6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Willem se Territory ST

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."

Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp:   WilSur kamp so

.

VOORTREKKER: O ja.  EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?

LEN LOADER:  Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp.  Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg.  Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie  -  hoeveel kilometers het hy al afgelê ?

SKI:  Die mense kamp lekker

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 15/02/2022 - 07:49

Herman, as ek dit reg het het die ST meer krag as daai V8 en onthou die ST is ook AWD.

Die plan "B" is om die core te vervang en so terg te sit.  Al die ouens op die Territory groepe wat ek is sê dit werk met geen nagevolge nie.

Hier is een ou se komentaar.

Just fit the new core and assemble it with the cracked housing.. it will be fine for years.. remove strainer from turbo oil supply line and make sure the drain line has no blockages - Enjoy

 

.....sekerlik almal styf duimvas saam met jou.

Ek sien die Ford logo, maar die Garret logo is hopenlik aan die anderkant.

Gaan jy die finale samevoeging by Turbo Direct laat doen?

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/02/2022 - 13:11

Die ou van Turbo Shop in PE het my nou laatweet hy verkoop nie die part los nie. ☹  Hy wil die core ook doen en dan kom sy prys oor die R25k. ☹

Chris van TD het my laatweet hy ken 'n vriend in NZ en kan dalk vir my een kry (gebruik).

Kom ons hou duime vas asb. 🙏

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/02/2022 - 16:13

Willem, as hy die core oordoen en die foutlose huls gebruik, het jy so goed as splinternuwe turbo. Hopelik sal dit met n waarborg kom, en jou Ford tot die einde hou.

As jy net die part by hom sou koop, vir bv R10k, want dit is skaars, moet jy elk geval nog 7 betaal vir die nuwe core inbou. R17k. Knyp oge toe ou maat.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/02/2022 - 17:31

Ek oorweeg dit, maar die turbo moet dan afgesuur word PE toe en weer terug.  Ek is half onseker oor die ou want hy is nie hier om hom aan die strot te vat as dinge nie reg is nie.  Hy het eers gesê hy het 'n core op bestelling en nou moet hy een bestel.  Dan het hy gesê hy kan 'n nuwe exhaust casing kry toe vra ek vir fotos en nou is hy nie meer beskikbaar nie. 🤷‍♂️

Ek weet nie, die klokkies se ritme is net nie reg vir my nie. ☹

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 11/03/2022 - 08:46

Ok, als het tot stilstand gekom, want TD het niks opgelewer nie. ☹

Chris van TD het my laatweet hy ken 'n vriend in NZ en kan dalk vir my een kry (gebruik).

Die klomp groepe van Territory's waaraan ek behoort, het Hano my 4 Maart op WhatsApp laatweet hy kan vir my een in Australia kry maar wag vir foto's om seker te maak dit is die regte een.  Maandag 7 Maart het hy dit gekry en vir my gestuur.

.

Hy lyk goed en ek het 50% ootbetaal, als-en-als gaan hy my R3,200 kos, gladnie sleg nie.

Hy is Hano Van Loggerenberg van SAIC Performance, https://www.saicperforma…

Hano het my nou laatweet hy verwag die "casing" vandag. 👏👏👏

Ek het hom gevra of hy hom dierek vir TD kan stuur want dit gaan my spaar om dit by hom te gaan haal en vir TD toe moet vat.

Net dalk kan die turbo volgende naweek terug sit.  👏👏👏

duim vas Willem dat jou turbo-probleem opgelos gaan word.

Pomp solank die Territory se wiele.

Pretoria

Geert

Fri, 11/03/2022 - 11:43

Nice Willem....ek hoop alles loop nou voorspoedig en dat jy gou weer op die pad is. As die Territory weer ry, gaan dit nie miskien op die lang duur voordeliger wees om hom nou te verkoop nie. As hy nie kan ry nie, gaan jy bittermin seker kry.....mens weet nooit watter part in die toekoms jou in die steek gaan laat nie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 11/03/2022 - 12:44

Wessel, Grootwind, dankie ek het reeds by die Territory ouens gehoor watse olie om te kry.

ChrisWH 

Pak solank die karavaan en bespreek ‘n staanplek 

Die karavaan is reg om te kamp en gaan 27 Maart Dinokeng Resort toe na ons die naweek met Gideon se 60ste verjaarsdag moes kanselleer, nou gaan ons vir die week.

Geert, dit is seker maar die logieste roete om te gaan, maar 2 dinge;

  • Die Ford is vir my baie meer werd as daai R50 of R60 duisend wat ek vir hom sal kry.
  • Wat koop jy 2de hands (sonder om die ander ou(ens) se probleme en teen wat se prys ? (wat ek kan dit nie bekostig nie, dan trek ek eerder my kamp plakkies uit)
Worcester

Wildehont

Fri, 11/03/2022 - 14:03

Toe ek vanoggend met die Everest ry om dit teen R1 141 vol diesel te maak voor ons dalk vanmiddag sleep Silwerstrand toe dink ek weer daaroor. Die kar het net minder as 148 000km op, en die enjin het nog nooit enige probleme gegee nie. Die drie probleme wat ek sover met die voertuig gehad het was een vanwee ‘n sagteware probleem (4x4 skakelaar wat nie reg wou werk nie), een slytasie (die U-joints op die agterste dryfas) en een waarskynlik bietjie mishandling deur my (die plaat wat gebreek het by die ratkas se selecto​​​​​​r). 
 

As ek nou die voertuig moet vervang met iets soortgelyk wat ‘n nuwer model is gaan ek ten minste R200k moet leen na ek die Everest verkoop het. En dan kry ek ‘n effens jonger voertuig met dieselfde hoeveelheid km op. Anders moet ek R500k leen om ‘n nuwe te koop en my begroting laat dit nie toe nie. 
 

Geniet julle kamp met jou ou swart vriend onder jou agterstewe Willem. Ek hoop dis betyds reg!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 11/03/2022 - 17:00

Tyd om die Terri sommer te bederf met die beste kwaliteit sintetiese olie wat beskikbaar is!

Dit is wat die Territory ouens sê ek moet gebruik ?

Sien nou in die boekkie sê dit 15W40.

.

Het nou die gesien ? 🤷‍♂️

.

.

Sal Maandag by Ford hoor ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 12/03/2022 - 12:42

Hano het my ou laat weet die "exhaust housing" het gister by hom aangekom van Australia af.  Hy sal hom Maandag vir my deur stuur na Turbo Direct sodat hulle die "core" kan doen.

Brackenfell

HennieBo

Sun, 13/03/2022 - 10:31

Hano het my ou laat weet die "exhaust housing" het gister by hom aangekom van Australia af.  Hy sal hom Maandag vir my deur stuur na Turbo Direct sodat hulle die "core" kan doen.

Baie bly vir jou part Willem. Hopenlik loop daai Fordjie weer een van die dae. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 17/03/2022 - 08:24

Die "exhaust casing" is Maandag by TD afgelaai.  Ek het gister die betaling van R9,200 aan TD gedoen en hoop om môre die vars Turbo te gaan haal om Saterdag terug te sit. 👏👏👏

Die olie wat ek gaan gebruik is Shell se Helix HX7 15W-40.

.

En dan die "Coolant" hoor mens kry dit nou klaar aangemaak ?

Dit saam met die olie filter is dit dan ook my 165,000km diens. 👍

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus