Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -1 hour ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -1 hour ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

SionBergh Saamtrek Feb. 2019

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
SionBergh

Kampforum word 2jr oud op die 23ste Feb 2019.      Dankie Ski vir die reëlings yes yes  

Sionbergh Webwerf         Naweek kostes beloop R290 / nag per staanplek.  

Dit is MAKS 6 persone per staanplek - R 70 per ekstra persoon per nag. Voertuig moet op staanplek perkeer. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

 

Hoe om te bespreek?    Ons doen 'n blok bespreking en die besprekings word alleenlik direk deur kampforum.co.za gedoen.   

Stuur asseblief  jou bespreking versoek na anton@kampforum.co.za    Ons verlang 'n 50% deposito om jou bespreking te bevestig.   Krediet of terugbetaling van jou deposito's kan glad nie gewaarborg word deur kampforum nie,  en is onderworpe aan Sionbergh se terme en voorwaardes.

Kliek hier vir Bankbesonderhede:   Kampforum inbetalings 

Sionbergh

SAAMKAMP LYS
  Naam Nagte Persone Bespreek

1

JoJuRa (Judy)

2

2

X

2

Johan (VanHeerden)

2

2

X

3

It'lDoDat

4

1

X

4

Johann L

3

2

X

5

Ski (Nico)

2

3

X

6

Voortrekkers

3

4

X

7

Noel & Ronell

2

2

X

8

Willem Brits

2

3

X

9

Keven en Dedre

2

3

X

10

Patrys

2

2

X

11

Obie en Mille

7

2

X

12

Dusty (Stoffel)

3

2

X

13

Christokleintjie

2

4

X

14

JohnB

2

2

X

15

Franshark

2

2

X

16

Spore vir Jesus

2

2

X

17

Fransie A

2

2

X

18

Fransie B

2 2 X

19

OumaElsabe

2

2

X

20

Pieter Britz

2

2

X

21

Spantou

2

2

 

22

Wimpie

4

2

X

23

Amper Kamper

2

2

X
video
google kaart
Meyerton

Segekok

Sun, 09/12/2018 - 11:23

Ek sal maar hoor hoeveel die kanselasie bedrag is en dit maar verloor.  Anton ek glo jy sal kan uitvind en die nodige reekings maak...  Net terloops ek is nie ongemaklik om saam met jullebte kamp nie... Dit wil my voorkom of julle bang is  of skaam is om saam met mense van n ander geloof te kamp. Volgende gaan seker wees dat jy n sekere kerk verbant moet wees en ook kleur.

 

Jammer dat dit so moet eindig. Maar dalk moet jy maar my profiel verwyder van die forum af .

Sommer my inskrywings ook.. ALS

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 09/12/2018 - 11:30

Segekok, dit is jammer dat dit so  moes gebeur, maar ek dink dit is beter so.  Die onsensitiewe en blatante beledigings en uittarting van lede van jou kant af het regtig baie onaangenaam begin geraak  - selfs jou aanmerkings hierbo oor kerk verband en kleur lyk of dit maar gepoog is om skade aan te rig en om hierdie forum sleg te laat lyk surprise 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 09/12/2018 - 12:17

Weet nou nie of ek lid was van die Deon se anderkant nie ?

Ek en Deon glo nie eers dieselfde nie, maar dit is OK

Jy kan my ook afhaal van die lys soos per vorrige draad. Deposit is afgeterk van die borg geld.

Soos gese, jy kan die verhaal of oorsit op iemand ander se naam.

Geniet julle kamp en lewe in vrede saam.

ONTHOU ALMAL IS NIE DIESELFDE NIE.

BAIE MENSE JAG NIE,

VANG NIE VIS NIE EN

DANS OOK NIE.

Ons verskil almal.

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 09/12/2018 - 12:42

Oom Harry, ek jag ook nie [maar eet lekker aan daai biltong!] vang ook nie vis nie - MAAR dans, ai tog gun my maar my een ou plesiertjie in die lewe!

Dis mos vrek lekker om so van al jou oortollige energie ontslae te raak?

Oom jy moet mooi loop waar jy ook al gaan, ek sal jou mis, nog altyd vir jou ge-like, maar ja dit is die lewe. Vriende kom en gaan.

Mens moet net altyd positief bly en vorentoe kyk - alles gebeur altyd met 'n doel, net nie altyd seker wat die doel is nie?

Soos jy noem almal verskil van mekaar, ok maar goed so, kan jy dink hoe sleg sou dit vir my wees om by Petra te slaap sou sy net soos ek gelyk het, juk hoe gril ek nou!!

0
Centurion

Lolla

Sun, 09/12/2018 - 12:44

Ps:  jou muffins sal altyd my gunstelling bly. En Harry, ja almal verskil ons ALMAL is net mense, almal se oe het nog net nie oopgegaan nie. Maar dit sal wel kom, nou of later of eers wanneer ons op ons doodsbeddens le. Peace everybody! Lewe en laat leef.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 21/12/2018 - 06:16

Dankie Johann, ons het dit ontvang en maak die nodige reëlings sodra terug is van vakansie.  Ons is ook al van Donderdag af daar sam met 'n klompie ander kampeerders yes

Dit gaan lekker wees! smiley

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 21/12/2018 - 13:50

Lekker Obie. Dit was aangenaam om met jou te gesels.   Dit gaan lekker wees om saam met julle te kamp.  Julle kan solank vroeg in die week begin voer plekke maak smiley

0
Middelburg

Noel

Tue, 01/01/2019 - 08:48

Jammer, dit sou nice gewees om julle te ontmoet. Jy is mos die ou bekende van wegsleep forum.  Hoop volgende keer daag julle op met jul nuwe karavaan wink

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 01/01/2019 - 09:20

Karavan of tent kamp sal die mollers kamp maar die werk hou my so besig mense is aangestel op sekere poste ok wag laat ek nie verder gaan oor die onderwerp nie maar Noel ek is regtig dankbaar ek het nog n werk yes Anton en Noel ons sal mekaar raak kamp

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 02/01/2019 - 07:27

Is daar dalk iemand wat Deon se dae kan of wil oor koop by Sionsberg.

Ek het die helfde van Deon se kampgelde aan hom terugbetaal.  Sy 50% deposito lê nog by Sionbergh  en behoort ek hierdie week terugvoering te kry van Sionbergh oor die kanselasie en krediet met betrekking tot sy bespreking.   Die ou pla my vreeslik en dring aan om al sy kampgelde terug te kry surprise

So ek wil net noem dat volgens my gesprek met Sionbergh aangaande kanselasies en krediet of terugbetalings -  hulle het my so gedurende die 2de week in Desember laat weet dat hulle nie krediet gee of deposito's terugbetaal met kanselasies nie. As jy kanseleer dan verloor jy jou deposito!   Hulle mag moontlik 'n vergunning maak as dit baie lank voor die tyd is, maar ek wag nog om daarvan te hoor met betrekking tot Deon se kanselasie.   Ek kan wel moontlik  'n kanselasie oordra na iemand anders se nuwe bespreking (m.a.w verander net die bespreking naam) en word die bespreking dan oorgekoop.

Ek gaan nou sommer hierbo aandui dat kanselasies en terugbetaling van deposito's glad nie gewaarborg kan word nie.  So as jy nie meer wil of kan saam kamp nie en jou bespreking kanseleer MOET asseblief nie aandring om jou gelde terug te kry nie.  Ek sal wel in my vrye tyd my beste doen om met Sionbergh te kommunikeer aangaande moontlike krediet of om jou bespreking oor te dra na 'n ander lid se nuwe bespreking toe.

Groete  -  Anton

 

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 02/01/2019 - 07:36

Die rede hoekom mens 'n deposito gee is sodat die kamp virseker is dat jy wel sal opdaag??

Baie min plekke gee depositos terug in my ondervinding, behalwe as jy retig 'n baie goeie rede het.

Ek en Deon het eendag so bietjie gehak oor prysverhogings, hy het toe aangedui dat hy baie werk internasionaal doen en elke liewe verhoging op brandstof na sy kliente deurgee, kan hy nie maar die paar R tjies ook so deur gee na sy kliente nie?? Hy het die indruk by my geskep dat hy nie veel oor geld gepla is nie, nou hoekom nou so bohaai??

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus