Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Na 'n lang week...
Na 'n lang week
kon ek vandag weer gaan werk en basies het deel 2 vandag begin. Die voorste bankies is uitgehaal en daai vrot voor muur is gestrip.
Voor dat ek begin uit strip het.

Bankies uit.

Muur uit.

Gat in die voorste plaat waar die trekstang ingaan.

Klaar die rubber gesny om die gat toe te plak.

Projek het toe gestop want die 38 x 38 mm hout is te smal om die vrot balk onder die venster te vervang. Ek gaan nou eers weer volgende Saterdag in pa se motorhuis shop vir 'n nuwe plank. ![]()
Gerhard, wat is die grootte…
Gerhard, wat is die grootte wat jy benodig? Mates?
Baie mooi, jou wa gaan 'n…
Baie mooi, jou wa gaan 'n pragstuk wees, 'n Waardige Ou Dame!
Lyk vir my na 'n hengse taak…
Lyk vir my na 'n hengse taak, baie netjies sover Gerhard. Die wa gaan 'n pragstuk wees as dit klaar is.
Dankie almal
Dankie almal.
Oom Stoffel dis 46mm wyd en 40mm hoog by 1.93m lank, maar daar in my pa se motorhuis is genoeg hout om van te kies. Ons Saterdag in daai rigting vir my suster se dogtertjie wat verjaar en dan sal ek hout gaan oplaai. Ek het gister ook gaan haal maar dit was voor ek begin strip het.
Gerhard, Dit is reg so. Hy…
Gerhard, Dit is reg so. Hy het my vertel dat hy 'n houtstoor daar in sy motorhuis het.
Jy sal moet vinger trek. Net 2 naweke oor
Net teveel werk
Oom Stoffel ongelukkig is daar nog net teveel werk oor om te doen en Marelize se eksamens begin die week na die saamtrek so ons gaan nie kamp nie![]()
Ek het tenminste nog 'n maand en half se werk oor om te doen
Vandag se werk...
Maak darem nou goeie vordering maar is ver van die einde af. Die voor venster is uitgehaal, die aluminum bo oor die hout is af gehaal en die binne mure langs die venster is ook uitgehaal. Die vrot plank is uitgehaal. Die nuwe plank is ingesit en die aluminum is terug gesit en die klein binne mure is vervang nou. Die voor muur is nou weer baie stewig.
Heeltemal af gevrot
Nuwe plank in
Jinne Gerhard, jy wikkel met…
Jinne Gerhard, jy wikkel met Ou Lady, mooi man?
Mooi gedoen
Gerhard mooi gedoen ek haal my hoed af vir manne wat sulke werk takel soos in my vorige draad ek is nie Handy Hank wanneer dit kom by houtwerk hel selfs ou Julias Malema sou my los hande gewen het .Meganies is ek olraait en elektrisiteit maak ek uit .
Oom Gerhard, jou projek gaan…
Oom Gerhard, jou projek gaan mooi vooruit, jy gaan so trots en genot he as jy klaar is.
Dit gaan 'n splinnternuwe wa…
Dit gaan 'n splinnternuwe wa wees as jy klaar is ![]()
Dankie almal
Dankie almal.
Na vandag sal die voor muur nie weer induik na binne as ons die "Ou Lady" sleep om te gaan kamp nie. ![]()
Een ding wat ek wel uitgevind het met die oorbou, dis baie werk ![]()
Gerhard, ja dit is baie werk…
Gerhard, ja dit is baie werk, en glad nie maklik nie, ek sien nie kans vir so iets nie, maar as dit klaar is, gaan jy 'n prag stuk hê wat jou baie jare se genot gaan verskaf?
Een ding wat ek wel uitgevind het met die oorbou, dis baie werk
Dit lyk goed. Jy kan trots…
Dit lyk goed. Jy kan trots wees op wat jy tot nou toe bereik het.
Dit is die lekkerte van enige projek. Wanneer jy klaar is en terugstaan en daarna kyk en die eindproduk sien.





Dankie...
Dankie Bolander