6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

AMAROK Laaistelsel

Pretoria - Oos
Submitted by Andre Smit on
Forums

Soos belowe,

Ek het met ons Apriltoer vanjaar finaal besluit dat die gesukkel om goed agter in die Tipper in die hande te kry is nou finaal verby. Omdat die AMAROK die enigste bakkie op die mark is waarin 'n standaard ISO palet agterin tussen die wielboeë pas het ek regtig nie baie spasie verloor nie. die laai is feitlik netso groot soos die bruikbare spasie in die ander dubbelkajuite op die mark.

Ek het eerstens die soektog op tou gesit om die regte rollers in die hande te kry. Op foto een probeer ek dit uitwys.

Rollers naby

 

Die Rollers is gemonteer op twee 30mm plat aluminium stroke wat ek met oorslaan knippe op die vloer van die bak vassit om dit maklik te kan verwyder as ek nie met die laai in die bak wil rondry nie.

Roller plate

 

Die laai het ek van 16mm laaghout gemaak met kante van 8mm presswood. Onder aan die laai het ek twee stroke aluminium U channel vasgesit wat oor die rollers pas en oor hulle heen en weer kan rol.

Laai ingestoot

 

Die aluminium channel kan op die laaste foto gesien word. Hier kan mens ook sien hoe vêr die laai met gemak uitgetrek kan word sonder dat hy tip.

Laai oopgetrek

 

Na die fotos geneem is het ek nog twee handvatsels aan die laai gesit om hom mee uit te trek en twee oogboute op die punte wat ek met 'n ratchet strap aan die bakkie se laaihegtingspunte vastrek om die laai binne in die tipper in posisie te hou 

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 19/09/2017 - 07:12

Puik Andre dit maak alles net sooveel makliker veral as jy vining stop en iets gou wil uit haal prakties en dit lyk goed welgedaan

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 19/09/2017 - 07:21

Môre weereens,

'n Mens gaan ongelukkig die spasie tussen die kante van die laai en die bak se kante "verloor" maar ek beplan om bv die tentpale, opvoustoele en ander sagte items daarin te pak wat jy heel eerste moet uithaal voor jy enigsins gaan opslaan.

Sodoende wen jy nog spasie in die middel waarin Ma "nog net hierdie ietsie"kan pak.

Ek het egter vergeet om by te sê dat, tans as ons net twee mense is wat kamp ry ons die stofie/oondjie, die mikrogolf en die yskas inhoud in 'n coleman kas op die agter sitplek cvan die tipper.

Verlede jaar toe Swarie en Skoonsus saam was Wille Krugertuin toe het dit  op die bed in die wa gery so die res van die pakkasie bly dieselfde.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 19/09/2017 - 09:54

André

Wat gaan hom keer om vorentoe te tilt as die flap kant swaarder as die binne kant is ?

Baie goedkoper as die gekoopte goed, verseker.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 19/09/2017 - 10:20

Hi Willem,

Ek het ook aanvanklik daaroor gewonder.

Op die laaste foto lyk dit nie 100% duidelik nie maar dit is net minder as 1 derde wat oor die bakkie se flap oorsteek. 1 derde steun op die flap en 1 derde is nog in die bakkie. 

Selfs met dit kan jy daar in die hoekie langs die bakkie flap staan en die goed waarna jy soek bykom.

Mens het dus twee derdes van die laai wat ondersteun word en een derde oorhang en onthou die meeste goed is reeds uit die laai terwyl jy kamp.

Dis daai sakkies hout en ekstras wat mos heel diepste opeindig as jy klaar opgeslaan het

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/09/2017 - 10:35

Maggies Andrétjie, nou sien ek heeltemal 'n ander André.  Daardie werksbank oppervlakte lyk vir my of baie werk al op hom gedoen is.  Ek dog jy is 'n ou wat net "orders" in die army uitdeel en hier sien ek bewyse van die vrug van jou arbeid !

Sit jy as jy by die werksbank  werk want ek sien 'n bar-stoeltjie met 'n lekker sagte rugleuning of kyk ek verkeerd ?  Het jy teveel Amarok rubbermatjies, ek sien daar is ook een op jou werksbank ?

André, jou laaistelsel, dis werklik 'n baie oulike idee.  Ek glo die Amarok se klap agter sal keer dat die laai na onder tip.  Omdat, in jou patent gly die laai met sy twee "cannels" op die wiele wat stilstaan (en nie andersom nie), kan jy seker nie 'n stop insit om te keer dat jy die laai te ver uittrek nie ?  Maar aan die ander kant sal jy tog net die laai uittrek tot jy die goed kan bykom.

Wel gedaan André en dankie dat jy dit met fotos met ons gedeel het.

Meyerton

Segekok

Tue, 19/09/2017 - 10:52

Die laai stelsel werk baie lekker. Ek het die kratte in die laai systeem gehad en dit was maklik om by goed by tekom. Omdat ons baie die OFF ROAD ding doen en die flap gebruik as n tafel het dit begin pla.  Elke keer as ek iets nodig het wat in een van die kratte is moet als eers van die flap afgehaal word.

My canopy het egter deure aan die kante wat die probleem opgelos het om by goed by te kom wat voor in die bakkie gelaai is. 

Veral as ons die dak tent gebruik is die flap as tafel n belangrike deel van die kamp opset.

 

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 19/09/2017 - 10:55

Ek wil maar eintlik 'n laai sisteem agter in my Van ook inbou, dit gaan soveel oor die diepte en bykom nie, dit ook, maar oor al die kop spasie wat ek verloor - daarom wil ek graag die vloer lig en laaie onder die nuwe vloer inbou...

Pretoria - Oos

Andre Smit

Tue, 19/09/2017 - 10:59

Kom ons begin heel voor verduitlik.laugh

Ek hou regtig daarvan om in daai motorhuis te krap, die dat daai werkstafel so lyk en hy trek darem al 37 jaar saam met my rond.

Daai stoeltjie is vir wanner hierdie lang rug begin lam word van die vooroor buk. Pa het gesê "g'n mens kan nop sy agterent sit en werk nie". Hy het nie rêrig 'n rugleuning ook nie

Die Amarok matjie sal jy sien is deurgeskuur deur my haak net onder daai regterkantste spoor met wielietjies. Moes hom vervang anners mors ek sand op die voertuig se regte matte.

Jy sal verbaas wees waarvoor mens die ou Soldade alles kan gebruik hoor.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus