:49

@ Wessel ek glo nie my Lucas is 'n slim laaier nie, omtrend 20 of 30 jaar oud. Dit het op 2 amp begin laai en na 'n kort rukkie na 1 amp geval, maar die volt lesing het op 14.95 gebly.

@ Herman my kar laai op 14.4 volt, op die batery gemeet.

Ek het maar liewer alles af gesit, ek was bang vir daai hoë volts, en die Penta terug gesit op krag. Volgens Google moet ek die batery op 14.2 volt laai?

Die Penta se laaier laai op 13.9 volt gemeet op batery en op die volt meter onderdie yskas se vent.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 31/05/2021 - 08:34

Johann

Ek dink die paar skermskote hier onder uit die artikel waarna ek vroeër ‘n skakel geplaas het, sal jou nuutste vrae oor oorlaai beantwoord. 

1

2

3
 

4

0

More Johann, en ander vriende

Ek wil dit weer benadruk----oppas vir algemene resepte oor laai van batterye. Die internet is vol daarvan, MAAR elke tipe battery deesdae van loodsuur, gel, AGM en dan diepsiklus tipe, het 'n unieke laai-vereiste.

Ek dink mens moet doodseker maak van watter tipe jy wil laai en dan ooreekomstig die korrekte tipe laaier aanskaf. Alle laaiers, CTEC ingesluit, kan nie noodwendig alle batterye reg hanteer nie.

Teen die koste van batterye, moet mens nie hulle lewensduur verkort deur onder/oor laai prosedures nie.

0

More Johann

Volgens 'n artikel op internet is die spanning tot waar 'n AGM battery gelaai moet word, 14.7v. Daarna behoort die laaier die stroom drasties te verlaag om dit in "float" te hou.

Jou 14.95v en 1amp stroom gaan skade aanrig, as jy dit aanlos.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 31/05/2021 - 17:42

Baie dankie vir julle terugvoering, ek gaan nie verder krap waar dit nie jeuk nie, die Penta se laaier blyk goed te doen.

Willem my laaier wys amps,  nie volts nie.

Lucas laaier
Hier kan die amp lesing gesien word.

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 09/06/2021 - 13:22

Iemand het iewers genoem dat die amps gebruik ook belangrik is, dit het my laat dink om tog 'n manier te kry om die amp meter van die metertjie op te koppel, maar die yskas is 220 volt en kan dus nie op gekoppeel word nie.

Ek het toe gedink om die amps by die inverter se "input" te lees, en dit dan na die volt/amp meter te herlei, die inverter se verbruik behoort mos gelyk te wees aan die amps wat van die batery af getap word, en dit is wat ek wil beheer, sou ek dink.

Gister vir my 'n slim laaier gaan kry en dit op die karavaan van so 17:00 tot vanoggend 08:00 op die karavaan gelos. Dit laai teen 14.7 volt en bly konstant daarop. (Natuurlik eers die Hercules 10 af geskakel)

Inverter
Die volts het geval na 12.8, en die amp lesing het aanvanklik na 1.83 amp op gegaan. Die yskas se "rating" is 69 watt.
Inverter
Eerste foto is voor die yskas gesettle het, skuus ek het droog gemaak met beskrywing. Die eerste paar sekondes na ek die yskas op die inverter gesit het, en dit aangeskakel het, was die amp lesing 1.83 amp.

 

0

More Johann

Ek dink jy is reg met jou aanname dat die stroom wat invloei by jou inverter gelyk is aan die stroom wat vanuit die battery na die omsetter gaan.

Ek is egter van mening dat die omsetter se uitset-stroom nie gelyk is aan die stroom wat vanaf die battery kom nie. Die slim manne moet maar help hier, maar ek vermoed dat die 12V inset stroom veel meer moet wees as die uitset 220V stroom.

'n Omsetter werk nogal 'n battery se sake.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 14/06/2021 - 07:24

Stroom sal nie dieselfde wees nie, maar watts behoort dieselfde te bly.  Die effektiwieteit van die inverter moet ook in ag geneem word en kan tot soveel as 'n 10% krag verlies in die stroombaan veroorsaak. 

0

More vriende

Ek het so bietjie gaan lees oor die stroom gebruik van 'n inverter. Dit kom basies daarop neer dat vir elke 1 ampere wat jy onttrek uit die inverter, die battery ongeveer 20 ampere moet lewer. Dit is met die effektiwiteit verlies van 10% soos Voortrekker hierbo noem.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 14/06/2021 - 08:39

Ek het gister my inverter af gesit, ons het 'n krag onderbreking hier in Vaalpark wat paar dae gaan voort duur en ek wil nie die batery laat oor tyd werk nie. Vanoggend toe ek die volt lesing gaan kyk, is dit nog steeds op 12.6 volt na meer as 24  sonder om gelaai te wordyes

(Albei transformators wat ons met eskom krag voorsien het op geblaas en dit gaan lank vat om te vervang. My buite geboue is nog op eskom krag.) 

Sal maar later vandag dmv 'n verleng kabel die elektrise omheining gaan laai, dit hardloop op 'n 7.5 a baterytjie, (die energiser is in die woonstel)  en more, indien nodig, die karavaan se batery ook laai, alhoewel ek twyfel of dit nodig sal wees?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus