6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Willem se Territory ST

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

"Ons is nie lief vir KZN se klam bedompege weer nie en Surette sê die sand is eerder soos revier sand waarmee jy ‘n huis pleister."

Lees en kyk bietjie hoe Wilsur Kamp:   WilSur kamp so

.

VOORTREKKER: O ja.  EK wil graag weet, op die 2016 Klein Kariba foto, wie sit daar saam onder die tent?

LEN LOADER:  Dankie Willem, lekker gelees hoe die Brits-gesin kamp.  Ek hou van die afwisseling van julle langkamp in Desember want ons is geneig om jaarliks by dieselfde oorde te kamp en moet miskien 'n aanpassing oorweeg.  Daardie 2011 Ford Terroris, is dit nie tyd dat hy vervang moet word nie  -  hoeveel kilometers het hy al afgelê ?

SKI:  Die mense kamp lekker

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 20/03/2022 - 07:48

Ai Willem, veels geluk met julle herstelwerk en ek is baie bly julle kon die ou kêrel weer op die pad kry.  Jy moet nou baie oeferontes gaan ry sodat jy 100% seker is vir die eerskomende kamp.

Lessie geleer :  "Aanhouer wen !"

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 20/03/2022 - 09:13

Ja dit voel heerlik om na 3 maande se staan die sleutel te draai en die Ford vat dadelik.  Nog beter was toe ek weer oor die Ford se bonnet die teerpad kon sien en hoor hoe mooi daai 4.0L klink. 👏🙏

Sê juis gister vir Eddie ek is so dankbaar dat ek nie in die beging hals-oor-kop die ding laat verander het nie, nou is die turbo steeds standaard en dit het my heelwat geld gespaar.

Irene

Grootwind

Sun, 20/03/2022 - 11:14

Willem, was die laaste paar dae nie aanlyn nie, sien nou eers jou vraag rondom die 10W 40 vol sintetiese olie ipv die aanbevole 15W 40. Weet nie wat jy op die ou end gekoop het nie maar die 10W 40 behoort reg te wees, al wat die 10W beteken is dat die olie kouer temperature kan hanteer, bloot van akademiese waarde in ons land. Lees ook

https://www.stikkitnow.c…

Bly jou Ford doen weer sy ding!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 20/03/2022 - 13:02

Ek het dié een gebruik.

.

Ek is netso bly die Ford is weer op die pad.👏👍🙏

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 21/03/2022 - 09:22

.... sing: "Blokkies, haak daai ball".

Ek het lus om te sing: "Willem, haak daai karavaan" - sodat ons kan hoor of die Territory sy ou self is.

Ek wens jou baie verdere sorgvrye kliometers toe.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 01/06/2022 - 09:41

Hennie, ja die ST loop baie lekker.  Het al vergeet hy het so lank gestaan.  Laas naweek was die 2de keer wat ek met hom gesleep het na die Turbo herstel is, al was dit net die 3B Dinokeng toe gewees.  👏👍🙏

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 30/08/2022 - 15:30

Oor 'n maand is dit my beurt vir sleep.

Het Sondag by die kerk gesien die linker voor wiel is pap, pomp hom toe maar want gelukkig het ek een van daai kompressors lank terug as geskenk gekry.  Besef toe dat dit moet 'n "slow puncture" wat die ander ouens so maand of 2 terug nie mooi reg gemaak het tussen die "rim" en band nie wat weer pla.

Het ook die bande van agter na voor geruil en wielsporing en balansering ook laat doen sodat dit reg is vir die sleep KNPark toe.

Oor 2 weke sal ek die 3B uitstoot en behoorlik 'n was gee vir die pad.

Dit is mos deel van die kamp voorbereiding ?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus