Ek weet nou nie wie dwaal ook snags rond en staan voor die oop yskas nie maar as jy vanaand hier verby kom, ek het 'n bakkie sop en die laaste snytjies brood met egte botter vir jou gelos. Hoor graag wat kom alles in julle sop. Ons sin kry gewoonlik saggeweekte bone, sopgroentes (vars en gedroog) en dan gebruik ek graag skaapnekkie. Dit geur ek met twee pakkies soppoeier (een bees en een hoender) swaar hand met die woestersous en swartpeper.

Raaitjie, dit lyk na n…
Raaitjie, dit lyk na n wenner. Ek hou nogal baie van sop.
Ek self baie lief vir sop,…
Ek self baie lief vir sop, en selfs groente sop, die enigste manier hoe ek groente inkry.
Groente Sop en Vars Brood…
Groente Sop en Vars Brood konings kos
Ek is glad nie 'n sop mens…
Ek is glad nie 'n sop mens nie, as my vrou sop wil maak moet dit meer stew wees as sop. Sy maak 'n aartappel "sop" wat nogal nie te aardig is nie.
Ek is glad nie 'n 'stew"…
Ek is glad nie 'n 'stew" mens nie!
My vleis moet so wees dat ek dit met my hande kan eet sonder om 'n klomp sous en gemors op my hande te kry.
En so verskil ons maar almal, ok maar goed so.
Jy kan my met beide geregte…
Jy kan my met beide geregte wat julle hier noem (sop of bredie) in 'n wip vang. Sop is vir my 'n maaltyd.
My ma het grootgeword in 'n huis waar daar altyd sop as 'n 'starter' was. Dan die hoofgereg. Sy't aanvanklik met dié tradisie voortgegaan toe sy getroud is, maar dit gou gestaak aangesien my pa homself gewoonlik kaduks geëet het aan die sop en beswaarlik sy hoofgereg geëet het. Toe ek op Elsenburg Landboukollege was, het ons met elke middag- en aandete o.a. ook sop gekry. Ek was gewoonlik die enigste een aan ons tafel wat sop geëet het.
Sop word gewoonlik met winterkos geassosieer. Maar hier in Roemenië maak my dogter vir ons 'n tipiese Roemeense sop (Ciorba - uitgespreek tjorba) wat slegs met 'n lekker vars broodjie bedien word. Ai man - koningskos!!
Ek kook gereeld sop en hou…
Ek kook gereeld sop en hou van baie vleis in die sop. Beesskenkel en 'n paar stukke beesrib. As ek hoendersop kook, gebruik ek 'n hele hoender, trek net die velle af anders is dit te vet. As ek beesstert kook, sorg ek altyd dat daar genoeg sous en 'n paar stukkies stert oorbly, dan gebruik ek dit as basis vir 'n pot sop. Behalwe vir die groente, sit ek altyd gort in. Ek rond dit ook gewoonlik af met 'n pakkie sopmengsel, maar die pakkies "stew mix" wat jy kry, werk eintlik beter vir my.
Ook nie n sop
Ek nie n sop mens nie maar maak sop my kinders kleinders en vrou sweep die pot so ek aanvaar sop nie te sleg of hulle is baie honger
Meraai jou soppie lyk en…
Meraai jou soppie lyk en klink heerlik! Ek hou van sop met 'n lekker broodjie ![]()
Pap en sop
Lees ek so wie hou van wat en wie nie. In ons huis is daar ook die sopliefhebbers en -haters. Ons twee seuns sit nie hulle monde aan sop nie. Vir Meisiekind is dit grootste bederf as sy kom kuier en daar is 'n gevriesde bakkie om terug plaas toe te neem. Haar gesin eet ook nie sop nie.
Wonder ek wie van julle is ook lief vir pap en sop? Op die delwerye in my kinderdae was dit een van oumagroot se spesiale bederfies. Soms was dit warm pap en koue sop, ander kere weer omgedraai. Ek onthou die reuk van haar varsgebakte brood in blinkgeskuurde oliekanne uit 'n buite oond met varkvet en stroop.
Groot bederf was gemaalde kaiings op brood of pap. En natuurlik die lekkerste - fyngekapte biltong (met 'n hammer). Die goete het bymekaar gehoort soos PM (Petra) se kettie en klip, kaas en wyn of koffie en beskuit.
Roemeense sop
Hierdie ene gaan ek beslis bietjie beloer. Klink na koningskos so reg in ons kraal.
Stew Mix
Ek gaan beslis loer of hier by ons so 'stew mix' te vinde is Freda. Jou soppe klink heerlik! Hierdie kant wil ek juis vandag weer vir ons 'n pot aanslaan. Weet nie of jy ook al die geen-knie-broodjie gemaak het nie. Die konventionele oondjie span ek in vir die rysproses in die winter as die son so skaam-skaam skyn. Los vir jou die skakel hier hoe ek die gedoente aanslaan hoor.
http://forum.afrikaansef…
Ek het n probleem net sop…
Ek het n probleem net sop. Kan net nie ophou nie. Moet altyd selfbeheersing toepas ander ooreet ek my.
M.a.w. Dusty - in daardie…
M.a.w. Dusty - in daardie opsig is ons van dieselfde stoffasie.
Chris, jy kan my met 'n…
Chris, jy kan my met 'n lekker bord/beker sop toor.
Ek love ook die sop baie met…
Ek love ook die sop baie met vleisie
Ek het geen issues oor kosse nie. Ek het vir 9 jaar as kind in die koshuis en 8 jaar as jong man in enkelkwatiere gebly en kon net eet wat aan my bedien is.
Neef en sy familie is…
Neef en sy familie is absoluut versot op sop. Maar dan is dit ouma Von se sop. As sy bv. bonesop maak, is dit n proses van 3 soorte vleis wat apart voorbery, dan saamkom en gegeur met tamatiepuree en wie weet wat nog. Bone word gekook, gespoel, gekook totdat dit heeltemal sag is. Dan eers kom dit bymekaar in haar groot pikswart enamel cauldron en staan op Aga vir n paar uur. Die sop is dik en heerlik.
Saam dit sit sy gewoontlik n vars gebakte gevlegde brood vol growwe sout bo-op.
Gevlegde brood...
Iewers langs die pad het ek ook die hand gewaag aan 'n gevlegde broodjie maar voor ons hom kon doop in die sop het Outop en kleinkind dit verslind ![]()





Wederhelf se bonesop met gemaalde vleis
... as skaap nie jou ding is, Outop maak 'n treffer sop met gemaalde vleisie.