Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -6 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -7 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -7 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -7 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -7 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 09:30

Grootwind ek dink nie ons bessef deur watse trauma ons gesondheids werkers gaan nie!!!

Ek glo hulle is ook goed keelvol vir die anti vaxers, en snaaks nog nooit van een van die anti vaxers gehoor wat so onselfsugtig is om enige behandeling te weier nie.!!!?

Nee hulle weier om voorkomend te wees, maar as hulle dan wel covid kry moet almal spring om hul aan die lewe te hou??

As dit nie so tragies was nie sou hulle redenasie eintlik lagwekkend wees!!!!

 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 13/08/2021 - 10:08

Arie dit is goed om weer jou insette te lees op die forum.   Lyk my ons meer onderwerpe hé wat die  doods vrees in mense injaag.  Wat van onveilige sleep kombinasies? wink

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 10:26

Voorie, die kamp hier raak nogal leeg, nou het ek meer tyd. Hiet was/is soveel van my goeie vriende hier dat my tyd erg beperk was. Dan het ek nog die boeremeisie wat my naweke heel in beslag geneem het!

Soos dit stiller raak hier, het ons nie meer elke aand gesametlike braaie wat dan later in ń gedansery en lekker party ontwikkel, het ek nou meer tyd op hande!

Moet ook onthou, ek het nou allerande werkies wat ek nooit in my lewe gehad het nie!

Kos maak, skottelgoed was, uitvee, afstof, grocerues koop, bed opmaak ag te veel om op te noem!!!

Nog nooit in al my jare so hard gewerk nie!

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 10:37

Om nie eers te praat van dronk bestuurders wat totaal onnodige hospitalisasies veroorsaak nie, ek wil amper sover gaan as om te sê "dit is donners selfsugtig" verskoon die kras woord, maar dit is hoe ek oor so mens voel. Moet hulle nie eerder hospitaal geweier word nie, die dronkgatte natuurlik?

Wat van onveilige sleep kombinasies? 

Statistiek  rondom covid 19 is nog in baba booties, ek gaan my nie daaror uit laat nie. Dit spreek vanself.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 10:46

Dankie Grootwind, ons was Saterdag en Sondag met ons kleinkinders, en nie my vrou (ongeent) of ek (geent) toon sover nog enige teken van covid nie. Die tweetjies het, ouder gewoonte, by ons in die bed geslaap.

Hoop julle bly gesond Johann, sterkte met die isolasie en werk maar aan SWAMBO!

 

0

....met onveilige sleep kombinasies!!!

Ons sleep mos almal met veilige kombinasies, en ons geldige EB lisensiesdevil

Moenie dat ek agterkom Toyotas as sleep voertuig word as onveilig beskou nie. 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 10:57

Johann ja jy is 100% reg met die dronkbestuurders, vrek selfsugtig, gelukig is hulle nie in sulke massas dat die hospitale oorloop nie!!

Maar ek stem saam as hulle die hospitale vol maak moet hulle ook maar toegang geweier word.

Stem ook saam dat hulle vrek selfsugtig is, net soos die klomp wat weier om ge-vax te word!!!

En so kan ons aangaan en vind dat hier darem vreeslik baie selfsugtige mense in die wereld is!!!!

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 13/08/2021 - 11:07

Vir my is dit eenvoudig.  As 'n Dr of gesondsheidswerker nie ALMAL wat siek is behandel nie is daar twee opsies.  Opsie 1 "Bedank".  Opsie 2 "Word Gefire" want jy doen nie jou werk nie.  Hulle het 'n eed afgele om siekes en mense in nood te help.   Persoonlike gevoellens het hier geen plek nie.   Mense wat ingeent is of nie het dieselfde regte wat hospitalisasie betref want niks is verniet nie almal betaal baie daarvoor.    

In hierdie tyd trek al die beroepe swaar, nie net mediese dienste nie.  Mense verloor hulle werk daagliks.  Mediese personeel is gelukkig dat daar nie werksverliese is nie.  So hou op kla en versorg jou pasiente.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 13/08/2021 - 11:20

Netso Skerpion.  Dis nie assof die mediese industrie NIE 'n geleentheid gekry het om groot geld te maak nie?    Mense hou van geld.

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 13/08/2021 - 11:43

Arie, 

Almal is teen dronkbestuurders, ek ook.  Almal van ons het twee biere gedrink en bestuur.  Volgens die wet is jy onder die invloed van drank en hoort jy nie op die pad nie.  Om nou te se dat dronkbestuurders toegang tot hospitale geweier moet word is ook nalatig en onverantwoordelik.  Waar gaan dit stop?  Gaan HIV persone oor hospitalisasie geweier word omdat hulle nalatig was om nie beskerming te gebruik nie?  So ook mense met TB, suiker en ander voorkombare siektes?

Volgens my is persone wat ingeent is vrek selfsugtig om hospitaaldienste te gebruik want hulle is mos ingeent waarom warry hulle.  Hulle is mos veilig.  Hou die hospitale oop vir mense wat ongeent is wat nooddienste benodig.  Ek stem saam oor die selfsugtige mense wat ander soos mediese dienste nie gun nie. 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 13/08/2021 - 11:55

Skerpioen, ek glo dat jy nog dieselfde sal redeneer ad jy of een van jou geliefdes op sterwe lê en nie in die hospitaal opgeneem kan word omdat die hospitale vol is.

Uiters min mense wat inge-ent is eindig in die hospitaal dit us grootendeels die wat nie die jab gevat het wat daar opeindig.

Maar ha ek is selfsugtig word omgekrap as ek of my gesin nie mediese dienste kan kry as gevolg van mense wat wel kon voorkom om in die hospitaal op te eindig.

Ek het dit ook nie teen dronkbestuurders gehad nie, Johann het dit opgebring. Ek het ook maar met ń ompad aan hom verduidelik, dat waar trek mens die streep, presies wat jy gesê het.

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 13/08/2021 - 12:22

Dis die probleem waarmee ons sit.  Dis nie vir ons om die streep te trek nie.   Wie is ek of jy om te besluit wie mag en wie mag nie mediese dienste gebruik nie.  Dis waarom ons Dr se oordeelsvermoee moet ondersteun al is dit moeilik.  Hulle kan besluit oor lewe en dood nie ons nie.   Dis dieselfde dr's wat 'n pasient opneem vir opserwasie en toetse as jy net 'n hospitaal plan het as jy nie doodsiek is nie.  Dis mos al waneer sy medies sal betaal as hy opgeneem is al is dit nie doodssake nie.  Hoeveel is daar ?  Genoeg elke dag.  Dis waar die beddens heen gaan.  Dis misbruik van mag ten koste van iemand anders wat regtig siek is. 

Baie van ons was al in daai boodtjie waar ons of 'n geliefde moes wag vir 'n bed.  Dit al jare voor Covid so want hospitale maak geld as hy vol is.  Dit gaan nie oor of jy ingeent is of nie of jy nooddienste mag gebruik nie.  Israel se hospitalisasies en sterftes lyk maar sleg onder die ingeentes.  Gaan hulle ook weggewys word?

0
Irene

Grootwind

Fri, 13/08/2021 - 12:55

Moet verskil oor Israel....daar is steeds sowat  22% van die bevolking wat nog nie ingeent is nie. Maar soos elders is die Delta variant ook daar meer problematies as die oorspronklike variant, maar mens moet syfers binne konteks beskou, daar is bv. die reuse getal van 394 mense tans ernstig siek! Sekerlik meer as voorheen maar om dit as sleg te bestempel?! Uit vanoggend se Times of Israel: 

"Despite the Delta variant, vaccines are delivering high protection, and the rate of serious infections in Israel is six times higher among older people who fail to inoculate than others in the same age bracket.

Health Ministry data shows that among Israelis aged 60-plus, there are 16.6 people per 100,000 in serious condition. Among the unvaccinated the figure is 98.5. (There were 394 people in serious condition nationwide as of Tuesday morning, the ministry said.)"

Dink nie  die syfers onder die wat ingeent is lyk sleg nie, 394 uit 'n bevolking van 10m? Dalk nie so goed soos voorheen nie...maar hulle het reeds begin met 'n booster inspuiting, iets wat ons weet gaan nodig wees met die Delta variant.

 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 13/08/2021 - 13:04

Hier gaan baie mense in SA vinnig wakker word met 'n groot BANG!!!!!!!

Published: August 7, 2021 / 11:59 am

https://truth11.com/2021…

Reports coming out of Israel claim hospitals are being filled with vaccinated people, 95 percent of whom are suffering serious illness being fully vaccinated.

“I understand that most of the patients are vaccinated, even ‘severe’ patients. Exactly. Naturally occurring. Old people, most of them are vaccinated,” Israeli Dr. Kobi Haviv told News Israel 13 Thursday.

“Most of the population is vaccinated, and 90%… 85%-90% of the hospitalizations here are ‘Fully vaccinated’ people.”

Dr. Haviv claims the infections mean the vaccines’ “effectiveness” is fading, possibly setting up a scenario where booster shots emerge as a necessary treatment.

The news out of Israel coincides with similar statistics coming out of Sydney, Australia, where government health officials late last month announced nearly all new Covid hospitalizations involve vaccinated people – except one.

The same phenomenon is being observed across the globe as the vaccine propaganda ratchets up in response to the dreaded Delta variant.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/08/2021 - 13:09

Skerpioen, ek hou baie van jou nutrale houding, ons kan nie besluit wie, en wie nie gehospitaliseer moet word nie, ek het dronk bestuurders as voorbeeld gebruik, want ek het 'n sterk weersin aan die optrede, maar dit is ook so persoon se eie besluit. (Wie se lewens hy in gevaar stel)

(Ek moes in die 1980's 'n liggaam gaan uitken van 'n persoon wat dood verongeluk het, hy het so van die drank gestink, ek was skoon naar)

Hierdie is mos nou 'n lekker debat, ek het in die verlede persone aangeval oor hulle van my verskil het, en ek het op die forum, en persoonlike e-posse gestuur om om verskoning te vra. Ek probeer om nutraal te bly, maar kan nie aanvaar as vernederende woorde teenoor "nie saamstemmers" gebruik word nie. Miskien oor reageer ek, is so, maar daar is reeds teveel baie goeie lede weg juis omdat dinge lelik raak.

Ons is almal uniek en gaan verskil, maar dan op 'n mooi manier.

My skoonsister is 'n senior teater sister by Wilgers in Pretoria, en hulle het nog nooit 'n nood geval weg gewys nie. Maar, dan ook, sy weet nie van alle nood gevalle nie, slegs die wat wel in die teater beland.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 13/08/2021 - 13:20

Ek het ‘n voorstel om al die gestry oor inent of nie stop te sit. Hoekom maak ons nie soos met rokers nie? Skep afdelings van bv restaurante vir ingeënte persone en ander afdelings wat fisies geskei is vir die wat nie wil inent nie. Oorde kan dieselfde doen, net winkels gaan ‘n probleem wees. Dalk moet daar ‘n luik aan die kant wees wat die een groep bedien. 
 

Ek hoor op RSG dat die tempo van nuwe registrasies vir inentings nou afneem, en dat mans oor die algemeen minder geneig is as vrouens om ingeënt te word (dis nou alles hier in SA). Die dept van Gesondheid het ook reeds gesê dat daar ‘n vierde vlaag infeksies gaan wees. Hoe erg dit gaan wees sal afhang van hoeveel mense ingeënt word.
 

Maak gereed om julle Desember vakansieplanne aan te pas by die volgende vlak 4 inperkings, en koop solank genoeg grootmens sappies (as jy teen die tyd nog nie geleer het om voorsorg te tref in daardie verband nie). 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Fri, 13/08/2021 - 13:38

Thanks Johan, daar is 100 negatiewe punte oor drank en een positief.  Ek is nie 'n engeltjie nie maar hoe ouer ons word hoe wyser word sommige van ons.  Meeste van die tyd is dit my vrou. HAHA  

Terwyl ons eerlik is, hier is een van my stories.   'n Ware verhaal.

My vrou sukkel baie met nierstene.  Dis net 2mm voor doodgaan.  Elke keer is dit amper teater stories en dan gaan hulle deur.  Met die laaste een het ek haar ongevalle toe gevat.  Die hospitaal was 100% vol saam met ongevalle.  My vrou het in die ongevalle gesit en opgooi oor alles.  Later het hulle 'n skoonmaak bak gebring.  Na ure het ek die hospitaal bestuurder gekry on haar gekonfronteer oor die slakkepas proses.  Sy het verduidelik al die beddens was beset.  Aan die een kant was 'n ou tannie oor die 80's wat se gips afgehaal was. Sy was al besig met die mooimaak langer as 'n uur.  Ek het die hospitaalbestuurder gevra of ek haar maar kan uitgooi dan is daar 'n bed.  Groot was almal se oe en toe is almal ewe skielik weg.  Na so 40min van 'n stil saal kom een Dr terug na my vrou en noem dat daar nou 'n bed oop is.  Ek het die hospitaal bestuurder aangevat dat almal verdwyn en toe sy my medeel dat al die dr's saamgeskukkel het met 'n pasient met 'n hartprobleem.  Jammer, hy het dit nie gemaak nie.

My les is geleer. Al is jou behoefte hoe groot vir diens of in hierdie geval 'n oop bed, jy is nie die enigste een met 'n probleem en 'n behoefte nie.  Niks maak jou groter of belangliker as die volgende persoon nie.  Die beste is om jouself in die ander persoon se skoene te sit.  Dieselfde met hierdie Vax gesprek.  Luster wat ander se en waarom die ander ou so dink en besluit.   Met Covid is daar GEEN waarborge dat jy veilig is nie.  Newe effekte kan dalk later opduik.  Niemand weet nie.  Die groot ding is ons as mense verskil, netso verskil medisie en navorsers.  Wie is nou reg?  Niemand want Covid sal ons altyd een voor wees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus