6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Willem se Territory ST

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."

Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp:   WilSur kamp so

.

VOORTREKKER: O ja.  EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?

LEN LOADER:  Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp.  Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg.  Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie  -  hoeveel kilometers het hy al afgelê ?

SKI:  Die mense kamp lekker

Middag Chris S

Nou moet ek darem eers weer roer. Kyk mooi na watter voertuig moontlik daai mal prys kan haal. Daar is versamelaars met diep sakke, en dan normale ouens wat realisties dink oor geldmors. Ek koop eerder 2 nuwe middelklas Hiluxe vir daai geld. 

Middag Willem

Ek het dieselfde werk laat doen by Autohouse in Brits. Hulle het seker maar die onderdele vanaf FordSA bekom.

Kort daarna met die sluiting van die fabriek in Australie het ek kleinkoppie getrek, en maar die "knock" gevat en myne ingeruil op my Hilux. 

Jou groot probleem gaan ook wees, die inruilprys wat baie vrot is. As jy dit nie aan 'n versamelaar of fanatikus kan verkoop nie, moenie baie verwag nie. Ek het Nov 2016 maar kR60 gekry met die inruil van my 2010 AWD Ghia. Hoe langer jy uitstel, hoe minder gaan jy kry.

Sonder om te weet hoe jou finansies lyk, en wat dit toelaat, het jy 2 opsies;

1] hou jou geld op belegging, en ry die Ford grond toe, met die rente opbrengs

2] soek 'n plaasvervanger in terme van sleepvermoë, dalk effe stadiger, en koop nou iets betroubaar en waarvan onderdele plaaslik beskikbaar is, en sal wees. Ten minste gaan jy met deesdae se turbo-diesels net veel beter doen wat brandstof aanbetref. 

 

Lekker somme maak en rondkyk in die mark, begin sommer by Gys Pitzer motorslaugh 

 

Hello Grootwind

Jy mag heeltemal reg wees, ek sou eintlik die 2.8 of 3.0 sessilinder Cressida wou hê

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/12/2021 - 17:15

Het vandag my ST terug gekry en voel goed, geen klak-klak. 👍

Het laas gesê die een pyp is soos nuut, die ander op fb het gesê hy is af ge"blank".  Wel was toe by De Graaff's in Pta. Noord en die ou sê dit is die "Catalis Converter" wat geblok is, hy het hom toe uit gesny.  Die Ford klink nou soos 'n ware Ford, nie te nie.  Sal sien as ons kan gaan kamp hoe sleep hy en die verbruik, kom ons hoop in my guns. 👍

Môre Willem

Ek het ook toeka myne se katalisator laat uithaal. Myne het net 1 pyp vanaf die spruitstuk gehad, dus net katalisator. Ek kan nie meer onthou of de Graaff 'n ekstra demper in die plek gesit het nie.

Jy sal vind jou kar het meer woema, sy neus is nou oop. As jy agter die woema gaan aanry, gaan dit nie ligter op petrol wees nie. Hou maar die regtervoet rustiglaugh

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/12/2021 - 11:02

My Pathfinder het op 90 000km swart rook uitgeblaas as ek vet gee.  Die Nissan agente sê toe ek moet die katalisator laat uithaal (as agente mag hulle dit nie die doen nie) wat ek toe by 'n uitlaatplek laat doen het en.............weg is die swart rook !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 26/12/2021 - 14:46

Die 2021 wil my net nie los nie, gelukkig is daar nog net paar dae oor en ek bly by die huis.

So ent voor Pumulani plaza wil ek by 'n voertuig verby gaan (my spoed is gestel op GPS 100km/u) en hoor 'n snaakse geluid.  Trek af, sit die lugversorger af, nee dit is steeds daar maar met verder klink dit my dit begin erger raak bo 2,000rpm.  Hou to maar aan huistoe want wie bel ek nou ? by die huis gekom, karavaan op sy plek en Ford in getrek.

"Reve die Ford en dit klink of dit 'n bearing is wat op pad uit is maar die geluid klim stadiger as die engine se reves."  So my gevolgtrekking is die turbo se bearing(s) is besig om te groet ?

Middag Willem

Jammer om te hoor van die geluid. Tog kan jy baie dankbaar wees, julle het die huis sonder teenspoed gehaal.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/12/2021 - 07:03

Ai Willem, dit is nou sleg. Die turbo se bearing loop in bussies wat permanent onder oliedruk is. Sodra dit begin slyt, sal jy dit agterkom op olieverbruik. Ek het al 2 op my landrover vervang, maar nooit geluide gehoor nie. Kyk na jou belt tensioner pulley. Weet dit maak nie sin met enjin toere nie, kan nie dink wat stadiger as enjin revs opel nie, viscous coupling op waaier?

Voorspoed my ou maat, mag die toekoms sonder die twakkies wees.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/12/2021 - 08:37

Dit het my ook deurmekaar want al het ek nog nie die turbo oop gesien nie weet ek hy het nie dearings nie maar wel bushes (verskoon die skewe taal).

Sal 'n vriend en my skoonseun wat baie op voertuie gewerk het vra om saam te luister môre of so na die reën.  Hoop ook nie dit is erge skade nie.

Brackenfell

HennieBo

Tue, 28/12/2021 - 08:47

nee dit is steeds daar maar met verder klink dit my dit begin erger raak bo 2,000rpm. 

Môre Willem, hoop regtig nie dit is die turbo nie. Die aanhaling hierbo dui egter daarop dat dit wel die geval is, aangesien dit die begin van die turbo "boost" RPM's kan wees.surprise

Môre Willem

Jammer om te lees van jou turbo probleem. Kan die plekke waar jy was nie vir jou verwys na 'n goeie turbo-plek nie?

Hoeveel kilo's het jou Ford nou agter die rug. My maag het sommer so 'n draai gemaak, want hopenlik kry ek my 1ste turbo diesel voertuig so binne 3 weke.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/01/2022 - 11:42

My eerste diesel-turbo voertuig was 'n 2006 Nissan Pathfonder wat ek nuut gekoop het.  Op 140000km het ek my verbeel ek hoor 'n sagte fluit geluit en gevolglik het turbo-bangmaakstories my genoop om Dupdiesel, 'n Bosch-diesel franchise, ter vra om te kyk.  Op die oog af sê hulle daar is niks fout nie, maar ek het daarop aangedring dat hulle oopmaak en kyk.  Op die P/F is dit 'n helse werk wannt die linker-voor-suspense moet feitlik heeltemal verwyder word om by die turbo uit te kom.  Lang storie kort : absoluut niks fout met die turbo nie !  Terwyl alles nou oop was, het hulle tog maar die "bearings" vervang.

Op ontvangs van my huidige P/F in 2013, hoor ek wraggies dieselfde, effense gefluit wat naderhand verdwyn.  Tans op 115 000km en geen probleem nie.

Willem, my voorstel : op jou Ford se kilometers, laat maar eerder die turbo oordoen, maar dit gaan 'n hele paar Rand kos  -  my koste was in 2012 R8000, maar dit was 'n spesiale prys deur 'n vriend van my seun.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 08/01/2022 - 17:11

Die laaste wat ek brandstof in gegooi het was die lesing 163,784Km

Het gister die Ford by Koops gehad, (sien toe hy rook), maar hulle kan eers volgende Vrydag na hom kyk.  

Ek onthou toe van Carlos WPower (was lank terug by hulle), stop daar en hulle sal kyk.  Gaan haal hom toe later en hulle sê dit is wel die turbo wat groet.  Alby plekke is in Gezina.

Het 'n paar verwysings gekry op die Territory groepe en my skoonseun tel lank vir Tarman gewerk en al sy turbo werk vat hy na Stallion Turbo's hier naby my, hy ken die ouens daar en sal die turbo vir my uit haal en terug sit.

Sal Maandag paar ouens bel en hoor wat kos 'n "recon".

Danie Fourie het my gekontak en sy neef werk by Ford in Silverton, het nou die VIN nommer gestuur dan sal die ou uitvind, hy sê ook ek kan Stallion Turbo gebruik.

Dink jy kan maar vir jou maag sê om te kalmeer Wessel! As jy na die turbo kyk sal hy ook na jou kyk. Ongeag wat die agente mens vertel bly dit goeie praktyk om die voertuig 'n paar minute te laat luier voordat jy dit afsit, veral as hy pas hard moes werk, snelweg of sleep. Daai turbo werk baie hard onder slegte toestande, sowat 15o 000 opm partymaal, hoë temperatuur en so aan. as jy die enjin dan skielik afsit is alle smering (wat ook as verkoeling dien) na die turbo se laers ook weg...mens kan maklik jou indink wat uiteindelik gaan gebeur. Maar bygesê, alles wat mensgemaak is breek ook een of ander tyd, party vroeër, ander later...Ek ry ook die laaste end na ek hard gery het baie kalm, dit help om die outjie af te koel en ook sy opm's kans te gee om te kalmeer! Selfs dan laat ek die enjin nog sowat 2-3 minute luier voor ek af sit. Ek dink Willem se ST se  turbo is maar net een van daai dinge wat gebeur? Minstens klink dit nie of daar stukke "debris" af is na die enjin toe nie?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/01/2022 - 20:50

Toe ek net voor my aftrede in Angola grwerk het, het my werkgewer vir my 'n Ssangyong gegee om mee te ry.  Dit was ook 'n diesel model en as jy hom sou afskakel, dan stop die enjin nie dadelik nie en loop vir nog so 'n minuut voor hy self afskakel.  Ek het gedink dis nogal 'n oulike manier om jou te dwing dat die turbo eers afkoel.

Môre vriende

Dankie vir die raad Grootwind en Len. Ek sal beslis julle raad volg. 

Tog interressant dat vervaardigers mens omtrent met alle mag wil oortuig dat dit nie meer nodig is nie. Hulle weet goed dat die meeste mense daarteen opsien om dit te doen. 

Grootwind: Daardie 2-3 minute luier, staan jy sommer by die pompe voor jy volmaak, of staan jy so 'n entjie weg?? Ek wil darem nie by Alzu al begin kruip omdat ek by Milly's wil volmaak nielaugh O wag, met 'n 2.4 Hilux kruip mens elkgevallaugh 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/01/2022 - 13:31

Met die eerste turbo's het vervaardigers jou aangeraai om eers die enjin vir 'n minuut of twee te laat luier voordat jy die enjin afskakel - ten einde die turbo kans te gee om af te koel.

Vandag word daar nie meer sulke waarskuwings gegee nie. Ek glo dit het te doen met die feit dat seker alle moderne turbo's toegerus is met 'n "inter-cooler" wat meebring dat die turbo heelwat koeler sy werk verrig.

Of praat hierdie leek nou bollie?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus