"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."
Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp: WilSur kamp so

VOORTREKKER: O ja. EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?
LEN LOADER: Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp. Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg. Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie - hoeveel kilometers het hy al afgelê ?
SKI: Die mense kamp lekker
Tweedehands
Kan jy nie ‘n tweedehandse een probeer opspoor nie? Dis darem sleg om so te sukkel en mens kan nie die mal pryse wat party ouens vra betaal nie. Vra hulle net om die tweedehandse een uitmekaar te haal en vat ‘n blik petrol saam om dit skoon te spoel. Ondersoek dit dan met ‘n vergrootglas en lig vir krake.
Dink wat Willem nou ervaar…
Dink wat Willem nou ervaar is die lastigheid van ingevoerde voertuie, veral die wat in klein hoeveelhede ingevoer was. As ek reg onthou was daar in totaal maar iets rondom 2300 Territories in SA verkoop (dis nou tussen al die modelle, TX, AWD Ghia en 4x2 Ghia asook die ST). Dis bitter min, en boonop was die ST sekerlik die ene wat die kleinste verkoopsyfers gehaal het, kon nie meer as miskien 100 wees nie (hier raai ek). Ek het die TX gehad wat die eenvoudigste van die lot was (en sekerlik daarom ook die betroubaarste, met min "bells & whistles" om te breek!). Rondom 2015 het my plaaslike agent se een diens agent my begin gewaarsku dat met die toemaak van die Ford fabriek in Australië onderdele skaars en duur gaan word. Ek het redelik vinnig van my Territory ontslae geraak en eerder 'n plaaslik vervaardigde Ranger aangeskaf. Teen die tyd sal Ford plaaslik seker nie juis meer onderdele invoer vir die Territory nie en dit wat nog in stoor is sal sekerlik ook nie meer aangevul word as dit uitverkoop is nie (en hoe langer goed in 'n pakhuis bly hoe duurder word dit). Ek mis steeds my Territory maar aan die ander kant was dit 'n goeie besluit om dit eerder te laat gaan destyds. Ek begin dink Willem se enigste uitweg is moontlik om 'n ST te probeer kry wat afgeskryf was met redelik min skade en dit as skenker voertuig te hou?
Toe ek destyds probleme…
Toe ek destyds probleme begin optel het met die agterste suspensie, het ek toe onmiddelik ontslae geraak van die Territory. Dit was egter 'n puik sleepvoertuig.
"Hindsight is an exact science"
Middag Grootwind
Ek het my gebruikte AWD in 2010 aangeskaf, en toe al het my persoonlike werktuigkundige [nie Ford] my AFGERAAI om dit te doen. Hy was bloot net uiters versigtig vir sulke kompleet ingevoerde voertuie. Ek het egter nie geluister nie. Soos ek al tevore genoem het, in 2016 met die sluit van die fabriek oorsee, het ek baie vinnig van myne ontslae geraak. Ek het maar die finansiele terugslag soos 'n man gevat, dit vir bitter min ingeruil op 'n gebruikte Hilux.
Jou voorstel aan Willem is goed, mits hy bergplek het vir so 'n spaarparte wrak op sy erf.
Ek is huiwerig om my voorstel te maak. Sit die huidige turbo aanmekaar, en terug in die ST. Gaan vind dan maar uit of jy dit dan so kan verkoop. Hetsy as 'n inruil, of net bloot aan iemand wat sou belangstel, wetende van die turbo se probleem. Ek is net bekommerd dat Willem 'n vreeslike klomp geld gaan spandeer, en dit nooit terugverhaal gaan kry nie.
Wat van die een?
Hier is een te koop op Gumtree. Dit lyk of sy enjin nog in een stuk is en dit is ‘n ST volgens die advertensie.

Chris ...
Dankie,
Ek het hom gebel, hy soek R45,000 vir hom. Heelwat om reg te maak ? 🤷♂️ En ek het nie stoorplek om hom as spaar (parte) aan te hou nie.
Om die ST tekry om inte ruil gaan my kos om die turbo reg te maak anders stel die ouens nie belang nie. ☹ Dan gaan ek seker so R50,000 kry as ek baie gelukkig is.
As ek kyk na wat dit my gaan kos om reg te maak bly dit steeds die beste opsie.
Probeer die plek ....
Middag Willem
Ek het gou my werktuigkundiger gebel, en gelukkig kon hy onthou.
Ek moes in 2014 'n "sub assembly" of dalk 'n kompleet enjin vir my Territory insit. Hy het ene opgespoor by;
City Deep Auto Spares
Probeer hulle kontak, dalk is jy gelukkig. Daardie tyd kon my werktuigkundige gaan uitsoek tussen die enjins, watter ene ons wou hê. Ek het toe ongeveer R25 000 daarvoor betaal, moes kontant saamneem.
Ek hoop jy kom reg.
Die R50k roete maak nie…
Die R50k roete maak nie goeie sin nie.
As ek weer die begin van die Turbo storie lees, het dit begin met n geluid, en die Ford wat begin rook.
So, om af te ly dat die turbo se laers gefaal het, dus die geluid en daarom ook die olieverbranding, is seker nie te sonder meriete nie.
Die krake soos gewys, is nie op n plek waar dit die turbine beinvloed nie, en hoogs waarskynlik al n geruime tyd daar. Dit het n klein efek op die turbo se doeltreffendheid, as die Territory forums reg verstaan.
Om die turbo nou te herbou, met die krake in, behoort dit dan terug op die pad te sit. R7k as die krake al geruime tyd daar was, sal mens nie die verskil agterkom nie.Dit is n bekostigbare opsie , en indien daar redes is hoekom dit nie oorweeg word nie, sal ek graag wil hoor.
Willem, om die turbo druk te verhoog, is dalk nie n goeie idee nie. Hoekom ek so seg, is dat daar meer hitte in die silinderkop, en dus die turbo se huls ook gaan wees.
Indien jy die roete volg, het jy tyd om n huls op te spoor, en jy kan altyd jou nuwe komponente oorbou.
Groetnis.
Neef ...
Ja dit is wel 'n opsie maar die is ook 'n risiko wat ek nie graag wil vat nie omdat ek beplan om die Ford nog lank te ry.
Daar is 'n ou wat deur 'n vriend 'n nuwe standaar een op gespoor het hy het gesê hy verwag vandag (🤷♂️) foto's. Kom ons hoop dit is die selfde, kan nie onthou wat hy vir hom wil hê nie. (Dink iets soos R20,000 ?)
Willem, probeer maar net. …
Willem, probeer maar net.
As jy n nuwe kan kry vir R20k dan is dit verreweg die beste. Gebruik vir R20k, sonder n volledige inspeksie is n moerse risiko.
Voorspoed.
Ek sou nooit die risiko loop…
Ek sou nooit die risiko loop om die turbo te laat herbou met 'n nuwe "core" en net te hoop vir die beste wat die kraak aanbetref nie. Krake het die nare neiging om te groei (my meganiese en materiaalkunde kollegas verwys daarna as "crack propagation"). My vermoede is dat daardie kraak vinnig sal groei met katastrofiese gevolge, veral gesien die hoë temperature waaronder die turbo werk. As die "core" se lemme dan die kante raak (daar is reeds bitter min toleransie as alles reg is) gaan van die metaaldele heelwaarskynlik in die enjin beland wat nie te cosher is nie. Wessel sal ook die sakie rondom krake kan be-aam, dis 'n bekende probleem in baie kernkrag installasies, maar die beginsels is dieselfde...
Crack propagation.....
Môre Grootwind en al die ander vriende
..... is 'n vieslike materiale probleem, veral as dit binne in 'n komponent [uit die oog] voorkom. Die voortsetting van 'n defek, soos 'n kraak, word bepaal deur eksterne faktore soos druk en trek-spannings, temperatuur skommelinge ensovoorts. Indien daardie gepaardgaande kragte die inherente "fracture toughness" waarde van die materiaal by daardie gebied oorskrei, SAL daardie defek groei, of nog erger, net skielik katastrofies breek. Net vir volledigheid, die term "fracture toughness" verwys na die materiaal se vermoë om eksterne kragte te weerstaan.
Indien 'n defek alreeds so groot is, dat dit met die blote oog opgemerk word, benodig dit nie veel inspanning om katasrofies te groei/breek nie.
Om by te voeg wat Wessel sê…
Om by te voeg wat Wessel sê rondom die groei van 'n kraak waar dit nie opsigtelik is nie. Diegene wat graag die DsTV reekse oor vliegtuig ongelukke kyk sal dalk die ene onthou van die DC10 waarvan jare gelede die middelste enjin (dis nou die ene in die vertikale stabiliseerder) gefaal het toe sy een turbine "disc" in 'n paar stukke gebreek het en byna alle hidroliese pype verwoes het....die vliegtuig is met moeite beheer en deur die bemanning probeer land op die Sioux City lughawe met slegs die "throttles" as beheer....die ondersoek het later gewys dat die turbine "disc" wat gefaal het 'n groeiende kraak gehad het wat eers 'n paar jaar na vervaardiging katastrofies gefaal het (blykbaar veroorsaak deur 'n onsuiwerheid soos 'n sand korreltjie diep onder die oppervlakte). Gelukkig vlieg Willem se Terri nie!
Dalk vlieg ......
.....Willem se ST wel, net laag oor die pad.
My stelling berus suiwer op wat ek op die forum verneem.![]()
Julle manne het die…
Julle manne het die probleem mooi verduidelik, dankie. Soos genoem, gelukkig ry ons op Terra Firma.
Sou Willem nie n nuwe,en bekostigbare turbo, opspoor in die volgende maand nie, beteken dit daar is nie beskikbaar nie. Dan is plan B om n ,nie gekraakte 2de handse eenheid, op te spoor. Die kanse vir een, klink maar min, maar dit sal moontlik wees, dalk net tyd neem.
Sou die 2de handse roete gevolg word, sal die eenheid sekerlik herbou word, ek sal dink dit is n standaard praktyk. So sou Willem sy Territory wil gebruik as n "daily runner" en nie sleep nie, en nie te laag vlieg nie, en dit beskou as n temp fix, glo ek heel gelooflik dat die turbo nie katastrofies sal faal nie. Dit was eerstens nie die fout met die turbo nie. Die nuwe onderdele word hergebruik, en daar is nie n geldmors scenario nie.
Dit is wat ek bo bedoel het.
Enjin is dalk goedkoper
Hier is ‘n enjin op Gumtree vir R12 500. Ek is nie ‘n kenner nie maar ek dink nie dis ‘n turbo aangejaagde een nie? Dalk werk hy dus nie saam met Willem se ratkas vir optimale aandrywing nie.
Dink nie daai ene op Gumtree…
Dink nie daai ene op Gumtree is die turbo enjin nie, maar mens kan nie sien nie....lyk ook asof iemand hom so bietjie "go faster" verf behandeling gegee het...daai groen kleur van die silinderkop is nie standaard nie
dalk ingevoerde ene?





ST se Turbo ...
Macining Man is op DSTV 189 Flat Out, kom nou 18:00 op.
Hennie, ja dit sal Dinsdag ook 3 weke wees. ☹