As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier.

| Attachment | Size |
|---|---|
| Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf | 3.87 MB |
Ek wonder maar
My wyn klaar nou wonder ek maar net wannneer gaan die hoof die klokkie lei en se gaan koop maar vir jou weer n wyn of 10![]()
Wanneer is dit wetig
Middag alle stokers
Ek lees lekker aan al julle resepte en produkte, maar nou wonder ek;
1]is die stook van alkoholiese drank dan nie verbode nie?
2] is daar 'n limiet op die grootte van die ketel?
Ek onthou toe ek 'n kind was, was die stook van hardehout total onwettig.
Groete
Ek weet nie van stook nie
Maar bier brou is heeltemal wettig, solank jy dit nie verkoop nie. In 2004 was ek in ‘n klein dorpie in Oostenryk. Dit was ‘n interessante ervaring! Niemand daar sluit hulle voordeure nie, en besoekers klop nie - hulle stap net in. Daar was ‘n rondgaande lisensie om te stook, wat stokers om die beurt gebruik het om wettig te stook. Hulle groei sulke groot appels in die streek, wat nie goed is vir eet nie, maar gebruik word om tuis cider te brou en om te stook.
Stap net in....
Middag Chris
Dit is dan rerig 'n vriendelike lot mense. Kan geheel lekker word om sommer net in te stap by die bure.![]()
Wessel, jy mag vir eie…
Wessel, jy mag vir eie gebruik bier brou en stook. Sodra jy selfs op klein skaal bier of gin etc wil bemark, verkoop, is daar n lywige klompie regulasies ter sprake waarvan die aksyns wat betaal moet word, ñ groot kopseer is.Vir registers, bergplekke etc is daar voorsktifte. So paar jaar gelede het ek gedink om dalk designer drankies te stook, toe het die voorskrifte my afgeskrik, maar die tuisgebruik deel verstaan.
My ketel is klaar, besig om die verkoer aan te pas.

Die brousel deel sal 40l hou, en daar behoort 2 l alkohol af te kom as ek die bier 5% abv brou. Het n sak gars gekry, binnekort met die malting begin.
Koppel aan grammefoon???
Middag neef Herman
Dankie vir die antwoord.
Kan mens daar gehoorapparaat koppel aan 'n vooroorlogse grammafoon, ?
Ek sal nie waag om dit op my werf te bring nie, die beterhelfte sal aandring dat ek dit ordentlik poets.
Gesondheid
Bier stook
Die brousel deel sal 40l hou, en daar behoort 2 l alkohol af te kom as ek die bier 5% abv brou. Het n sak gars gekry, binnekort met die malting begin.
Gaan Oom Neef mampoer stook of bier brou? Of bier brou en dit stook? Ek koop sommer gars wat klaar gemalt is om my bier te brou.
Wildehont, as ek klaar…
Wildehont, as ek klaar gemalte gars kon kry sou ek dit eerder gekoop het. Ja die plan is om bier te brou sonder hops, en dan te stook. Die gars moet nou gemalt word, klink darem nie te ingewikkeld nie, en is goedkoop. Daar is n groot ooraanbod van gars, en nou word dit vir dierevoer verkoop teen R 3000.00/ ton. " Single malt whiskey" is my rigting. Wil ook mielies malt en n whiskey maak. SA het die wêreld se beste mielie wiskey prys gekry so 2 jaar gelede. Dit is regtig n puik produk. Dan het ek al baie smaaklike mampoer gestook. Ek sit van die buchu famile plante by, dit gee n besonderse smaak en kleur. Persoonlike gunsteling is n anysbuchu wat hier groei. Dit het n lekker sterk liquorice smaak en die kleur word so cream soda groen. Medisyne.
Whisky
Aha, nou verstaan ek. Vanmiddag in die swembad toe wonder ek of whisky die doelwit is. Bain’s maak mos mielie whiskey hier anderkant in Wellington, het hulle die prys gewen?
Ek koop gars meestal by Beerplus, en hulle lewer af. Dis egter baie duurder as R3 000/ton. Ek koop die ingevoerdes, nie SAB s’n nie.
Ja dit is Bain's, hulle het…
Ja dit is Bain's, hulle het prys gewen, en dit is n puik Whiskey, of Whisky?. My plan is single malt, pot stilled single malt whisky.
Waar kry jy hops, sal graag n bier wil probeer, het n paar kratte Grolsh botteltjies. Het al bier gebrou met die "kitts" wat in n blik kom. Heel lekker, maar die gis wat in die gebottelde produk beland, maak ñ grom as jy hom nie versigtig skink nie.
Hops en gis
Oom Neef, Google Beerplus. Ek koop meeste goed by hulle, of by Beerguevara in die Kaap. Hulle lewer af ook, en dis goedkoper as om self te gaan haal daar. Beerplus het ook ‘n afdeling vir stokers - Distillplus. Hulle verkoop onder meer gars wat klaar gemalt is, gis en toerusting.
Fermentis maak verskillende soorte droë gis vir verskillende style bier. Beerplus verkoop hulle gis ook. Hulle pale ale gis flokkuleer goed, en daar beland meestal min tot geen daarvan in die glas wanneer ek skink. Die hops wat ek tans gebruik het ek ook by Beerplus gekoop. Hulle verkoop ook wort (bier wat nog nie gegis het nie en dus geen alkohol bevat nie) wat hulle klaar gemaak het, waarby net gis hoef gevoeg te word.
Goeie diens
Ek het ‘n paar bymiddels en skoonmaak goed gekort, en was lus vir ‘n ander styl bier. Gister plaas ek toe ‘n bestelling vir wat ek kort en nuwe gars, hops en gis by Beerguevara op hulle webwerf, en vanoggend is dit afgelewer. Dis nou goeie diens! Nou kan ek nie wag vir Saterdag om ‘n pilsener te brou nie.
Maggies, julle praat in…
Maggies, julle praat in ander tale van goed waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Sal maar my tyd in en om die karavaan spandeer en my biertjie by Tops gaan koop - kort voor lank !
Voeg net water by
Oom Len, daardie drie bestanddele is waaruit bier gemaak word. Mens voeg net water by. As dit maar so maklik was...
‘n Tipiese brou dag begin al Vrydagaand wanneer ek die gars maal met ‘n handmeule. Saterdag is ek vroeg op en is dan konstant besig en op my voete vandat ek begin vir vyf en ‘n half ure tot alles skoon en opgeruim is. Dan gis die bier gewoonlik vir so 10 dae. Daarna neem bottelering my nog so drie ure. En dan vat dit nog so week in die bottel voor die bier reg is om te drink. Dan is dit egter BAIE lekkerder as winkelbier, en kos boonop skaars twee derdes van die prys in die winkel (as jy natuurlik daar mag koop).
Hello Chris. Ek het gister…
Hello Chris. Ek het gister epos gestuur, navraag oor jou proses. My malt kom mooi aan, sal lyk my more reg wees vir droog.
Nuwe gis fermenteer stadiger
Weens logistieke redes kon ek nie Saterdag brou nie, en moes toe gister. Dis my eerste poging om ‘n pilsener te brou, tot op hede was alles ales. Pilsener gebruik lager gis, wat teen ‘n laer temperatuur optimaal werk (in terme van die smaak en geur wat dit produseer - die resep skryf 12° voor so dis waarop my fermentasie yskas gestel is). Ale gis werk die beste tussen 18 en 22°, en ek het ‘n Noorweegse gis wat teen 35° werk. Hoe warmer, hoe vinniger word die fermentasie voltooi.
Volgens die Pilsener se resep kan dit twee tot drie weke duur voor die fermentasie voltooid is (die ale gis is gewoonlik na 10 dae klaar, en die Noorweegse sommer na drie dae). Nou lyk dit of ek dalk gaan dors raak. Ek het gister getel, en ek het net 17 biere oor...






Ek drink daarop
Dis my verjaardag week en ek het genoeg pale ale so ek vat een op daardie tuba. Goeie werk Oom Neef. My Kavango se kombuis kraan lek nog steeds effens, laat weet as die stookketel klaar is dan stuur ek my kraan.